Die taal word tradisioneel verdeel in verskeie dialekte wat na die verskillende "stamme" genoem is: Sagai, Katsja, Koibal, Beltir en Kizil. Die name verteenwoordig egter voormalige administratiewe eenhede eerder as stamme of taalgroepe. Die sprekers van al die dialekte noem hulself Tadar (dus Tatare). Sjories, wat later as ’n Chakassiese dialek erken is, word gepraat deur mense wat oorspronklik van Sjorië af kom (tans die Kemerowo-streek).
Alfabette
Die Chakassiese letterkundige taal, wat ná die Russiese Rewolusie van 1917 ontstaan het, is gebaseer op die sentrale dialekte Sagai en Katsja. Sedert 1924 is ’n vorm van die Cyrilliese alfabet daarvoor gebruik. Dit is 1929 vervang met ’n Latynse alfabet en in 1939 weer met ’n Cyrilliese alfabet.
Castrén, M. A. (1857). Versuch einer koibalischen und karagassischen Sprachlehre nebst Wörterverzeichnissen aus den tatarischen mundarten des minussinschen Kreises. St. Petersburg.
Radloff, W. (1893–1911). Versuch eines Wörterbuches der Türk-Dialecte I-IV. St. Petersburg.{{cite book}}: CS1 maint: date format (link)
Radloff, W. (1867). Proben der Volkslitteratur der türkischen Stämme Süd-Sibiriens. II. Theil: die Abakan-Dialecte (der Sagaische, Koibalische, Katschinzische), der Kysyl-Dialect und der Tscholym-Dialect (Küerik). St. Petersburg.
Katanov, N. F. (1907). Proben der Volkslitteratur der türkischen Stämme. IX. Theil: Mundarten der Urianchaier (Sojonen), Abakan-Tataren und Karagassen. St. Petersburg.
Anderson, G. D. (1998). Xakas. Languages of the world: Materials: 251. München.