Noxolo Maqashalala (1977 – 12 Maart 2021) was 'n Suid-Afrikaanse aktrise wat onder die naam Noxee bekend gestaan het.
Loopbaan
Maqashalala is in KwaBhaca, Oos-Kaap, gebore. Haar uitbreekrol was as Viwe in die eerste drie seisoene van die jeugdramareeks Tsha Tsha van 2003 tot 2005. Sy verskyn ook in die TV-sepies Generations, Binnelanders, Dream World en Intersexions, SABC 2 se Gauteng Maboneng, en e.tv se Rhythm City, Easy Money, Mzansi Love en The Kingdom - uKhakhayi.[1] Sy het ook in 2018 in die SABC 1-regsdrama Diamond City gespeel en is as uitvoerende vervaardiger van die program bekroon.[2] Diamond City verskyn hierna ook op Netflix.
Afsterwe
Sy is op 12 Maart 2021 in haar huis in Johannesburg oorlede op 44 jarige ouderdom. [3][4] Die Oos-Kaapse LUR vir kuns, kultuur, sport en ontspanning, Fezeka Nkomonye, het haar geprys as voorbeeldig in die kunste en noem haar dood 'n knou vir die bedryf. Suid-Afrika se minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, noem haar "'n uitstekende kunstenaar wat haar bes gegee het in elke rol wat sy vertolk het".[1]
Filmografie
Film
Jaar
|
Titel
|
Rol
|
Aantekeninge
|
2004
|
Hotel Rwanda
|
Chloe
|
|
2009
|
Bitterness
|
Wendy
|
|
Televisie
Jaar
|
Titel
|
Rol
|
Aantekeninge
|
1996
|
Tarzan: The Epic Adventures
|
|
Seisoen 1, episode 10
|
2003–2005
|
Tsha Tsha
|
Viwe
|
Drie seisoene
|
|
The Kingdom - uKhakhayi
|
Nopasika
|
Seisoen 1
|
|
Rhythm City
|
Zothile Gumpe
|
Seisoen 1
|
|
Mzansi Love
|
Busi
|
Seisoen 3
|
2010
|
Intersexions
|
Mandisa
|
Seisoen 1
|
|
Generations
|
Gaskunstenaar
|
Seisoen 1
|
2011
|
Gauteng Maboneng
|
Pearl
|
Seisoene 2 en 3
|
|
Easy Money
|
Zee
|
Seisoen 1
|
|
Droomwêreld
|
Joyce
|
Seisoen 2
|
|
Diamond City
|
Zandile
|
Seisoen 1
|
|
Binnelanders
|
Dokter Williams
|
Seisoen 7
|
Verwysings