OAK (vliegtuigkorporasie)

Obedinjonnaja Awiastroitelnaja Korporatsija «OAK»

United Aircraft Corporation «UAC»

Tipe Aandelemaatskappy
Gestig Februarie 2006
Hoofkantoor MoskouRussiese Federasie
IndustrieLug- en ruimtevaart, wapenbedryf
ProdukteVliegtuie, helikopters, missiele, avionika, elektronika
Inkomste451 miljard roebel / VS $7,5 miljard (2017)
Werknemers100 000
WebwerfUAC Russia

OAK (Russies Объединённая Авиастроительная Корпорация, Obedinjonnaja Awiastroitelnaja Korporatsija, Engels United Aircraft Corporation) is 'n Russiese lugvaartkonsortium wat uit dié land se grootste vliegtuigvervaardigers Soechoi, Mikojan-Goerewitsj, Toepolef PSC, Iljoesjin en IRKUT (Berijef en Jakowlef) bestaan.

Meer as 80 persent van OAK se aandele word deur die Russiese regering gehou. Die maatskappy konsolideer privaat- en staatsbeheerde Russiese vliegtuigvervaardigers wat by die ontwerp, vervaardiging, bemarking en verkoop van militêre, passasiers-, vrag- en onbemande vliegtuie betrokke is.