Ná die groot storm van 1720 is dit verdeel in twee eilande: die Oberland (1 km²) wat uit klippe bestaan en die Duin (0,7 km²) wat uit sand bestaan.
Geografie
Helgoland is geleë 46 kilometers van die Duitse kus, en bestaan uit twee eilande: die bevolkte driehoekige 1 km2 hoof-eiland (Hauptinsel) aan die weste, en Düne (Heligolandies: de Halem) aan die ooste. Helgoland verwys gewoonlik na die hoof-eiland. Düne is ietwat kleiner by 0.7 km2, laer, en omring deur sandstrande. Dit word nie permanent bewoon nie, maar is vandag die ligging van Helgoland se lughawe.
Hierdie strategies belangrike eiland het van 1814 aan Brittanje behoort (Heligoland). Die Slag van Helgoland, tussen Oostenryk en Denemarke op 9 Mei1864 tydens die Schleswigoorlog, was die laaste seegeveg wat met linies van houtskepe gevoer is. Na 1890 was die eiland 'n basis vir die Duitse vloot. Die slag van Helgolandbaai op 28 Augustus1914 was die eerste seegeveg van die Eerste Wêreldoorlog, en tydens dié oorlog is die bevolking ontruim.
Tweede Wêreldoorlog
Tydens die Tweede Wêreldoorlog is die bevolking weer geteiken. Meer as 'n duisend bomwerpers het Helgoland op 18 April1945 aangeval. Die bevolking is na die oorgawe weer gedeporteer en die Britse Lugmag het die eiland gebruik vir skietoefeninge. Presies twee jaar later het die Britse Vloot 6 800 ton plofstof op die eiland laat ontplof om die eiland se bunkers op te blaas. In 1952 is die eiland weer aan die Duitsers teruggegee.