Historiese materialisme is Karl Marx se geskiedenisteorie. Marx lokaliseer historiese verandering in die opkoms van klassamelewings en die manier waarop mense saamwerk om hul lewensbestaan te maak.[1] Vir Marx en sy lewenslange medewerker, Friedrich Engels, is die uiteindelike oorsaak en roerende krag van historiese gebeure te vinde in die ekonomiese ontwikkeling van die samelewing en die sosiale en politieke omwentelinge wat deur veranderinge aan die produksiewyse veroorsaak is.[2]
Alhoewel Marx nooit 'n formele of omvattende beskrywing van historiese materialisme in een gepubliseerde werk saamgebring het nie, is sy sleutelidees vanaf die 1840's in 'n verskeidenheid werke verweef.[3] Sedert Marx se tyd is die teorie gewysig en uitgebrei. Dit het nou baie Marxistiese en nie-Marxistiese variante.
Verligting sienings van geskiedenis
Marx se siening van die geskiedenis word gevorm deur sy betrokkenheid by die intellektuele en filosofiese beweging bekend as die Era van Verligting en die diepgaande wetenskaplike, politieke, ekonomiese en sosiale transformasies wat in die 16de, 17de en 18de eeue in Brittanje en ander dele van Europa plaasgevind het. [4][5][6]
Die 'gees van vryheid'
Verligtingsdenkers het gereageer op die wêreldse transformasies deur individuele vryheid te bevorder en godsdienstige dogmas en die goddelike reg van konings aan te val.[7] 'n Klomp denkers, waaronder Hobbes (1588–1679), Montesquieu (1689–1755), Voltaire (1694–1778), Smith (1723–1790), Turgot (1727–1781) en Condorcet (1743–1794) het hulle losgemaak van die godsdienstige interpretasie van die wêreld, en het nuwe wetenskaplike studies van die menslike natuur, geskiedenis, ekonomie en samelewing aangebied. Sommige filosowe, byvoorbeeld Vico (1668–1744), Herder (1744–1803) en Hegel (1770–1831), het probeer om 'n organiserende tema, betekenis of rigting in die menslike geskiedenis te ontdek.[8] Vir baie Verligtingsfilosowe het die krag van idees die hoofbron geword vir die begrip van historiese verandering en die opkoms en val van beskawings. Geskiedenis was die geleidelike vooruitgang van die 'gees van vryheid' of die groei van nasionalisme of demokrasie, rasionaliteit en reg.[9] Hierdie siening van geskiedenis bly tot vandag toe gewild.[10][11][12][13]
'Groot man' geskiedenis
Marx het die verligting se siening verwerp dat idees alleen die dryfkrag in die samelewing was of dat die onderliggende oorsaak vir die opkoms en val van koninkryke, ryke en state te wyte was aan die optrede van mense aan die top van die samelewing: konings, koninginne, keisers, generaals, of godsdienstige leiers. Die 'groot man' en soms 'groot vrou' siening van historiese verandering is gewild gemaak deur die 19de eeuse Skotse filosoof Thomas Carlyle (1795–1881) wat geskryf het 'die geskiedenis van die wêreld is niks anders as die biografie van groot manne'.[14] Volgens Marx het hierdie opvatting van geskiedenis op niks meer as 'n versameling van 'hoogklinkende dramas van prinse en state' neergekom nie.[15]
Materialistiese opvatting van geskiedenis
Geïnspireer deur Verligtingsdenkers, veral Condorcet, het die utopiese sosialis Henri de Saint-Simon (1760–1825) sy eie materialistiese interpretasie van geskiedenis geformuleer, soortgelyk aan dié wat later in Marxisme gebruik is, en historiese tydperke ontleed op grond van hul vlak van tegnologie en organisasie en verdeling tussen eras van slawerny, lyfeienskap en uiteindelik loonarbeid.[16][17]Volgens die sosialistiese leier Jean Jaurès, was die Franse skrywer Antoine Barnave die eerste wat die teorie ontwikkel het dat ekonomiese kragte die dryfveer in die geskiedenis was.[18]
↑Berlin, Isaiah (2013). Karl Marx with a foreword by Alan Ryan (in English) (5th uitg.). Princeton University Press. p. 112. ISBN9780691156507. JSTORj.ctt46n3qx.13.{{cite book}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
↑Hankins, Thomas (1985). Science and the Enlightenment (in English). Cambridge University Press. pp. 1–16. ISBN0-521-28619-0.{{cite book}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
↑Brenner, Robert (2003). Merchants and Revolution Commercial Change, Political Conflict, and London's Overseas Traders, 1550-1653 (in English). Verso Books. ISBN978-1859843338.{{cite book}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
↑Hume, David (12 Augustus 2016). History of England from the Invasion of Julius Caesar to the Revolution in 1688. Hansebooks GmbH. ISBN978-3-7428-3234-4. OCLC1129763042.
↑Durrant, Will (2002). The Greatest Minds and Ideas of All Time (in English). Simon & Schuster. ISBN9780743235532.{{cite book}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
↑Arp, Robert (2018). 1001 Ideas That Changed the Way We Think (in English). Octopus. ISBN9781788400886.{{cite book}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
↑Hart, Diane (1987). Spirit of Liberty: An American History (in English). Addison-Wesley. ISBN978-0201209235.{{cite book}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)