Die R39 is 'n provinsiale roete in Suid-Afrika wat Standerton met Ermelo verbind. Dit is 'n roete van 88 km in die Mpumalangaprovinsie. [1]
Roete
Die R39 se beginpunt is in Baumannstraat, Florapark, aan die noordekant van Standerton, by 'n kruising met die R50-, R23- en die R546-roetes. Dit verlaat die dorp in 'n noordoostelike rigting, met die Grootdraaidam in die ooste. Dit kruis die R38 wat noordwaarts na Bethal loop, en gaan in 'n noordoostelike rigting oor die Blesbokspruit voor dit deur Morgenzon loop as Steynstraat, en die noord-suidwaartse R35-pad in die dorp kruis. Dit verlaat die dorp in 'n noordoostelike rigting voor dit in Ermelo as 'n t-aansluiting by die Bethalpad/Joubertstraat aansluit by die N17-hoofpad.
Sien ook
Verwysings