Die R21 is 'n snelweg tussen Pretoria en Boksburg. Die snelweg begin as 'n hoofweg by die Fonteinesirkel in Pretoria (net wes van Groenkloof). By die eerste verkeerslig in Monument Park word die pad 'n snelweg. Die snelweg kruis dan die N1 Nasionale pad in 'n suidwaartse rigting, gaan verby die Rietvleidam aan die linkerkant, verby Olifantsfontein en Kaalfontein, deur Pomona en Kemptonpark met die O.R. Tambo Internasionale Lughawe aan die linkerkant.[1]
Hier tak die R24-snelweg wes af na Johannesburg se middestad. Die snelweg kruis die N12 Nasionale pad en by die kruising met Noordrandweg word die snelweg 'n dubbelbaanstraat wat as Rietfonteinweg bekendstaan. Rietfonteinweg eindig in Hoofrifweg in Boksburg.
Die snelweg is 'n e-tolpad tussen Pretoria en die lughawe in Kemptonpark.
Sien ook
Verwysings