Dit is die plek waar die Mosambiekse president, Samora Machel, en 34 passasiers in 'n noodlottige vliegramp in 1986 oorlede is. 'n Roudiens word jaarliks op 19 Oktober op die plek waar die vliegtuig geval het gehou. Die terrein beskik oor 'n monument ter nagedagtenis aan Samora Machel.
Die monument is op 19 Januarie1999 deur Joaquim Chissano en Nelson Mandela ingewy. Dit is teen 'n koste van $240 000 opgerig en inkorporeer wrakstukke van die vliegtuig. Vyf-en-dertig oop staalbuise is aangebring wat 'n huil-klank veroorsaak as die wind daaroor waai.[1]
Dit is in 2006 as 'n nasionale erfenisterrein verklaar.[2]
In 2006 is 'n biblioteek met Engelse en Portugese boeke daar naby geopen. 'n Standbeeld van Machel, wat deur 'n Noorweegse kunstenaar gemaak is, is ook hier opgerig.[3]