Die Koninklike Britse Lugmag (Engels: Royal Air Force, afgekort RAF) is die lugmag van die Verenigde Koninkryk. Die lugmag is in 1918 gestig[2] deur die samesmelting van die Koninklike Vliegkorps en die Britse Vloot se lugdiens. Dit is die oudste lugmag ter wêreld.[3] Die eerste hoof van die Britse Lugmag was Hugh Trenchard.
Die Britse Lugmag beskik oor verskeie basisse oor die wêreld, insluitende in die Verenigde Koninkryk, Falkland-eilande, Siprus en Gibraltar. Hierdie basisse het gewoonlik 'n voorvoegsel 'RAF' wat staan vir "Royal Air Force". Voorbeelde van hierdie basisse is: RAF Lossiemouth in Skotland, RAF Valley in Wallis, RAF Aldergrove in Noord-Ierland en RAF Linton-on Ouse in Engeland.
Die Britse Lugmag beskik oor moderne vliegtuie soos die Eurofighter Typhoon, Panavia Tornado en die BAE Hawk. Die Hawk word gebruik om vlieëniers van snelbewegende vliegtuie op te lei.
↑"World Air Forces"(PDF) (in Engels). Flight International. 2014. Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 4 September 2014.