Dit is baie toksies by inaseming en inname. Dit ontbind teen 450°C en vorm baie toksiese dampe van kwik en swaeloksiede. In water vorm dit 'n onoplosbare geel sulfaathidroksied.
Dit word vervaardig deur kwik(II)oksied of kwik self in swaelsuur op te los.[1]
Kristalstrukture
Watervrye kwik(II)sulfaat kristalliseer in 'n ortorombiese struktuur. Die kwikatome is in 'n verwring-tetraëdriese omringing deur vier suurstofatome wat tot tetraëdriese sulfaatione behoort. Die kwikatome is deur die sulfaatgroepe in sigsagkettings verbind.[2]
Die verbinding vorm 'n monohidraat HgSO4.H2O wat 'n ander ortorombiese struktuur het met ruimtegroep Pnma en a = 787,96(9), b = 542,09(4), c = 897,04(7) pm. Die Hg-atoom is gekoördineer deur een sulfaat O-atoom en een watermolekule wat diskrete HgSO4.H2O-groepe vorm. Hulle is deur waterstofbindings verbind om 'n driedimensionele struktuur te vorm. Vier verder verwyderde O-atome van ander sulfaattetraëders voltooi 'n onreëlmatige oktaëder rondom die Hg-atoom.[3]
↑Stålhandske, C. (1980). "An x-ray and neutron diffraction study of mercury(ii) sulphate monohydrate". Acta Crystallographica Section B Structural Crystallography and Crystal Chemistry. 36 (1): 23–26. doi:10.1107/s0567740880002361.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)