André Joubert
|
|
|
Volle naam
|
André Johan Joubert
|
Geboortedatum
|
15 April 1964 (1964-04-15) (60 jaar oud)
|
Geboorteplek
|
Ladysmith, Suid-Afrika
|
Lengte
|
1,87 m
|
Massa
|
92 kg
|
Skool
|
Ladysmith Hoërskool
|
Universiteit
|
Universiteit van die Vrystaat
|
Eggenote
|
Sandra
|
Rugbyloopbaan
|
Loopbaan as speler
|
Posisie(s)
|
Heelagter
|
Provinsiale- / Staatspanne
|
Jare
|
Klub / span
|
Weds
|
(pte)
|
1986–1991 1992–1999
|
Vrystaat Haaie
|
33 95
|
(292) (873)
|
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap
|
Jare
|
Klub / span
|
Weds
|
(pte)
|
1996–1999
|
Haaie
|
35
|
(224)
|
|
|
Nasionale span(ne)
|
Jare
|
Land
|
Weds
|
(pte)
|
1989–1997
|
Suid-Afrika
|
34
|
(115)
|
Nasionale Sewesspan
|
Jare
|
Land
|
Toernooie
|
1992–1994
|
Suid-Afrika
|
|
André Johan Joubert (gebore 15 April 1964 in Ladysmith, KwaZulu-Natal) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler. Hy was welbekend as "die Rolls-Royce van Heelagters" vir sy spoed, klas en moeitelose styl.[1] Hy het 34 keer op heelagter vir die Springbokke uitgedraf in die 1990′s, en 115 toetspunte waarvan tien drieë, 17 strafskoppe en sewe doelskoppe opgestapel.[2] Hy was 'n lid van die span wat die Rugbywêreldbeker 1995 gewen het.
Rugbywêreldbeker 1995
Joubert het 'n groot rol in die Springbokke se sukses tydens die Rugbywêreldbeker 1995 gespeel. Hy het 'n uitstaande vertoning gelewer in die 15–12-oorwinning teen die All Blacks in die eindstryd,[1] al het hy met 'n gebreekte hand gespeel. Die kwarteindstryd was byna Joubert se laaste toe hy sy hand gebreek het in kontak met die Wes-Samoaanse speler George Harder. Hy het daardie selfde nag 'n operasie ondergaan.
Verwysings