Erzja (эрзянь кель, erzjan kel) word deur sowat 500 000 mense gepraat in die noordelike, oostelike en noordwestelike dele van die Republiek van Mordowië en die aangrensende gebiede Nizjni Nowgorod, Tsjoewasjië, Penza, Samara, Saratof, Orenburg, Oeljanofsk, Tartarstan en Basjkortostan in Rusland. Sprekers kan ook gevind word in Armenië, Estland, Kasakstan en ander nuwe onafhanklike state in Sentraal-Asië.
Erzja word tans in die Cyrilliese alfabet geskryf sonder enige aanpassings aan die Russiese weergawe. In Mordowië is Erzja saam met Russies en Moksja ’n amptelike taal.
Die taal behoort tot die Mordwiens tak van die Fins-Wolgaïese tale, ’n subtak van die Oeraalse tale. Dit is nou verwant aan Moksja.
Alfabet
Die moderne Erzja-alfabet is dieselfde as vir Russies:
А /a/ |
Б /b/ |
В /v/ |
Г /ɡ/ |
Д /d/ |
Е /je/ |
Ё /jo/ |
Ж /ʒ/ |
З /z/ |
И /i/ |
Й /j/
|
К /k/ |
Л /l/ |
М /m/ |
Н /n/ |
О /o/ |
П /p/ |
Р /r/ |
С /s/ |
Т /t/ |
У /u/ |
Ф /f/
|
Х /x/ |
Ц /t͡s/ |
Ч /t͡ʃ/ |
Ш /ʃ/ |
Щ /ʃt͡ʃ/ |
Ъ /-/ |
Ы /ɨ/ |
Ь /◌ʲ/ |
Э /e/ |
Ю /ju/ |
Я /ja/
|
Verwysings
Bibliografie
- A.I. Bryzhinskiy, O.V. Pashutina, Ye.I. Chernov. Писатели Мордовии Биобиблиографический справочник. Saransk: Mordovskoye Knizhnoye Izdatelystvo, 2001. ISBN 5-7595-1386-9.
- Vasilij D'omin. Сюконян тенк... Эрзянь писательде ёвтнемат. Saransk, 2005. ISBN 5-7595-1665-5.
- Ksenija Djordjevic & Jean-Leo Leonard. Parlons Mordve. Paris: L'Harmattan, 2006, ISBN 2-296-00147-5.
- D.V. Tsygankin. Память запечатленная в слове: Словарь географических названий республики Мордовия. Saransk, 2005. ISBN 5-7493-0780-8.
Eksterne skakels
|
---|
Federale taal | |
---|
Amptelike tale van deelgebiede | |
---|
Tale met amptelike status | |
---|
Alfabette | |
---|