Ofcolaco

Ofcolaco
Ofcolaco is in Limpopo
Ofcolaco
Ofcolaco
Koördinate: 24°06′S 30°23′O / 24.100°S 30.383°O / -24.100; 30.383
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieLimpopo
DistriksmunisipaliteitMopani
Plaaslike MunisipaliteitMaruleng
Stigting1920
TydsoneSAST

Ofcolaco (Officers Colonial Land Company) is 'n klein dorpie in die oostelike Limpopoprovinsie, Suid-Afrika. Die dorpie is in 1920 deur 'n groep Britse veterane van die Eerste Wêreldoorlog gestig. Hulle het grond langs die Selatirivier gekoop. Die maatskappy is egter jare later gelikwideer.

Afstammelinge van die oorspronklike offisiere woon steeds in die distrik en is trots op hul erfenis. Die huidige Ofcolaco is basies 'n dienssentrum langs die pad met 'n vulstasie, verskaffers van landboutoerusting, drankwinkel, kruidenierswinkel en 'n plaaslike mark.

Sien ook

Bron