Antonio Negri

Antonio Negri
Gebore 8 April 1911 (1911-04-08) (113 jaar oud)
Padua, Italië
Nasionaliteit Vlag van Italië Italië
Vakgebied Politieke filosofie, Klaskonflik, Globalisering, Commons, Biopolitiek
Instelling(s) Universiteit van Padua[1]
Paris VIII (Vincennes)
Paris VII (Jussieu)
École Normale Supérieure
Collège international de philosophie
Alma mater Universiteit van Padua
Istituto italiano per gli studi storici[2]
Bekend vir Filosofie van globalisering, menigte, Teorie van die Ryk, Konstituerende krag, Immateriële arbeid,[3] post-Fordisme, Altermoderniteit, Weiering van werk
Beïnvloed deur Augustinus van Hippo, Baruch Spinoza, Michel Foucault, Gilles Deleuze, Félix Guattari, Jacques Derrida, Karl Marx, Carl Schmitt, Thomas Hobbes, Niccolò Machiavelli, Louis Althusser, Wladimir Lenin
Invloed op Michael Hardt, Richard J. F. Day, Leopoldina Fortunati, Hugo Chávez

Antonio (Toni) Negri (Padua, 1 Augustus 1933) is 'n Italiaanse neomarxistiese filosoof.

Aktivisme

Negri het 'n "sterloopbaan" aan die Universiteit van Padua en word op jong ouderdom benoem tot voltydse hoogleraar in die dottrina dello stato (staatsteorie), 'n uitgesproke Italiaanse vakgebied wat beide juridiese as konstitusionele aspekte behels.

Sy politieke aktiwiteite begin hy in 1950, wanneer hy toetree tot die Katolieke jeugbeweging Gioventú Italiana di Azione Cattolica (GIAC). Van 1956 tot 1963 is hy lid van die Partito Socialista Italiano (PSI), terwyl hy steeds meer simpatiseer met heterodoxe bewegings binne die marxisme.

Vanaf begin jare 60 maak Negri deel uit van die uitgewery van Quaderni Rossi, die koerant wat gestalte gee aan die intellektuele herlewing van die Italiaanse marxisme buite die konteks van die kommunistiese party (met as bastionne onder meer Raniero Panzieri, Mario Tronti, Rita di Leo en Romano Alquati). Hierdie groep voorspel vroegtydig die klassestryd van die operaio massa (dit wil sê, die konsep van die arbeider wat die massa voorhande is, sonder kwalifikasies en uitruilbaar, 'n louter funksionele element vir die groot, gemeganiseerde fabriek), met as hoogtepunt die sogenaamde autunno caldo (warm herfs) van 1969, toe 'n uitbreeking van opstande plaasgevind het met as episentrum die FIAT-Mirafiorikompleks te Turyn, die petrochemiese kompleks te Porto Marghera en die Lagune van Lagune van Venesië.

In 1969 stig Negri saam met enkele vriende die groep Potere Operaio (Arbeidersmag), wat die radikale politieke uitdrukking van die operaismo ("arbeiderisme") verteenwoordig. Die laaste kongres van Potere Operaio vind plaas in 1973, daarna begin talle lede met nuwe projekte, soos die Autonomia Operaia (werkersoutonomie). Antonio Negri was een van die kragte agter hierdie inisiatief, wat hom toegespits op die nuwe werkersrealiteit in die metropole ten tye van die krisis en die herstrukturering van die fabrieke en die publieke uitgawes. In die besonder dra Negri by tot die stigting van die dagblad Rosso, met redaksie in Milaan, wat vinnig ontwikkel as verwysing vir die stryd en die debatte van die nuwe klasse samestelling, wat Negri en sy kollegas bestempel as die operaio sosiale (sosiale arbeider).

Negri het vir sy publikasies voorts saamgewerk met sleutel figure van Italiaanse arbeiders-, studente en vroue bewegings gedurende die jare 60 en 70, waaronder Panzieri, Tronti, Sergio Bologna, Alquati, Mariarosa Dalla Costa en Franco Berardi. Sy bekendste werk is die opspraakwekende Empire (2000), wat hy saam met die Amerikaner Michael Hardt skryf. Die boek, wat in 2004 opgevolg word met Multitude, word deur baie aktiviste gesien as 'n herbesinning van die antiglobalisme. Daarbenewens publiseer Negri nog 'n hele klomp ander boeke, waarin die werke van onder meer Karl Marx en Baruch Spinoza op 'n oorspronklike manier ontleed word.

Arrestasie en verbanning

Op 7 April 1979 word die 46-jarige Antonio Negri gearresteer. Hy word daarvan aangekla dat die moord op destydse premier Aldo Moro beplan het, uitgevoer deur die Brigate Rosse (BR – Rooi Brigades) in 1978. Verder sou hy 'n sameswering begin het om die regering omver te werp. Negri is op daardie staduim professor in die politieke wetenskap aan die Universiteit van Padua, gaslektor aan die École Normale Supérieure en selfverklaarde revolusionêre marxis wat ten gunste van 'n gewapende opstand is. Negri self het steeds ontken dat enige persoonlike of ideologiese verhouding het met die Rooi Brigades gehad het.

Die meeste aanklagte teen Negri (waaronder 17 moorde) word in minder as nege maande weerlê weens 'n gebrek aan bewyse. Daar word nie daarin geslaag om hom met die Rooi Brigades te verbind nie, aangesien hy hom na bewering skuldig maak aan kriminele bende vorming en opstand teen die staat (later teruggetrek). Negri word ten einde veroordeel tot 30 jaar gevangenisstraf omdat hulle hom op grond van sy publikasies en revolusionêre aktiwiteite 'moreel verantwoordelik' ag vir die gewelddade teen die Italiaanse staat in die jare sestig en sewentig. Amnestie Internasionaal het die 'ernstige wettige onreëlmatighede' tydens die verhoor aan die kaak gestel, en Michel Foucault skryf oor die 'geval Negri' die volgende in sy werk. Die Gemaskerde Filosoof: "Is hy nie in die sel bloot omdat hy 'n intellektueel is?". Negri bring vier jaar deur in die gevangenis ('n aantal van sy ervarings publiseer hy later in Die Trein van Finland), totdat die Partito Radicale van Marco Pannella, wat geywer het vir sy vrylating, hom op die kieslys plaas vir die algemene verkiesings van 1983 en hy die verkiesings wen ook. Die parlement verleen hom die toestemming om die gevangenis te verlaat ten einde sy politiek amp te kan beklee, maar die toestemming word enkele maande later herroep. Negri gaan in ballingskap in Frankryk, waar hy 14 jaar bly en waar hy nie hoef te vrees vir uitlewering nie, danksy die beskerming wat hy geniet van die regering van François Mitterrand.

In Frankryk is hy dosent aan die Université de Paris VIII (Saint Denis) en die Collège International de Philosophie. Hoewel sy politieke aktiwiteite sterk belemmerd is deur sy ballingskap, is Negri 'n produktiewe outeur in die Franse tydperk en verbind hom met menige linkse intellektuele. In 1990 stig Negri, Jean-Marie Vincent en Denis Berger die publikasie Futur Antérieur. Die kroerant hou op te bestaan in 1998, maar verskyn vanaf 2000 weer onder die naam Multitudes, met Negri as bestuurslid van die internasionale redaksie.

In 1997 keer Negri vrywillig terug na Italië om daar die res van sy straf, intussen weens aktivisme verminder tot 17 jaar, uit te dien. Op die manier wil hy 'n publieke debat skep rondom die situasie van honderde gevangenes en ballingskappe wat tydens die 'lood jare' (anni di piombo, die jare sestig en sewentig) politieke interaksie is binne radikale kringe veroordeel is deur allerhande skynprosesse. Negri word by sy aankoms onmiddellik na die gevangenis van Rebibbia gebring en later onder huisarres geplaas. Tot die einde van 2004 geniet hy 'n voorwaardelike vrylating.

Publikasies en politieke werke

Die uiterste oorspronklike, maar tegelykertyd kompakte en moeilik werk van Negri, is sy kritiese hersiening van die belangrikste intellektuele strominge van die tweede helfte van die 20ste eeu, ten gunste van 'n nuwe marxistiese analise van die kapitalisme en die postmoderne samelewing. Geïnspireerd deur die idees van Michel Foucault en sy ontleding van die biomag, asook deur die analise van Gilles Deleuze en Felix Guattari, lê Negri gedurende die jare 80 die basis vir die aanpasing van die werk van Marx, in terme van die sosiale dimensies van die produksie, die samewerking en die bestuurgefokusde mag. Hierin is die pas die voornemende, strategiese en konseptuele, beskou as die menigte.

Die vertrekpunt van sy werk Empire is dat die nasiestaat sy sentrale rol as die primêre politieke formasie verloor het en plek het gemaak vir 'n globale meganisme van diffusie en gedesentraliseerde mag (die "Imperi"). Die oorgangsproses word betwis en is nie vry van katastrofes nie. Dit verteenwoordig 'n stryd van die arbeidersklasse en van die postkoloniale akteurs wat hierdie magstransformasies aan die gang gesit het. Met ander woorde die transedentale produksiedimensies en die dimensies van die wêreldmark het gelei tot 'n Interregnum (tussenregering), 'n netwerk van wêreldwye mag, die Empire, waarin verskillende akteurs (monargisties, soos in die VSA, aristokratiese, soos enkele nasie-state en demokratiese akteurs soos die NRO's, multinasionale korporasies en die massamedia) vorm gegee aan 'n Imperium wat gebaseer is op 'n magsnetwerk. Sy stelling is baie kontroversieel, veral na aanleiding van die aggressiewe en unilaterale houding wat die Verenigde State aangeneem het sedert die aanvalle op 11 September 2001.

Twee vorige publikasies wat vermeld kan word is sy The Savage Anomaly (1982), waarin hy 'n oorspronklike interpretasie gee van Baruch Spinoza, en Marx oltre Marx (1982), 'n versameling lesings oor die Grundrisse, die manuskripbundel wat Karl Marx geskryf het ter voorbereiding van sy Das Kapital.

In 2005 neem hy 'n minder populêre standpunt binne die radikaal-linkse beweging in wanneer hy in verskeie opiniestukke en onderhoude die ja-stem verdedig in die referendum vir die Europese Grondwet. Hy neem ook saam met Daniel Cohn-Bendit deel aan 'n verkiesingsvergadering van die Parti Socialiste (sosialistiese party in Frankryk) om sy steun aan die ja-stem te bewys in die Franse referendum. Negri is van mening dat die Europese Grondwet gunstig is om die mag van die nasie-state te verminder ten voordele van die mag van Europa. 'n Pleidooi vir Europa is te vind in sy boek Europa en Imperium.

Bibliografie

  • Commonwealth (met Michael Hardt), 2009.
  • Terugkeer—Een biopolitiek ABC, gesprekken met Anne Dufourmantelle, 2003. Vertaling van Negri on Negri: In Conversation with Anne Dufourmentelle.
  • De menigte (met Michael Hardt), 2004. Nederlandse Vertaling van Multitude: War and Democracy in the Age of Empire.
  • Subversive Spinoza: (Un)contemporary Variations (red. Timothy S. Murphy), 2004.
  • Time for Revolution, 2003.
  • Empire (met Michael Hardt), 2000.
  • Insurgencies: Constituent Power and the Modern State, 1999.
  • Labor of Dionysus: A Critique of the State-Form (met Michael Hardt), 1994.
  • The Savage Anomaly: The Power of Spinoza's Metaphysics and Politics, 1991.
  • Marx Beyond Marx: Lessons on the Grundrisse, 1991. Vertaling van Marx oltre Marx.
  • The Politics of Subversion: A Manifesto for the Twenty-First Century, 1989.
  • Revolution Retrieved: Selected Writings on Marx, Keynes, Capitalist Crisis and New Social Subjects, 1967–83, 1988.
  • Saggi sullo storicismo tedesco: Dilthey e Meinecke, 1959.

Verwysings

  1. Maggiori Robert, "Toni Negri, le retour du «diable» Geargiveer 5 Januarie 2016 op Wayback Machine", Libération.fr, 3 Julie 1997.
  2. Elsa Romeo, La Scuola di Croce: testimonianze sull'Istituto italiano per gli studi storici, Il Mulino, 1992, bl. 309.
  3. Antonio Negri and Michael Hardt, Empire (Cambridge, Massachusetts & London, England: Harvard University Press, 2000), § 3.4.

Bron

  • Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia

Eksterne skakels

Read other articles:

Garuda TV SurabayaPT Bama Berita Sarana TelevisiSurabaya, Jawa TimurIndonesiaSaluranDigital: 38 UHFVirtual: 103SloganBersama Anda Untuk IndonesiaPemrogramanAfiliasiGaruda TVKepemilikanPemilikDigdaya Media NusantaraRiwayatSiaran perdana24 Mei 2008 (2008-05-24) (sebagai BBS TV)1 Oktober 2015 (2015-10-01) (sebagai BIOSTV)30 Agustus 2017 (2017-08-30) (diluncurkan ulang sebagai BBS TV)5 Agustus 2023 (2023-08-05) (sebagai Garuda TV Surabaya)Bekas tanda panggilBBS TV (2008-2015, ...

Western coastal region in Colombia Pacific/Chocó regionEcologyRealmNeotropicBiomeMarine, RainforestGeographyCountry ColombiaOceans or seasPacific OceanRiversAtrato, San Juan, PatíaClimate typeTropicalConservationGlobal 200Chocó Biogeographic The Pacific/Chocó region is one of the five major natural regions of Colombia. Ecologically, this region belongs entirely to the Chocó Biogeographic Region and is considered a biodiversity hotspot. It also has areas with the highest rainfall in ...

Swedish poet, novelist, and scholar (1936–2016) For the Swedish politician, see Lars Gustafsson (politician). For the Swedish Olympic wrestler, see Lars Gustafsson (wrestler). Lars GustafssonLars Gustafsson in 2012.Born(1936-05-17)17 May 1936Västerås, SwedenDied3 April 2016(2016-04-03) (aged 79)Stockholm, SwedenOccupationWriter Lars Erik Einar Gustafsson (17 May 1936 – 3 April 2016) was a Swedish poet, novelist, and scholar. Among his awards were the Gerard-Bonnier-Preis [...

Rock en españolOrígenes musicales Jazz, blues, soul, country rock, rhythm and blues, rock and roll, nueva olaOrígenes culturales c. 1956Instrumentos comunes Guitarra acústica, bajo eléctrico, batería, guitarra eléctrica, teclado electrónicoPopularidad Popular en el mundo hispanohablante, baja en el resto del mundoFusiones rock latino, alterlatino, rock andaluz, fusión latinoamericanaEscenas regionales «Ver más»[editar datos en Wikidata] El rock en español es la música ...

South East Asia Treaty OrganizationBendera SEATOAnggota SEATO dalam warna biru.SingkatanSEATOTanggal pendirian8 September 1954TipeAliansi militer antarpemerintahKantor pusatBangkok, ThailandWilayah layanan Asia TenggaraJumlah anggota 8 anggota  Australia Selandia Baru Pakistan Filipina Thailand Prancis Britania Raya Amerika Serikat Negara yang didukung SEATO  Vietnam Selatan Kerajaan Laos Para pemimpin beberapa negara SEATO di Gedung Kongres di Man...

Danau Nahuel Huapi di Bariloche, Argentina. Danau Sarygamysh di Turkmenistan, dilihat melalui satelit. Danau, tasik, telaga, atau situ (bahasa Inggris: lake) adalah daerah perairan yang terbentuk secara alami, berupa basin air yang sangat luas.[1] Danau adalah cekungan besar di permukaan bumi yang digenangi oleh air bisa tawar ataupun asin yang seluruh cekungan tersebut dikelilingi oleh daratan.[2] Danau rata-rata memiliki kedalaman yang dangkal dan airnya berasal dari ber...

Potret diri, s. 1610, dari Album Gulshan, s. 1610, Perpustakaan Istana Golestan, Tehran Muhammad Daulat (atau Dawlat) adalah seorang seniman utama dari lukisan Mughal, yang aktif dalam penugasan kekaisaran antara sekitar 1595 dan 1635–1640,[1] pada masa pemerintahan Akbar, Jahangir, dan Shah Jahan. Ia memulai kariernya dengan menulis adegan-adegan naratif besar, kemudian mengkhususkan diri dalam potret,[2] namun kemudian berkarier dalam menghias pinggiran miniatur.[3]...

Томас КантокПомер 1309 або 3 лютого 1308Діяльність священник, суддя, католицький єпископПосада дієцезійний єпископdКонфесія католицька церква[1] Ірландія в середні віки. Показані англійські володіння, володіння графів Ормонд та Фіцджеральд, володіння незалежн�...

Paraguayan footballer (born 1990) In this Spanish name, the first or paternal surname is Ortiz and the second or maternal family name is Busto. Richard Ortiz Ortiz with Toluca in 2014Personal informationFull name Richard Ortiz BustoDate of birth (1990-05-22) 22 May 1990 (age 33)Place of birth Asunción, ParaguayHeight 1.74 m (5 ft 8+1⁄2 in)Position(s) Central midfielderTeam informationCurrent team OlimpiaNumber 6Youth career 8 de Diciembre2008–2009 Sportivo...

American computer scientist This article relies excessively on references to primary sources. Please improve this article by adding secondary or tertiary sources. Find sources: Cordell Green – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (September 2019) (Learn how and when to remove this template message) Cordell GreenBornClaude Cordell Green1941 (age 81–82)EducationRice UniversityStanford UniversityAwardsGrace Murray Hopper Award (1985)Scie...

Bahasa Jawa PemalangDituturkan diIndonesiaWilayah  Jawa Tengah Kabupaten Pemalang EtnisJawaRumpun bahasaAustronesia Melayu-PolinesiaJawaJawa Pemalang Bentuk awalJawa Kuno Jawa Pemalang Sistem penulisanAksara JawaKode bahasaISO 639-3–Glottologpema1234[1]  Portal BahasaSunting kotak info • L • B • PWBantuan penggunaan templat ini Bahasa Jawa Pemalang atau Basa Pemalangan adalah sebuah dialek bahasa Jawa yang dituturkan di Jawa Tengah khususnya Kabup...

Arsat-2 adalah satelit komunikasi geostasioner yang dioperasikan oleh Arsat dan dibangun oleh perusahaan Argentina Invap. Satelit ini diluncurkan dari Guyana Prancis bersama satelit Sky Muster menggunakan roket Ariane 5ECA pada 30 September, 2015 20:30 hs UTC, menjadi satelit 400 yang akan diluncurkan oleh Arianespace. Referensi SATÉLITES ARSAT Diarsipkan 2015-09-25 di Wayback Machine. (Spanyol) Wikimedia Commons memiliki media mengenai ARSAT-2. commons:Category:ARSAT-2

Immature black cherries dried fruit Iran ranks 1st in fruit production in the Middle East and North Africa. Iran has been ranked between 8th and 10th in global fruit production in different years.[1] Iran produces Persian walnut, melon, tangerine, citrus fruits, Kiwifruit, dates, cherries, pomegranates, peach, oranges, raisins, saffron, grapes and watermelon. Fruit growing areas in Iran A number of fruits have originated in Iran, including Persian walnuts, melons, and pomegranates, Ap...

Classical Indian dance Not to be confused with Kathak. Shree Krishnan in Kathakali - FACT Jayadeva Varma Kathakali ( IAST: Kathakaḷi Malayalam: കഥകളി pronunciationⓘ) is a traditional form of classical Indian dance, and one of the oldest theater forms still practiced.[1] It is a story game genre of art, but one distinguished by the elaborately colourful make-up and costumes of the traditional male actor-dancers.[2][3][note 1] It is native to the Ma...

Houston Sports ParkHSPTypeMunicipal (Houston, Texas)Coordinates29°38′17″N 95°23′45″W / 29.638086°N 95.395932°W / 29.638086; -95.395932Area117.96 acresOpened2011 (formerly known as Houston Amateur Sports Park)[1]Operated byCity of HoustonHouston DynamoHouston Parks BoardVisitors5,381 hours of use (in 2017)Open8:00 a.m. – 11:00 p.m.StatusOpen all yearParkingOver 400 vehicles[3]Public transit access87 Sunnyside / TMC[2][...

1956 film by Ishirō Honda RodanTheatrical release posterJapanese nameKanji空の大怪獣 ラドンTranscriptionsRevised HepburnSora no Daikaijū Radon Directed byIshirō HondaScreenplay byTakeshi KimuraTakeo MurataStory byKen KuronumaProduced byTomoyuki TanakaStarringKenji SaharaYumi ShirakawaCinematographyIsamu AshidaEdited byKôichi IwashitaRobert S. EisenMusic byAkira IfukubeProductioncompanyTohoDistributed byTohoRelease date December 26, 1956 (1956-12-26) Running time82 m...

Genus of flies Holorusia Holorusia sp. female Scientific classification Kingdom: Animalia Phylum: Arthropoda Class: Insecta Order: Diptera Suborder: Nematocera Infraorder: Tipulomorpha Superfamily: Tipuloidea Family: Tipulidae Subfamily: Tipulinae Genus: HolorusiaLoew, 1863 Type species Holorusia rubiginosaLoew, 1863 [= hespera Arnaud & Byers, 1990] Species see text Holorusia is a genus of true crane fly, including the largest known crane fly species, Holorusia mikado.[1] Biology ...

American company developing self-driving taxis Zoox, Inc.TypeSubsidiaryIndustryAutomotiveFounded2014; 9 years ago (2014)FoundersTim Kentley-KlayJesse LevinsonHeadquartersFoster City, CaliforniaKey peopleAicha Evans (CEO)ProductsSelf-driving carsNumber of employeesc. 2,200 (2023)[1]ParentAmazon.com, Inc.Websitewww.zoox.com Zoox, Inc. is a subsidiary of Amazon developing autonomous vehicles that provide mobility as a service. It is headquartered in Foster City, C...

У этого топонима есть и другие значения, см. Сена (значения).Сенафр. Seine Сена в Париже. Вид с моста Пон-Нёф Характеристика Длина 776 км Бассейн 78 650 км² Расход воды 500 м³/с Водоток Исток   (Т) (B)    • Местоположение в южной части плато Лангр в Бургундии  •...

Disambiguazione – Se stai cercando il chimico tedesco o l'attore austriaco omonimi, vedi Otto Fischer (disambigua). Questa voce sugli argomenti calciatori austriaci e allenatori di calcio austriaci è solo un abbozzo. Contribuisci a migliorarla secondo le convenzioni di Wikipedia. Segui i suggerimenti dei progetti di riferimento 1, 2. Otto Fischer Nazionalità  Austria Calcio Ruolo Allenatore (ex-attaccante) Termine carriera 1928 (giocatore)1941 (allenatore) Carriera Giovanili ???...