Rosa Smit

Rosa Smit (6 Mei 1945 - 20 Julie 2021) was ’n Afrikaanse digter en wenner van die Ingrid Jonkerprys vir haar poësie.

Lewe en werk

Rosa Smit is op 6 Mei 1945 op Alberton gebore, waar sy in 1963 matrikuleer. Haar ma is die skrywer Jana Coetzee en sy het ’n suster, Linda. Sy voltooi in 1967 haar studies aan die Pretoria Onderwyskollege, met Drama en Spraakopleiding as hoofvakke. In haar jeug is sy ’n vryskut fotografiese model en ’n finalis in die Mejuffrou Suid-Afrika skoonheidskompetisie. Sy behaal verdere kwalifikasies in vertolkingskuns aan die Universiteit van Suid-Afrika en Aletta Gericke se Akademie van Dramakuns en Voordrag. Daarna speel sy toneel by verskeie amateurgroepe (onder andere die Johannesburgse Toneelgeselskap). Sy bly ’n rukkie in Europa en by haar terugkeer doen sy radiowerk en rig spreekkore vir skole af, terwyl sy ook haar eie kreatiewe skryfskool stig. Sy dien ook as sekretaresse van die Afrikaanse Skrywerskring in Transvaal. Rosa trou met die digter Pieter Smit. Hulle het twee seuns en woon eers in Hartbeespoort en later in Pretoria, maar skei later. Haar belangstelling in die kuns lei haar daartoe om ook self te begin skilder en haar werk geniet groot aftrek. By geleentheid tree sy in die openbaar op om haar gedigte voor te lees, soos by Versindaba in Stellenbosch in 2008 en die Afrikaanse Stemfees by die Huis vir Afrikaanse Poësie in 2010 in Pretoria. Sy tree ook op as beoordelaar vir die digkompetisie van die webwerf Woes.

Sy sterf op 20 Julie 2021 aan Covid-19 in Pretoria.

Skryfwerk

Saam met ’n aantal ander voorheen ongepubliseerde digters word vyftien van haar gedigte in 1984 in die versamelbundel “Visier[1] opgeneem.[2] Meeste van hierdie verse word ook[3] opgeneem in haar[4] debuutbundel, “Krone van die narsing”,[5] wat in 1989 met die Ingrid Jonkerprys bekroon word.[6]Die twee genommerde afdelings van die bundel bevat onderskeidelik liefdesgedigte en religieuse gedigte. Haar vindingryke gebruik van beelde val deurgaans op, terwyl veral die godsdienstige gedigte effektief is in die manier waarop menslike tydelikheid en nietigheid gekontrasteer word teen die almagtige en ewigheid van die goddelike.

Die begeleiding van duiwe[7] bevat ’n verskeidenheid verweefde temas, waarin duiwe (simbool van vrede, vlug, voël en vlieg) dikwels as skakels optree. Israel se voortdurende bestaanstryd [8]en die tema van oorlog en stryd is die agtergrond vir baie van die gedigte. Dit skakel ook natuurlik in by die deurlopende tema van godsdiens, waarin nie net eie worsteling en ervaring ondersoek word nie, maar ook dié van figure soos Abraham, Luther, Moeder Teresa en Andrew Murray. Die bundel bevat durende interaksie tussen teenpole in die bundel, soos tussen die aardse en die verhewene, die godsdienstige en die lyflike, tussen Israel en Suid-Afrika. Sy skryf ook etlike liefdesgedigte wat mooi inskakel by die reismotief in die bundel en toon ’n uitsonderlike vermoë om geweld, liefde en godsdiens met mekaar te verbind.

Die rooi veer in Vasco se hoed[9] se eerste afdeling neem die Portugese skeepsvaarder Vasco da Gama as historiese vertrekpunt vir gedigte oor die koloniale tyd, met Vasco se standbeeld in Lissabon wat as inspirasie dien. In die gedig “Vasco da Gama” word verwys na hom wat “in graniet weggesteek” is, maar steeds die see dophou. Daar is etlike gedigte oor Da Gama en sy seereise, met die spreker wat met Da Gama as medereisiger ook die wêreld verken en reisverse skryf oor haar besoeke aan plaaslike en buitelandse plekke. In ’n fiktiewe brief aan sy vrou word verwys na die rooi veer in Da Gama se hoed, wat aansluit by die titel van die bundel. Die spektakel van hierdie veer sluit aan by die spreker se perspektief op hierdie Middeleeuse seevaarder, waardeur sy “heldedade” in ’n ander perspektief geplaas en ontluister word. Die tweede afdeling van die bundel staan in die teken van die innerlike reis wat die digter onderneem, met die derde afdeling wat ingelei word deur St. Teresa van Avila se opmerking dat selfs God op die een of ander reis is. Die verse in hierdie afdeling herinner aan Rosa Smit se vroeëre religieuse werk. Deurgaans in die bundel is daar ook ’n bewustelike gesprek met en oor die poësie, asook die ontstaan van ’n gedig. In “Die gedig wat aankom” word die gedig vergelyk met iemand wat slinger-slinger en suutjies met die paadjie afkom. Die bundel word afgesluit met die vers “Afloop”, waarin die reissak nou gebêre word tot die volgende reis. Daar is etlike mooi beelde en geslaagde metafore in die bundel, maar die bundel maak steeds ’n ongelyke indruk.

Rosa Smit publiseer ook gedigte in Tydskrif vir Letterkunde en op die CD “Klikspringer”. Van haar gedigte word opgeneem in versamelbundels soos “Groot verseboek”, “Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte”, “Die braambos brand”, “Honderd jaar later”, “Versindaba 2008” en “Die mooiste liefdesgedigte in Afrikaans”. Laurinda Hofmeyr toonset haar gedig “Heksery” en neem dit op haar CD “Ligdag” op.

In 2002 skryf sy die drama “Richmond” en neem die regie daarvan waar vir die Kleinteater en Teaterhuisie. Haar kortverhaal “Syns gelyke sal jy nie altyd kry nie” is opgeneem in die versamelbundel “Drif” onder redaksie van Lindeque de Beer.

Ongelukkig kon sy nooit weer die standaard van haar vroeëre skryfwerk handhaaf nie. Sy betaal vervolgens self vir die druk en publisering van haar boeke soos Vers oor Vers wat gekritiseer word as selfplagiaat. Die Hart van die Jeugleier word nie goed ontvang nie weens die onsamehangende inhoudelikheid, verwarrende struktuur en swak redigering.

Publikasies

Jaar Publikasies
1987 Krone van die narsing
2008 Die begeleiding van duiwe
2013 Die rooi veer in Vasco se hoed
2021 Die slingerplant se wintergroei

Bronnelys

Boeke

  • Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria  Eerste uitgawe 2005
  • Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 2” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1999

Tydskrifte en koerante

  • Le Roux, André “Rosa Smit wen poësieprys” “Die Burger” 4 Desember 1989

Internet

Verwysings

  1. Brink, André P. “Rapport” 3 Februarie 1985
  2. Cloete, T.T. “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 23 no. 2, Mei 1985
  3. Grové, A.P. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 25 no. 3, September 1985
  4. Le Roux, André “Die Burger” 31 Januarie 1985
  5. Brink, André P. “Rapport” 28 Junie 1987
  6. Grové, A.P. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 28 no. 3, September 1988
  7. Odendaal, Bernard “Rapport” 28 September 2008
  8. Taljard, Marlies “Beeld” 23 Junie 2008
  9. Crous, Marius “Beeld” 17 Februarie 2014

Read other articles:

Grand Prix Sepeda Motor F.I.M. musim 2018 Sebelum: 2017 Sesudah: 2019 Moto2 musim 2018Moto3 musim 2018 Marc Márquez adalah Juara MotoGP 2018. Kejuaraan Dunia FIM MotoGP 2018 adalah musim Kejuaraan Dunia F.I.M. Road Racing ke-70. Marc Márquez memasuki musim sebagai juara bertahan, dengan Repsol Honda menjadi juara bertahan tim dan Honda sebagai juara bertahan konstruktor. Awalnya dijadwalkan untuk 19 balapan, musim ini dikurangi satu Grand Prix karena pembatalan Grand Prix Silverstone 26 Agu...

«La borghesia industriale in particolare […] sembrava badare a crearsi, con il nuovo stile, una sua tradizione, e manifestare insieme la larghezza dei propri mezzi senza cadere nello sfoggio triviale» (Rossana Bossaglia[1]) Facciata di casa Galimberti Il Liberty a Milano si diffuse tra i primi anni del Novecento e lo scoppio della prima guerra mondiale. Nel capoluogo lombardo lo stile trovò, grazie allo stretto legame con la rampante borghesia industriale dell'epoca, un fertile t...

Demonstrasi yang menuntut pemberlakuan syariah di Maladewa pada tahun 2014. Maladewa dianggap sebagai salah satu contoh teokrasi konstitusional mengingat Undang-Undang Dasar Maladewa menyatakan bahwa Islam adalah agama negara dan salah satu landasan hukum di Maladewa.[1] Istilah teokrasi konstitusional mengacu kepada suatu bentuk tatanan politik dan hukum yang memberikan peran utama bagi satu agama. Tidak seperti teokrasi yang murni berlandaskan pada agama, teokrasi konstitusional ber...

Брионска декларацијаСловенија (зелено), Хрватска (црвено) и остатак Југославије (блиједо жута) у вријеме потписивања Брионске декларацијеИзрађен5. јул 1991.Потписан7. јул 1991.ЛокацијаБриониМедијаториХанс ван ден Брук, Жоао де Деус Пинхерио и Жак ПосПотписнициМилан Кучан, Фра

Сесія сейму в Королівському замку у Варшаві, 1622 р. Liberum veto — принцип одноголосного прийняття рішень, який у головних рисах утвердився у сеймовій практиці Республіки Обидвох Націй (Речі Посполитої) наприкінці XVI ст. Сутність Полягав у збереженні за меншістю права не до

Lenie Dijkstra Plaats uw zelfgemaakte foto hier Persoonlijke informatie Volledige naam Lenie Dijkstra Geboortedatum 3 oktober 1967 Geboorteplaats Joure, Nederland Sportieve informatie Huidige ploeg Gestopt Ploegen 20002001-2004 Toscany-AhoyBik-Powerplate Portaal    Wielersport Lenie Dijkstra (Joure, 3 oktober 1967) is een Nederlands voormalig wielrenster en marathonschaatsster. In 1992 werd ze Nederlands kampioene tijdrijden bij de elite. In 1993 won ze het ONK marathon op natuurijs...

Neuching Lambang kebesaranLetak Neuching di Erding NegaraJermanNegara bagianBayernWilayahOberbayernKreisErdingMunicipal assoc.OberneuchingPemerintahan • MayorHans PeisLuas • Total19,66 km2 (759 sq mi)Ketinggian495 m (1,624 ft)Populasi (2013-12-31)[1] • Total2.473 • Kepadatan1,3/km2 (3,3/sq mi)Zona waktuWET/WMPET (UTC+1/+2)Kode pos85467Kode area telepon08123Pelat kendaraanEDSitus webwww.vg-oberneuching.d...

Sumber referensi dari artikel ini belum dipastikan dan mungkin isinya tidak benar. Mohon periksa, kembangkan artikel ini, dan tambahkan sumber yang benar pada bagian yang diperlukan. (Pelajari cara dan kapan saatnya untuk menghapus pesan templat ini) WangunsariDesaPeta lokasi Desa WangunsariNegara IndonesiaProvinsiJawa BaratKabupatenBandung BaratKecamatanSindangkertaKode Kemendagri32.17.14.2011 Luas5404 km²Jumlah penduduk6156 jiwaKepadatan... jiwa/km² Untuk kegunaan lain, lihat Wanguns...

American painter and muralist (1848–1936) Edwin BlashfieldEdwin BlashfieldBornEdwin Howland BlashfieldDecember 5, 1848Brooklyn, NY, USDiedOctober 12, 1936Resting placeWoodlawn Cemetery, The Bronx, NYNationalityAmericanEducationPennsylvania Academy of the Fine ArtsKnown forPainter, muralist Edwin Howland Blashfield (December 5, 1848 – October 12, 1936) was an American painter and muralist, most known for painting the murals on the dome of the Library of Congress Main Read...

1828 novel Herbert Lacy AuthorThomas Henry ListerCountryUnited KingdomLanguageEnglishGenreSilver ForkPublisherHenry ColburnPublication date1828Media typePrint Herbert Lacy is an 1828 novel by the British writer Thomas Henry Lister, originally published in three volumes. It was part of the then-popular genre of silver fork novels depicting life in the high society of late Regency Britain. It was his second novel following Granby (1826).[1] Much of the plot revolves around politics...

History and development of religion in the geo-cultural Kurdistan region   Part of a series on: Kurdish history and Kurdish culture People List of Kurds Population Homeland Kurdistan Turkey (Northern Kurdistan) Iran (Eastern Kurdistan) Iraq (Southern Kurdistan) Syria (Western Kurdistan) Diaspora Armenia Australia Azerbaijan Belgium Canada Czech Republic Denmark Finland France Georgia Germany Greece Iraq Iran Ireland Israel Japan Jordan Kazakhstan Lebanon Netherlands New Zealand Norway Pa...

Shanti StupaReligionAffiliationTibetan BuddhismLocationLocationRatnagiri Hills, Rajgir, Nalanda District, Bihar, IndiaCountryIndiaGeographic coordinatesIN-BR 25°00′44″N 85°44′45″E / 25.01222°N 85.74583°E / 25.01222; 85.74583ArchitectureFounderNichidatsu FujiiDate established1969Vishwa Shanti Stupa (English: World Peace Stupa) is a large white Peace Pagoda in Rajgir, Nalanda District, Bihar, near Gitai Mandir. Statues of the Buddha are mounted on the stupa i...

Indian Tamil-language television series Sundari Neeyum Sundaran NaanumGenreSoap operaWritten byArun MohanDirected byAbdul KabeezStarringTejashwini GowdaVinoth BaabuAshwanth ThilakNalini Nair RamarajanCountry of originIndiaOriginal languageTamilNo. of seasons1No. of episodes405ProductionCinematographyJaya PrakashEditorMuthuRunning timeApprox. 22 minutesProduction companyKala communicationsOriginal releaseNetworkVijay TVRelease22 July 2019 (2019-07-22) –20 March 2021 (2021-03-2...

The Lost Continent: The Story of Atlantis Cover from the Ballantine paperback edition of 1972.AuthorC. J. Cutcliffe HyneCountryUnited KingdomLanguageEnglishGenreFantasy novelPublisherHutchinsonPublication date1900Media typePrint (Hardcover) The Lost Continent: The Story of Atlantis (1899) is a fantasy novel by English author C. J. Cutcliffe Hyne. It is considered one of the classic fictional retellings of the story of the drowning of Atlantis, combining elements of the myth told by Plato...

Office du tourisme d'Abomey et région Le tourisme au Bénin, qui bénéficie d'un important potentiel naturel et culturel, constitue la deuxième source nationale de rentrées de devises et le troisième employeur du pays, après l’agriculture et le commerce[1], mais a manqué de moyens pour se développer. De nouvelles perspectives se dessinent à partir de 2015, avec le soutien du Groupe de la Banque mondiale et celui du gouvernement, déterminé à faire du tourisme un vecteur de croiss...

Indian newspaper For other uses, see Janmabhoomi (disambiguation). This article uses bare URLs, which are uninformative and vulnerable to link rot. Please consider converting them to full citations to ensure the article remains verifiable and maintains a consistent citation style. Several templates and tools are available to assist in formatting, such as reFill (documentation) and Citation bot (documentation). (August 2022) (Learn how and when to remove this template message) JanmabhumiTypeDa...

Belief system For the band, see Chaos Magic (band). Part of a series onChaos magic Key concepts SigilsGnosis KiaServitorEgregore Cut-UpPlayback Synchromysticism Notable figures Austin Osman Spare Ramsey Dukes Peter J. Carroll Ralph Tegtmeier Phil Hine Genesis P-Orridge William S. Burroughs Grant Morrison Organisations Illuminates of Thanateros Thee Temple ov Psychick Youth vte Part of a series onMagic Background History of magic Magic and religion Psychological theories of magic Forms Apotrop...

2004 United States Supreme Court caseYarborough v. AlvaradoSupreme Court of the United StatesArgued March 1, 2004Decided June 1, 2004Full case nameMichael Yarborough, Warden, Petitioner v. Michael AlvaradoCitations541 U.S. 652 (more)124 S. Ct. 2140; 158 L. Ed. 2d 938; 2004 U.S. LEXIS 3843; 72 U.S.L.W. 4415; 17 Fla. L. Weekly Fed. S 327ArgumentOral argumentOpinion announcementOpinion announcementCase historyPriorAlvarado v. Hickman, 316 F.3d 841 (9th Cir. 2002); cert. granted, 539 U.S. 986...

Place in Louisiana, United StatesPort HudsonPort HudsonLocation of Port Hudson in LouisianaCoordinates: 30°40′41″N 91°16′8″W / 30.67806°N 91.26889°W / 30.67806; -91.26889CountryUnited StatesStateLouisianaParishEast Baton RougeElevation98 ft (30 m)Time zoneUTC-6 (CST) • Summer (DST)UTC-5 (CDT)Area code225 Port Hudson is an unincorporated community in East Baton Rouge Parish, Louisiana, United States. Located about 20 miles (32 km) ...

Untuk album tahun 1973 karya Bryan Ferry, lihat These Foolish Things (album). Untuk film, lihat These Foolish Things (film). These Foolish Things (Remind Me of You)Lagu oleh Billie HolidayDirilis1936FormatSingel 78 RPMDirekam1936GenreJazz bluesPenciptaJack Strachey, Eric Maschwitz These Foolish Things (Remind Me of You) adalah sebuah lagu standar dengan lirik buatan Eric Maschwitz dan musik buatan Jack Strachey, keduanya orang Inggris. Harry Link, seorang Amerika, terkadang tampil sebagai sal...