Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page

Man Is Wolf to Man

Janusz Bardach.

Man Is Wolf to Man: Surviving the Gulag (1998),[1] van die Latynse Homo homini lupus, wat die mens aan 'n wolf gelykstel, is 'n memoire deur Janusz Bardach. Dit speel hoofsaaklik af in die jare om die Tweede Wêreldoorlog. Die medeskrywer is Kathleen Gleeson.

Die boek gaan oor Bardach se transformasie van 'n vredeliewende student in die vooroorlogse Pole in 'n kommunis ná die Sowjetunie se verdeling van Pole. Hy word van verraad aangekla en tot straf gevonnis in die aanhoudingskampe in die Kolimastreek in Siberië. Deur die hele verhaal vertel Bardach van die opoffering, arbeid en geluk wat jy nodig het om in 'n strafkamp in die Stalinistiese tydperk te oorleef.

Verwysings

  1. Bardach, Janusz; Gleeson, Kathleen (1998). Man is Wolf to Man: Surviving the Gulag (in Engels). University of California Press. ISBN 978-0-520-21352-4.

Skakels

Kembali kehalaman sebelumnya