Hy is in die Kaapstadse voorstad Kenilworth gebore en het sy skoolloopbaan aan die South African College School (SACS) voltooi waarna hy aan die Universiteit van Kaapstad studeer het. Hy het provinsiale rugby vir die Westelike Provinsie en vir die klubs UCT en Maitland gespeel. In Transvaal het hy vir die Pirates gespeel, en later ook vir die Collegians in Durban.
Waring het ook vir die Westelike Provinsie rugby gespeel en van 1931 tot 1933 vir die Springbokke. Hy speel sy eerste toetswedstryd op 19 Desember1931 teen Ierland en sy laaste toetswedstryd teen Australië op 2 September1933. Hy neem aan die Springbokke se toer na Groot Brittanje en Ierland van 1931 tot 1932 deel. Hulle klop Wallis met 8-3 in Swansea en vir Ierland met dieselfde telling. Teen Engeland wen die Bokke met 7-0, en die Bokke klop die Skotte 6-3. Waring het in twee van die wedstryde gespeel en 'n drie gedruk. Die Wallabies toer in 1933 die eerste keer in Suid-Afrika vir 'n reeks van vyf toetse. Die Springbokke wen die reeks toe hulle seëvier in drie van die vyf wedstryde. Waring het in al vyf wedstryde gespeel.