Henry Kissinger

Henry Kissinger
Henry Kissinger
Henry Kissinger in 2009

56ste Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake
Ampstermyn
22 September 1973 – 20 Januarie 1977
Vise Kenneth Rush
Robert Ingersoll
Charles Robinson
President Richard Nixon
Gerald Ford
Voorafgegaan deur William P. Rogers
Opgevolg deur Cyrus Vance

8ste Nasionale Veiligheidsadviseur
Ampstermyn
20 Januarie 1969 – 3 November 1975
Vise Richard Allen
Alexander Haig
Brent Scowcroft
President Richard Nixon
Gerald Ford
Voorafgegaan deur Walt Whitman Rostow
Opgevolg deur Brent Scowcroft

Persoonlike besonderhede
Gebore (1923-05-27)27 Mei 1923
Fürth, Beiere, Republiek van Weimar
Sterf 29 November 2023 (op 100)
Kent, Connecticut, Verenigde State
Politieke party Republikeinse Party
Eggenoot/-note Ann Fleischer (1949–1964; geskei)
Nancy Maginnes (1974–2023)
Kind(ers) 2
Alma mater City College of New York
Harvard-universiteit
Handtekening

Militêre Diens
Lojaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Diens/Tak Amerikaanse Leër
Jare in diens 1943–1946
Rang Sersant
Eenheid 970th Counter Intelligence Corps
Oorloë/Veldslae Tweede Wêreldoorlog
Toekennings Nobelprys vir Vrede (1973)

Henry Alfred Kissinger (Fürth, Duitsland, 27 Mei 1923 - 29 November 2023) was 'n Amerikaanse politieke wetenskaplike, diplomaat en oud-politikus van die Republikeinse Party. Hy dien as nasionale veiligheidsadviseur van 1969 tot 1975 en vanaf 1973 in 'n dubbele funksie as Minister van Buitelandse Sake tot 1977 onder presidente Richard Nixon en Gerald Ford. In 1973 word die Nobelprys vir Vrede aan hom toegeken.[1]

Vroeë beroep

Hy is as Heinz Alfred Kissinger gebore. In 1938, op die vlug vanweë Adolf Hitler se vervolging van die Jode, verhuis sy familie van Duitsland na New York. Op 19 Junie 1943 word Kissinger 'n Amerikaanse burger. As soldaat in die Amerikaanse weermag het Kissinger aan die einde van die oorlog in Duitsland ontplooi. Hy word 'n militêre bestuurder, eers in Krefeld en daarna in die omgewing van Heidelberg en bied daar lesings aan oor die struktuur van Nazi-Duitsland aan lede van die Amerikaanse besettingsmag.

Later was hy werksaam as hoogleraar van internasionale betrekkinge aan die universiteit van Harvard, waar hy ook enkele boeke gepubliseer het oor kernwapen afskrikking en daarop gewys dat die Verenigde State tussen kleinskaal geweld en die insette van kernwapens nie geloofwaardig militêr kon optree nie. Dit het hom na die politiek, aanvanklik as Demokraat en later as Republikein, gelei. Hy kan tot die linkervleuel van die Republikeinse party gereken word. Sy strewe daarna om die Koue Oorlog van 'n ideologiese tweestryd na 'n multipolêre magsewewig om te sit, waarmee hy nie kieskeurig met bondgenote omgegaan het om sy doelwitte te bereik nie, het hom in konflik met beide linkse vredesakiviste as regs-ideologiese-antikommuniste gebring.

Hy het in die presidentskap belangestel, maar omdat hy nie 'n gebore Amerikaner was nie, kon hy nie vir president staan nie.

Diplomatieke loopbaan

Hy speel 'n belangrike rol in buitelandse sake deur sy deelname in 'n aantal Republikeinse regerings tussen 1969 en 1977. Kissinger dien eers as nasionale veiligheidsadviseur en daarna, vanaf 1973, as Minister van Buitelandse Sake onder Richard Nixon en – toe hy moes bedank weens Watergate – onder sy opvolger Gerald Ford.

Aanvanklik was Kissinger in die skaduwee van die president, aan wie die sogenaamde Nixon-leerstelling toegeskryf is, hoewel dit 'n idee van Kissinger self was. Dit behels dat die Amerikaners steun verleen aan enkele plaaslike magte, wat namens die Verenigde State invloed sou uitoefen. 'n Voorbeeld is Iran, waar die Westerse georienteerde sjah Mohammad Reza Pahlavi enorme wapenlewerings van die Verenigde State ontvang.

Viëtnamoorlog

In 1969 beloof president Richard Nixon om 'n eervolle einde te maak aan die Amerikaanse inmenging in die Viëtnamoorlog, waarin sy voorganger Lyndon B. Johnson verstrik geraak het, en wat daartoe lei dat hy afsien van 'n tweede ampstermyn. Die Amerikaanse militêre ingryping in Viëtnam was op 'n hoogtepunt, met ongeveer 400 000 man. Kissinger het 'n groot rol gespeel in die onderhandeling met Noord-Viëtnam, wat gepaard gegaan het met intensiewe bombardemente op Noord-Vietnam en 'n eskalasie van die oorlog deur Amerikaanse aanvalle op die bevoorradingslyne van die Vietcong in grensgebiede van Laos en Kambodja. In Januarie 1973 is die Paryse ooreenkomste bereik tussen Noord-Viëtnam en Amerika oor terugtrekking van Amerikaanse troepe uit Viëtnam, waarmee die oorlog volledig 'geviëtnamiseerd' word, maar ook met Amerikaanse materiële steun vir Suid-Viëtnam. Kissinger en die Noord-Viëtnamese onderhandelaar Le Duc Tho het hiervoor die Nobelprys vir Vrede in 1973 gekry. Laasgenoemde het die prys geweier omdat daar nog nie vrede in Viëtnam was nie.

Hierdie intensiewe bombardemente (in die tydperk 1969 – Augustus 1973) waarvoor Kissinger en president Nixon verantwoordelik was (onder andere in Kambodja) het tot baie duisende slagoffers gelei en tot enorme skade op die grond. Een maand na die vredesverdrag van Parys is 'n slotoffensief aangewend deur Kissinger/Nixon met die hewigste bombardemente van die hele tydperk (Daar word in 1972 53 000 ton bomme afgegooi en van Februarie 1973 tot Augustus was dit 250 000 ton). Hierdie aggressiewe aktiwiteit sou o.a. daartoe lei dat die Khmer Rouge in Kambodja aan die bewind kom (wat miljoene slagoffers sou eis).

Die viëtnamisering van die oorlog sou nie die gewenste resultate vir Amerika hê nie; In April 1975 is die anti-kommunistiese republiek Suid-Viëtnam verower deur en herenig met Noord-Viëtnam. In Desember van daardie jaar het 'n kommunistiese regime in Laos ook oorgeneem.

Koue Oorlog

Henry Kissinger, Mao Zedong en Gerald Ford in 1975.

Kissinger se grootste sukses was die Chinese-Amerikaanse toenadering, met as hoogtepunt die besoek van Richard Nixon aan China in 1972. Die toenadering het later in die jare sewentig gelei tot die aanknoop van diplomatieke betrekkinge met die Volksrepubliek China, ten koste van die nasionalistiese regime op Taiwan en in die geheim word ook die wapenembargo van die Westerse kernmoonthede teen China gedeeltelik opgef. Tewens het Kissinger voorgestel dat die VSA hom uit Viëtnam sou terug trek, dit alles sonder om op Chinese teen prestasies aan te dring. Die gevolg was dat die bipolêre stelsel van die Koue Oorlog (Amerika teenoor die Sowjetunie) vervang is deur 'n multipolêre magsewewig, wat Kissinger al sedert die jare vyftig voor oë gehad het toe hy die rol van die negentiende-eeuse Oostenrykse staatsman Klemens von Metternich by die Kongres van Wene geleer het. Die Sowjetunie moes ook aan die spel deelneem en Nixon het kort na sy onderhandelings met Mao Zedong in Beijing ook 'n besoek aan Leonid Brezjnef in Moskou gedoen het. Daar het in 1972 eindelik die SALT I-ooreenkoms getekend ter beperking van die strategiese kernwapens, wat as 'n hoogtepunt van die ontspanningspolitiek of detente beskou kan word.

Midde-Ooste

Kissinger het ook 'n belangrike rol gespeel tydens die Jom Kippoeroorlog in Oktober 1973, waarin hy die Egiptenare hom versoek het om Israel daarvan te weerhou om die aanval te begin op die Egiptiese Derde Leër in die Sinaïwoestyn. Toe die Sowjetunie wat al lankal Egipte en Sirië beide diplomatiek as materieel ondersteun, gedreig het om deur middel van luglandings in die Midde-Ooste in te meng, het hy 'n wêreldwye verhoogde toestand van kernwapen bystand vir alle Amerikaanse strydkragte aangekondig. Hy het dit gedoen in oorleg met Alexander Haig, hoof van staf van die Withuis, maar sonder om met president Nixon te konsulteer, omdat dié toe te erg verstrik was in die Watergate-skandaal. Die Sowjetunie was verbaas dat die Amerikaners so 'n hoë spel gespeel het ten behoewe van Israel, maar wou die spanning nie verder laat styg nie en het teruggetree.

Egipte beskou die Sowjetunie van toe af as 'n verraaier van die Arabiese saak, stuur na die oorlog alle Sowjet-adviseurs terug en word Amerika se belangrikste bondgenoot in die Midde-Ooste. Dit was nie uit simpatie nie, maar omdat Amerika nou eenmaal die meeste te bied het, beide materieel sowel as in invloed op Israel. Die Sowjetunie was haar belangrikste bondgenoot in die Nabye Ooste en haar invloed in die streek was – en is – sedertdien gering. Egipte het tydens hierdie oorlog, wat bedoel was om die skande van die Sesdaagse Oorlog uit te wis, net genoeg prestige behou om aan vredesonderhandelinge met Israel te kan begin.

In 1977 het dit uitgeloop tydens die regering van die Demokratiese president Jimmy Carter op die Camp David ooreenkoms, die teruggawe van die deur Israel verowerde gebiede, 'n vredesverdrag en diplomatieke erkenning van Israel deur Egipte. Dit het oor die algemeen gelei tot 'n langdurige diplomatieke isolasie van Egipte in die Arabiese wêreld en felle weersin in Egipte self. Dit was 'n bydraende faktor waarom in 1981 die Egiptiese president Anwar Sadat vermoor is.

Persoonlikheid

Die mees opmerklike aspek van Kissinger se werksaamhede as Minister van Buitelandse Sake was sy selfbevordering en sy pogings om hom as "groter as die lewe" voor te hou. Sy liefdeslewe ("power is the ultimate aphrodisiac") het hy laat uitlek, om sodoende as glanspersoon (celebrity) ekstra diplomatieke invloed te hê. Hy hou daardeur ook baie noue bande met die pers en staan joernaliste toe hom as "'n senior Withuis amptenaar" aan te haal.

"Ouer staatsman"

Henry Kissinger op 26 April 2016.

Na sy vertrek as minister van buitelandse sake skryf hy 'n groot aantal boeke oor internasionale betrekkinge en diplomasie en beskryf sy eie ervarings met buitelandse politiek in sy memoires: The White House Years, Years of Upheaval en Years of Renewal. In 1994 publiseer hy die boek Diplomacy, 'n oorsig van die diplomatieke geskiedenis sedert die 17de eeu, met baie aandag aan die beleid van magsewewig van Willem III van Engeland.

Hy rig ook 'n eie advieskantoor op wat groot maatskappye inligting bied oor die buiteland en die internasionale politieke situasie.

Bronnelys

  • Christopher Hitchens, The Trial of Henry Kissinger, 2002, ISBN 978-1859843987.
  • William P. Bundy, A Tangled Web: The Making of Foreign Policy in the Nixon Presidency, 1999.
  • Holger Klitzing, The Nemesis of Stability. Henry A. Kissinger's Ambivalent Relationship with Germany, Trier, 2007, ISBN 978-3-88476-942-3.
  • Robert D. Schulzinger, Henry Kissinger. Doctor of diplomacy, New York: Columbia University. Press, 1989, ISBN 0-231-06952-9.
  • Jussi M. Hanhimaki, The Flawed Architect: Henry Kissinger and American Foreign Policy, Oxford University Press, 2004, ISBN 978-0-19-517221-8.
  • Jan Pluvier, Zuidoost Azië, Een eeuw van onvervulde verwachtingen, Soest 1999. Uitgeverij De Geus. ISBN 90-5226-732-4.
  • Jan Pluvier, Vietnam, Laos, Cambodja, Uitgeverij SUN Nijmegen, 1975. ISBN 90-6168-091-3.
  • G.McT.Kahin Kahin, Intervention: How America Became Involved in Vietnam, 1968.

Verwysings

  1. "The Nobel Peace Prize 1973". NobelPrize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2019. Besoek op 4 Februarie 2019.

Eksterne skakels

Read other articles:

Slovenian soldiers participating in cleaning Let's Clean Slovenia 2012 (Slovene: Očistimo Slovenijo 2012) was a Slovenian environmental volunteer project organized by the environmental organization Ecologists Without Borders with the goal of joining 250,000 people on 24 March 2012 and cleaning municipal waste from illegal landfills in the country.[1] Cleaning of scattered garbage in urban areas was also organized. The project, a continuation of the Let's Clean Slovenia in One Day! ca...

 

History of professional wrestling by American promotion WWE in the United Kingdom Professional wrestling pay-per-view event series WWE in the United Kingdom Created byVince McMahonPromotionsWWEBrandsRawSmackDownNXTNXT UK WWE (formerly World Wrestling Federation and World Wrestling Entertainment), is an American professional wrestling promotion based in Stamford, Connecticut in the United States, owned by Endeavor. It has been promoting events in the United Kingdom (UK) since 1989. From 1989 t...

 

Questa voce o sezione sull'argomento società calcistiche italiane non cita le fonti necessarie o quelle presenti sono insufficienti. Puoi migliorare questa voce aggiungendo citazioni da fonti attendibili secondo le linee guida sull'uso delle fonti. SS Signa 1914Calcio Canarini, Gialloblù Segni distintivi Uniformi di gara Casa Trasferta Colori sociali Giallo, blu Dati societari Città Signa[1] Nazione  Italia Confederazione UEFA Federazione FIGC Campionato Eccellenza Tosca...

Untuk hotel di Portland, Oregon, lihat Hotel deLuxe. Hotel DeluxeSutradaraVincent KokProduserRaymond WongSkenarioVincent KokAnselm ChanSteven FungPoon Jun LamPemeranRonald ChengSandra NgTeresa MoChapman ToRaymond WongFiona SitEric KotJim ChimLynn HungKarena NgMin Hun FungSinematograferCheung Man PoPenyuntingKwong Chi LeungPerusahaanproduksiPegasus Motion PicturesSil-Metropole OrganisationLe Vision PicturesHangzhou Tianma EntertainmentShanghai Hehe Entertainment InvestmentDistributorPegasus Mo...

 

العلاقات الأرجنتينية البنينية الأرجنتين بنين   الأرجنتين   بنين تعديل مصدري - تعديل   العلاقات الأرجنتينية البنينية هي العلاقات الثنائية التي تجمع بين الأرجنتين وبنين.[1][2][3][4][5] مقارنة بين البلدين هذه مقارنة عامة ومرجعية للدولتين: وجه الم...

 

This biography of a living person needs additional citations for verification. Please help by adding reliable sources. Contentious material about living persons that is unsourced or poorly sourced must be removed immediately from the article and its talk page, especially if potentially libelous.Find sources: Dirk Van Mechelen – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (July 2010) (Learn how and when to remove this template message) Dirk Van Mechele...

Kotofurunushi (琴古主) dari buku Gazu Hyakki Tsurezure Bukuro (百器徒然袋) Koto-furunushi (bahasa Jepang Kanji: 琴古主, Hiragana: ことふるぬし)[1] adalah salah satu yokai dalam cerita rakyat Jepang. Koto-furunushi termasuk dalam kategori yokai tsukumogami, yang mana wujudnya diambil dari koto (alat musik tradisional Jepang seperti harpa) yang berubah menjadi binatang buas.[2] Dalam gulungan bergambar karya Toriyama Sekien, ia digambarkan beriringan dengan Biwa...

 

Cet article est une ébauche concernant l’Arménie et le sport. Vous pouvez partager vos connaissances en l’améliorant (comment ?) selon les recommandations des projets correspondants. Les sports en Arménie couvrent un grand nombre de disciplines. Le pays participe à toutes les compétitions sportives internationales organisées à travers le globe et dispose des sportifs et sportives de haut niveau dans toutes les catégories de sport. Ainsi l'Arménie a mûri depuis son indépe...

 

Hindu god considered as a manifestation of Vishnu Panduranga redirects here. For other uses, see Panduranga (disambiguation). VithobaThe central image at Vithoba Temple in PandharpurDevanagariविठ्ठलSanskrit transliterationViṭhobāAffiliationForm of Vishnu/KrishnaAbodePandharpurWeaponChakra, ShankhaDayWednesdayMountGarudaConsortRakhumai, Rahi, Satyabhama Vithoba (IAST: Viṭhobā), also known as Vitthala (IAST: Viṭṭhala), and Panduranga (IAST: Pāṇḍuraṅga), is a Hindu g...

Pour les articles ayant des titres homophones, voir Holoferne, Holofernes et Holopherne. Si ce bandeau n'est plus pertinent, retirez-le. Cliquez ici pour en savoir plus. Cet article ne cite pas suffisamment ses sources (février 2019). Si vous disposez d'ouvrages ou d'articles de référence ou si vous connaissez des sites web de qualité traitant du thème abordé ici, merci de compléter l'article en donnant les références utiles à sa vérifiabilité et en les liant à la section «...

 

Vous lisez un « bon article » labellisé en 2013. Le roi Melishipak II de Babylone (1186–1172 av. J.-C.) présentant sa fille à la déesse Nanaya, détail d'un kudurru retrouvé à Suse. La religion de la Mésopotamie rassemble les pratiques et croyances religieuses polythéistes des divers peuples qui ont vécu en Mésopotamie pendant l'Antiquité, entre le IVe millénaire av. J.-C. et le début de notre ère : Sumériens, Akkadiens, Babyloniens, Assyriens pour...

 

2016年美國總統選舉 ← 2012 2016年11月8日 2020 → 538個選舉人團席位獲勝需270票民意調查投票率55.7%[1][2] ▲ 0.8 %   获提名人 唐納·川普 希拉莉·克林頓 政党 共和黨 民主党 家鄉州 紐約州 紐約州 竞选搭档 迈克·彭斯 蒂姆·凱恩 选举人票 304[3][4][註 1] 227[5] 胜出州/省 30 + 緬-2 20 + DC 民選得票 62,984,828[6] 65,853,514[6]...

2016年美國總統選舉 ← 2012 2016年11月8日 2020 → 538個選舉人團席位獲勝需270票民意調查投票率55.7%[1][2] ▲ 0.8 %   获提名人 唐納·川普 希拉莉·克林頓 政党 共和黨 民主党 家鄉州 紐約州 紐約州 竞选搭档 迈克·彭斯 蒂姆·凱恩 选举人票 304[3][4][註 1] 227[5] 胜出州/省 30 + 緬-2 20 + DC 民選得票 62,984,828[6] 65,853,514[6]...

 

2020年夏季奥林匹克运动会马来西亚代表團马来西亚国旗IOC編碼MASNOC马来西亚奥林匹克理事会網站olympic.org.my(英文)2020年夏季奥林匹克运动会(東京)2021年7月23日至8月8日(受2019冠状病毒病疫情影响推迟,但仍保留原定名称)運動員30參賽項目10个大项旗手开幕式:李梓嘉和吳柳螢(羽毛球)[1][2]閉幕式:潘德莉拉(跳水)[3]獎牌榜排名第74 金牌 銀牌 銅�...

 

Частина серії проФілософіяLeft to right: Plato, Kant, Nietzsche, Buddha, Confucius, AverroesПлатонКантНіцшеБуддаКонфуційАверроес Філософи Епістемологи Естетики Етики Логіки Метафізики Соціально-політичні філософи Традиції Аналітична Арістотелівська Африканська Близькосхідна іранська Буддій�...

Romanian fascist politician (1906–1993) Horia SimaVice President of the Council of MinistersIn office14 September 1940 – 20 January 1941MonarchMichael IPrime MinisterIon AntonescuPreceded byGheorghe MihailSucceeded byMihai AntonescuMinister of Culture and Religious AffairsIn office4 July 1940 – 8 July 1940Prime MinisterIon GigurtuPreceded byConstantin C. GiurescuSucceeded byRadu BudișteanuCommander of the Iron GuardIn office16 June 1938 – 23 January 1941Pre...

 

Lorenzo di Bonaventura Di Bonaventura en el Comic Con en San Diego (2010)Información personalNacimiento 1957Nacionalidad EstadounidenseEducaciónEducado en Universidad de HarvardWharton Business School Información profesionalOcupación Productor de cine[editar datos en Wikidata] Lorenzo di Bonaventura (nacido en 1957) es un productor de cine estadounidense. Biografía Pasó la década de 1990 como ejecutivo en Warner Bros. retratos, eventualmente llegando a Presidente de Producci�...

 

«Closer»Sencillo de The Chainsmokers con Halseydel álbum CollagePublicación 29 de julio de 2016Formato Descarga digitalGrabación 2016Género(s) Future bass, dance pop[1]​Duración 4:04Discográfica Disruptor, ColumbiaAutor(es) Andrew Taggart Ashley Frangipane Shaun Frank Frederic Kennett Isaac Slade Joe KingProductor(es) The ChainsmokersCronología de sencillos de The Chainsmokers «Inside Out» (2016) «Closer» (2016) «All We Know» (2016) Cronología de sencillos de Halsey «Ca...

† Большая гавайская древесница Научная классификация Домен:ЭукариотыЦарство:ЖивотныеПодцарство:ЭуметазоиБез ранга:Двусторонне-симметричныеБез ранга:ВторичноротыеТип:ХордовыеПодтип:ПозвоночныеИнфратип:ЧелюстноротыеНадкласс:ЧетвероногиеКлада:АмниотыКлада:За...

 

King of Hawaii from 1819 to 1824 This article is about the second King of Hawaii. For other uses, see Kamehameha (disambiguation). Kamehameha IIPortrait of Kamehameha II, drawn by John Hayter, 1824.King of the Hawaiian Islands (more...) ReignMay 20, 1819 – July 14, 1824PredecessorKamehameha ISuccessorKamehameha IIIKuhina NuiKaʻahumanu IBornLiholihoNovember 1797Hilo, HawaiʻiDied(1824-07-14)July 14, 1824 (aged 26)London, EnglandBurialMay 11, 1825[1]Mauna ʻAla Royal MausoleumSpouseK...