Kalenders
|
|
Die jaar 1347 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 47ste jaar van die 14de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Volgens die Juliaanse kalender het die jaar op 'n Maandag begin.
Gebeure
Januarie tot Junie
- 2 Februarie – Die Bisantynse Burgeroorlog tussen Johannes VI Kantakouzenos en Johannes V Palaiologos eindig met Kantakouzenos wat Konstantinopel binne dring.
- 8 Februarie – Die Bisantynse Burgeroorlog word beëindig met die ondertekening van 'n verdrag. Hiervolgens sal Kantakouzenos vir 10 jaar as senior keiser regeer en daarna sal hy en Palaiologos gesamentlik regeer. Om die verdrag te beseël sou Kantakouzenos se dogter met Palaiologos trou.
- Mei
- Palaiologos trou met Kantakouzenos se dogter, Helena.
- Genuese skepe vanaf Kaffa stop in Konstantinopel en versprei sodoende die Swart Dood deur die stad.
- 20 Mei – Cola di Rienzo verklaar homself die keiser van Rome.
Julie tot Augustus
Ongedateerd
- Die Mamluke Ryk word deur die Swart Dood in die herfs getref. Bagdad word later dieselfde jaar geraak.
- Jode in Pole word die eerste keer van rituele moorde beskuldig.
- 'n Skip waarvan die bemanning met die Swart Dood besmet is, kom in Sisilië aan. Dit word as die begin van die Swart Dood in Europa bestempel.
Rampe
- Suidoos-Asië lei onder 'n droogte.
- 'n Giftige graan swam veroorsaak hongersnood in Frankryk.
Geboortes
Sterftes
- 2 Februarie – Thomas Bek, biskop van Lincoln (* 1282)
- 29 April – Maria de Evreux, prinses van Navarre en vrou van Peter IV van Aragon (* 1329)
- Junie – John de Warenne, 8ste Graaf van Surrey (* 1286
- 11 Junie – Bartolomeus van San Concordio, Italiaans-Dominikaanse kanonier en intellektueel (* 1260)
- 7 September – Margaret de Audley, dogter van Hugo de Audley van Gloucester (* 1318)
- 11 Oktober – Lodewyk IV van Beiere, keiser van die Heilige Romeinse Ryk (* 1 April 1282)
- November – Richard de Pilmuir, biskop van Dunkeld.
- 12 November – Johannes Victorensis, Duitse kroniekskrywer en historikus.
- 15 November – James I van Urgell, prins van Aragon (* 1321)
- Datum onbekend
- Willem van Ockham, Engelse filosoof en teoloog (* 1288)
- John de Egglescliffe, Engelse biskop.
- Peter III van Arborea, regter van Arborea.
- Blanca Fernanda de la Cerda y Lara, Spaanse edelvrou (* ca. 1317)
- Adam Murimuth, Engelse kroniekskrywer (* ca. 1274/75)