Amerikaanse Gewapende Magte
Die Amerikaanse Gewapende Magte (Engels: United States Armed Forces) is die gewapende magte (of weermag) van die Verenigde State van Amerika. Dit bestaan uit die Amerikaanse Leër, Amerikaanse Vloot, Amerikaanse Marinierskorps, Amerikaanse Lugmag, Amerikaanse Ruimtemag en die Amerikaanse Kuswag. Amerika het 'n sterk tradisie van siviele beheer oor hul weermag. Die President is die weermag se opperhoof, en help om militêre beleid te vorm saam met die Verenigde State se Departement van Verdediging (DoD). Die DoD se hoof is die V.S. Sekretaris van Verdediging, wat 'n siviele persoon en kabinetslid is. Die Sekretaris van Verdediging is tweede-in-bevel van alle militêre magte, nét na die President, en dien as die hoofassistent van die President in alle verdedigingsake. Die gewapende magte van die Verenigde State van Amerika is 'n belangrike instrument in die handhawing van die buitelandse beleid van die Verenigde State van Amerika en die globale posisie van die land is van kardinale belang. Die weermag is reeds vir dekades die beste toegerus, en na die Volksbevrydingsleër van die Volksrepubliek China, die tweede grootste militêre mag (personeelgewys) in die wêreld. Personeel in elke gevegskomponent
OmvangDie ses takke van die gewapende magte beskik oor meer as 1,3 miljoen aktiewe soldate en byna 1,1 miljoen reserviste, wat in die geval van oorlog aangevul word deur die Kuswag. Hulle beskik ook oor meer as 681,000 burgerlike werknemers.[5] Die oudste deel is die leër, wat in 1775 gestig is, en die mees onlangse is die Ruimtemag, wat in 2019 onafhanklik geword het. Volgens onafhanklike bronne en navorsing is bevind dat die Gewapende Magte van die Verenigde State van Amerika die sterkste ter wêreld sou wees. Hierdie impak is gebaseer op die jaarlikse grootste militêre begroting (vergelyking: VSA: meer as VS$ 554 miljard, Duitsland: VS$ 46 miljard) in die wêreld, waarvan die grootste deel gaan vir opleiding, inligtingvloei, netwerking, toerusting en navorsing. Die begroting was in die begrotingsjaar 2013 ongeveer VS$ 554,2 miljard (sowat 4% van die totale BBP).[6] Baanbrekerswerk in tegniese innovasies en personeel-ontwikkelingsprogramme in die Amerikaanse Weermag word met NAVO-lede en sy bondgenote gedeel, waarvan die VSA en Verenigde Koninkryk die belangrikste lede is.[7] DoktrineOrganisatories is die V.S. Gewapende Magte 'n omskakeling van 'n gelokaliseerde burgermag (geskoei op die Engelse model) tot 'n gesentraliseerde professionele weermag, ook deur herhaalde gevalle van diensplig, en vandag besit dit kenmerke van al drie hierdie werwingsmetodes. Die slaankrag van die Verenigde State se militêre mag was altyd gerig op die belangrikheid wat die Verenigde State van Amerika heg aan buitelandse beleid, sodat gevegsmagte en diplomasie 'n parallelle ontwikkeling ondergaan. Hierdeur was die militêre mag oor dekades lank verantwoordelik vir beide ingryping in die buiteland, en as afskrikmiddel; sedert die land se opkoms as 'n supermoondheid en die handhawing van hierdie status tydens die Koue Oorlog met die Sowjetunie. Benewens die wêreldwye ineenstorting van staatstrukture na die militêre ingryping deur die Verenigde State, is daar ook die voorkoms van asimmetriese oorlogvoering wat die taktiese Amerikaanse magte bevoordeel tydens strategiese uitdagings. Verwysings
|