George Moir Christie, beter bekend as Kitch Christie (31 Januarie 1940, Johannesburg – 22 April 1998), was 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler en veral bekend as die afrigter van die Springbokke toe hulle die Rugbywêreldbeker in 1995 gewen het. Hy was onoorwonne as rugbyafrigter tussen 1994 en 1996.
Springbokafrigter
Die Springbokke se afrigtingspos het in die middel van 1994 beskikbaar geword, nadat Ian McIntosh ontslaan is ná 'n reeks nederlaë teen die All Blacks in Nieu-Seeland. Luyt was daarvan oortuig dat Christie die man was wat moet oorneem na sy sukses in Transvaal, en in Oktober 1994 het Christie die aanbod aanvaar.
Christie was betrokke tydens die mees drukkende tydperk in Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis – die aanloop tot die 1995 Rugbywêreldbeker, wat deur Suid-Afrika aangebied word, en die eerste groot kompetisie vir die Springbokke ná hul terugkeer na internasionale spel na apartheid. Christie het net nege maande gehad om die span af te rig vir die Wêreldbeker.