Mikojan
|
Tipe
|
Afdeling
|
Gestig
|
Desember 1939 (as OKB-155 in 1942)
|
Hoofkantoor
|
Moskou, Rusland
|
Sleutelpersone | Artem Mikojan en Michail Goerewitsj, maatskappystigters |
---|
Industrie | Ruimte en verdediging |
---|
Produkte | Militêre en burgerlike vliegtuie |
Moedermaatskappy | Verenigde Vliegtuigkorporasie |
---|
Webwerf | migavia.ru |
Die Russiese vliegtuigkorporasie MiG (Russies: Российская самолетостроительная корпорация «МиГ») is 'n Russiese gesamentlike aandeleonderneming. Dit het aanvanklik die Mikojan-en-Goerewitsj-ontwerpburo (Russies: Микоян и Гуревич, МиГ) geheet, maar later slegs "Mikojan". Dit is 'n militêre vliegtuigontwerpburo wat hoofsaaklik vegvliegtuie ontwerp, met sy hoofkantoor in Begowoi-distrik, Noord- Administratiewe Okroeg, Moskou.[1]
Dit was voorheen 'n Sowjet-ontwerpburo, en is deur Artem Mikojan en Michail Goerewitsj gestig as "Mikojan en Goerewitsj", met die burovoorvoegsel "MiG". Ná Mikojan se dood in 1970 is Goerewitsj se naam geskrap uit die buro se naam, hoewel die "MiG" gebly het. Die firma bedryf ook verskeie masjienbou- en ontwerpburo's, insluitend die Kamof-helikopteraanleg.
MiG-vliegtuie is die stapelvoorsiening vir die voormalige Sowjet- en huidige Russiese Lugmag, en die Sowjetunie het baie van hierdie vliegtuie aan regerings binne sy invloedsfeer verkoop. Hulle is gebruik deur die weermagte van China, Noord-Korea, en Noord-Viëtnam in lugkonfrontasies met die Amerikaanse en Geallieerde magte, en vorm ook deel van die lugmagte van baie Arabiese lande.
In 2006 het die Russiese regering al die Mikojanaandele saamgesmelt met Iljoesjin, Irkoet, Soechoi, Toepolef en Jakowlef in 'n nuwe maatskappy met die naam Verenigde Vliegtuigkorporasie.[2] Mikojan en Soechoi is spesifiek binne dieselfde bedryfseenheid geplaas.[3]
Bekende MiG-vegvliegtuie
-
MiG-15
-
MiG-21
-
MiG-23
-
-
-
MiG-35
Verwysings