12 Maart is die 71ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (72ste in 'n skrikkeljaar ). Daar volg nog 294 dae in die res van die jaar.
Gebeure
1999 – Tsjeggië, Hongarye en Pole sluit by die NAVO aan
515 v.C. – Bouwerk aan die Tempel in Jerusalem word voltooi.
1088 – Pous Urbanus II volg Pous Victor III op.
1144 – Pous Lucius II volg Pous Celestinus II op.
1178 – Pous Alexander III keer na Rome terug na sy tweede ballingskap.
1239 – Pous Gregorius IX ekskommunikeer keiser Frederik II vir die tweede keer.
1272 – Tebaldo Visconti (na 27 Maart Pous Gregorius X ) tot priester gewy.
1278 – Pous Nicolaas III maak sy nefie Latino 'n kardinaal.
1278 – Pous Nicolaas III maak Girolamo Masci d'Ascoli (later Pous Nicolaas IV kardinaal-priester van Sint Prassede.
1403 – Die konsilie van Constance set Teenpous Benedictus XIII af en ekskommunikeer hom.
1443 – Pous Eugenius IV stel Tommaso Parentucelli (later Pous Nicolaas V ) aan as vise-camerlengo.
1488 – Bartolomeus Dias rig 'n kalksteenkruis op by Kwaaihoek .
1565 – Pous Pius IV stel nog 23 kardinale aan waaronder Ugo Boncompagni (later Pous Gregorius XIII ).
1612 – Alessandro Ludovisi (later Pous Gregorius XV ) word aartsbiskop van Bologna .
1622 – Pous Gregorius XV verklaar Teresa van Avila, Francis Xavier, Ignatius van Loyola, Philip Neri en Isodore die Werker, heilig.
1622 – Pous Gregorius XV publiseer sy bul Decet Romanorum pontificem oor pouslike verkiesings.
1652 – Pietro Vito Ottoboni (later Pous Alexander VIII ) word kardinaal-priester van S. Salvatore in Lauro.
1664 – New Jersey word 'n kolonie van Groot-Brittanje .
1699 – Pous Innocentius XII publiseer die brief Com Alias teen kwiëtisme.
1894 – Coca-Cola vir die eerste keer in bottels verkoop.
1912 – Die Girl Guides (later hernoem as die Girl Scouts in die VSA ) word gestig in die VSA.
1913 – Canberra word die hoofstad van Australië .
1928 – In Kalifornië breek die St. Francis-dam en 400 sterf.
1930 – Mahatma Gandhi lei 'n 200-myl protesmars na die see ten spyte van die Brittanje se teenkanting, om te protesteer teen die Britse monopolie op sout .
1933 – Groot Depressie : Franklin D. Roosevelt spreek die nasie toe vir die eerste keer as President van die Verenigde State .
1938 – Anschluss : Duitse troepe beset Oostenryk ; anneksasie word die volgende dag verklaar.
1940 – Winteroorlog : Finland teken 'n vredesverdrag met die Sowjetunie . Finse troepe en die oorblywende bevolking word onmiddellik ontruim.
1947 – Die Truman Doctrine is verklaar om die verspreiding van Kommunisme te keer.
1951 – Die Dennis the Menace tekenprent verskyn die eerste keer in koerante oor die VSA.
1968 – Mauritius verkry onafhanklikheid.
1987 – Les Misérables open in Broadway .
1992 – Mauritius word 'n republiek maar bly 'n lid van die Britse Statebond .
1993 – Verskeie bomme ontplof in Mumbai , Indië , en ongeveer 300 mense sterf, en verskeie meer word verwond.
1993 – Noord-Korea kernwapenprogram: Noord-Korea sê dat hulle beplan om te onttrek van die Nuclear Nonproliferation Treaty en weier om inspekteurs toegang te gee na kernterreine.
1994 – 'n Foto van Marmaduke Wetherell, voorheen beskou as 'bewys' van die bestaan van die Loch Ness-monster, bevestig as 'n poets.
1997 – Mikail Markhasev word gearresteer in Los Angeles vir die skiet van Bill Cosby se 27-jare-oue seun, Ennis Cosby.
1999 – Voormalige lede van die Warskouverdrag Tsjeggië , Hongarye en Pole sluit by die NAVO aan.
2002 – In Texas word Andrea Yates skuldig bevind van die verdrinking van haar vyf kinders op 20 Junie 2001 . Sy word later tot lewenslange tronkstraf veroordeel.
2003 – Zoran Djindjic, Eerste Minister van Serwië , word om die lewe gebring in Belgrado .
Geboortes
1607 – Paul Gerhardt , Duitse teoloog en komponis van kerkliedere († 1676 ).
1685 – George Berkeley , Ierse filosoof († 1753 ).
1710 – Thomas Arne , Engelse komponis († 1778 ).
1863 – Gabriele D'Annunzio , digter, († 1938 ).
1871 – Sen. F.S. Malan , Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister († 1941 ).
1879 – Alfred Abel , Duitse akteur en filmregisseur († 1937 ).
1881 – Kemal Atatürk , stigter en eerste president van die Turkse Republiek († 1938 ).
1888 – Hans Knappertsbusch , Duitse dirigent († 1965 ).
1890 – Vaslav Nijinsky , Russiese ballet -danser († 1950 ).
1921 – Gordon MacRae , sanger, akteur († 1986 ).
1922 – Jack Kerouac , Amerikaanse skrywer († 1969 ).
1923 – Walter M. Schirra , Amerikaanse ruimtevaarder († 2007 ).
1928 – Edward Albee , Amerikaanse dramaturg († 2016 ).
1941 – Hercules von Molendorff , rugby- en krieketspeler van die Boland († 2006 ).
1946 – Liza Minnelli , sanger en aktrise.
1947 – Mitt Romney , Amerikaanse sakeman, politikus en voormalige goewerneur.
1947 – Rupert Frazer , Britse akteur .
1968 – Aaron Eckhart , Amerikaanse akteur.
1972 – Arno Carstens , Suid-Afrikaanse internasionale sanger en liedjieskrywer.
1985 – Pieter Howes , Suid-Afrikaanse akteur, regisseur en joernalis. († 2019 ).
1990 – Karla Pretorius , 'n Suid-Afrikaanse netbalspeler.
Sterftes
417 – Pous Innocentius I , die 40ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* datum onbekend).
604 – Pous Gregorius I , die 64ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±540 ).
1507 – Kardinaal Cesare Borgia, seun van Pous Alexander VI (* 1475 ).
1619 – Richard Burbage , Engelse verhoogakteur en teater-eienaar (* 1567 ).
1820 – Sir Alexander Mackenzie , Skotse pelshandelaar en ontdekkingsreisiger (* 1764 ).
1937 – Jenő Hubay , Hongaarse violis en komponis (* 1858 ).
1942 – Robert Bosch , Duitse nyweraar, ingenieur en uitvinder (* 1861 ).
1945 – Anne Frank , Joodse dagboekskrywer in Nederland (* 1929 ).
1945 – Friedrich Fromm , Duitse generaal (* 1888 ).
1946 – Ferenc Szálasi , Hongaarse militêre offisier en politikus (* 1897 ).
1955 – Charlie Parker , Amerikaanse jazz saxofoonspeler (* 1920 ).
1985 – Eugene Ormandy , (Jena Belö) dirigent, violis (* 1899 ).
1992 – Dirk Kotzé , Suid-Afrikaanse geskiedkundige (* 1927 ).
1999 – Sir Yehudi Menuhin , Amerikaanse violis (* 1916 ).
2001 – Robert Ludlum , Amerikaanse outeur van rillerromans en speurverhale (* 1927 ).
2011 – Hubert du Plessis , Suid-Afrikaanse komponis en pianis (* 1922 ).
2015 – Terry Pratchett , Britse outeur (* 1948 ).
2021 – Koning Goodwill Zwelithini , koning van die Zoeloenasie van 1968–2021 (* 1948 ).
2021 – Ferdi Hartzenberg , Suid-Afrikaanse politikus en laaste leier van die Konserwatiewe Party (* 1936 ).
2021 – Noxolo Maqashalala , Suid-Afrikaanse aktrise (* 1977 ).
Vakansiedae
Antieke Letland - Gregoru Diena word gevier
Mauritius - Nasionale dag
Swede - Naamdag vir Victoria, Kroonprinses van Swede, 'n amptelike Vlagdag
Feesdag van Pous Innocentius I in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 12 March .
Information related to 12 Maart