Oeljanofsk-oblast Ульяновская область
Die ligging van Oeljanofsk-oblast in Rusland.
Politieke status
Land
Russiese Federasie
Federale distrik
Wolga
Ekonomiese streek
Wolga
Stigting
19 Januarie 1943
Regering
Hoofstad
Oeljanofsk
Leier
Sergei Morozof
Amp
Goewerneur
Wetgewer
Oblast-doema
Bevolking
Sensus
2010
Totaal
1 292 799
Volgorde
37ste
Digtheid
34,66/km2
Stedelik
73,5%
Plattelands
26,5%
Statistiek
Oppervlakte
37 300 km2
Volgorde
62ste
Tydsone
UTC+04:00
Registrasienommer
73
Amptelike tale
Russies
Webtuiste
http://www.ulgov.ru/
Wapen en vlag
Oeljanofsk-oblast (Russies : Улья́новская о́бласть, Oeljanofskaja oblast ) is ’n deelgebied van Rusland . Dit lê in die Wolga- Federale Distrik en die hoofstad is Oeljanofsk , genoem na Wladimir Lenin , wie se regte van Oeljanof was.
Geografie
Die oblast grens aan Tsjoewasjië , Tatarstan , Samara-oblast , Saratof-oblast , Penza-oblast en die Republiek van Mordowië .
Dit is aan die noordelike rand van die Sentrale Steppe geleë – 25% van die gebied bestaan uit woude en die res uit steppe en moerasse. Die Wolga-rivier verdeel Oeljanofsk-oblast in die helfte. Die oostelike deel is meestal plat en die westelike deel ’n heuwelagtige gebied.
Demografie
Sowat 55% van die bevolking woon in twee stede met meer as 25 000 inwoners, Oeljanofsk en Dimitrowgrad . Russe maak 72% daarvan uit, Tatare 12%, Tsjoewasjiërs 8%, Mordwiniërs 4% en die res 4%. Die meeste behoort tot die Russies-Ortodokse Kerk , die ander 15% is Islam .
Ekonomie
Oeljanofsk en Dimitrowgrad is nywerheidstede en het talle groot fabrieke. Landbou is toegesits op veeteelt .
Eksterne skakels
53°57′N 47°55′O / 53.950°N 47.917°O / 53.950; 47.917