X-straalkristallografie

'n Poeier-X-straal-diffraktometer in beweging

X-straaldiffraksie is 'n meetegniek wat gebruik maak van die strooiing van fotone van 'n golflengte van 0.01-0.3 nm deur elastiese botsings met elektrone in 'n vastestof.

Molekulêre strukture

Die golflengte λ van X-strale is ongeveer 0,1 nm en derhalwe bied hulle 'n uitstekende sondeerder vir (molekulêre of ander) strukture van alle kristallyne stowwe. Hierdie golflengte het dieselfde grootteorde as die kristalle se eenheidselle. Dis die geval vir metallieke, anorganiese, organiese, polimere en ook vir talle biochemiese materiale.

Strooiing en oplossende vermoë

Die strooiinghoek word in die algemeen gedefinieer as 2θ (en nie as θ, soos in by verstrooiing van sigbare lig nie).

Die maatstaf van die tegniek kan geskryf word as:

dobs = λ/(2sinθ)
1/dobs = (2sinθ)/λ

Die maatstaf d is die omgekeerde van die oplossende vermoë: 1/d en die oplossende vermoë neem dus toe namate die hoek vergroot word. Omdat die golflengte ongeveer dieselfde grote het as die atoomafstande kan hierdie tegniek die elektrondigtheid ρ =ψ*ψ na atomiese groottes afskaal. (Die funksie ψ is die komplekse elektrongolffunksie).

By verstrooiing van nie-kristallyne stowwe soos glase, vloeistowwe of gasse is daar verstrooide fotone by alle hoeke. Die intensiteit word in die algemeen weergegee as 'n funksie van die strooiingvektor q:

q= 2π/d = 4п.sinθ/λ

Hierdie notasie stel mens in staat om data van verskillende golflengtes maklik te vergelyk. Die vektor q kan ook gesien word as 'n maatstaf vir momentumoordrag by die elastiese botsing van die foton met 'n elektron. Die energieoordrag daarby is gelyk aan nul, d.w.s. volkome elasties.

Diffraksie

Die invallende straal (van links bo) veroorsaak dat elke verstrooier 'n klein porsie van sy intensiteit heruitstraal as 'n sferiese golf. As die verstrooiers simmetries gerangskik is met skeidings d, sal hierdie sferiese golwe slegs in fase wees (konstruktief interfereer) in rigtings waarin hulle padlengteverskil van 2d sin θ gelyk is aan 'n heelgetal-veelvoud van die golflengte λ. In daardie geval word 'n deel van die invallende straal teen 'n hoek van 2θ gedeflekteer, wat 'n refleksie-kol in die diffraksiepatroon meebring.

By 'n kristallyne stof is daar net strooiing moontlik as die maatstaf dobs gelyk is aan een van die raamwerkafstande dhkl van die kristallyne struktuur. By ander hoeke tree totale destruktiewe interferensie op. Hoeke waarby dobs=dhkl en die interferensie konstruktief is word die Bragg-hoeke genoem. Die interferensie is die rede waarom dit nou diffraksie en nie strooiing genoem word nie, maar die eksperiment bly dieselfde.

X-straaldiffraksie word toegepas op enkelkristalle maar ook op poeiers. Enkelkristaldiffraksie is 'n tegniek waaruit driemensionale data verkry word. By poeierdiffraksie is dit eendimensionale data, wat veral gebruik word om vastestowwe te identifiseer en minder om hulle struktuur te bepaal.

Biologiese toepassing

X-straaldiffraksie is die hoofmetode waarvolgens die gedetailleerde driedimensionale strukture van molekules – in besonder die molekules van lewende stelsels – ontdek is. Die hoeveelheid inligting wat uit die ondersoek van enige stof afgelei kan word, hang uiteindelik af van hoe fyn die sondeerder is wat aangewend word. So word 'n ondersoek van biologiese weefsels met behulp van die optiese mikroskoop byvoorbeeld beperk deur die golflengte van sigbare lig, wat in die omgewing van 500 nm is. Besonderhede van molekulêre rangskikking in die weefsel is derhalwe nie ontleedbaar nie, aangesien hulle net 1 tot 10 nm van mekaar is.

Hierdie tegniek is byvoorbeeld gebruik om die gedetailleerde driedimensionale struktuur van 'n groot hoeveelheid proteïene te bepaal en om te demonstreer dat DNS normaalweg 'n dubbelstring-heliese molekule is. In laasgenoemde geval was die X-straaldiffraksiedata egter nie voldoende nie en was chemiese inligting nodig om af te lei dat die molekule helies was, met komplementêre basispare. Die toepassing van X-straaldiffraksietegnieke op makromolekules was meer as net 'n uitbreiding van die idees vir kleiner molekules. Nie net is dit moeiliker om groter molekules te kristalliseer nie, maar nuwe skemas om die fases van die diffraksiegolwe eksperimenteel te bepaal, moes ook ontwikkel word ten einde sulke strukture te ontleed.

Die koms van toegewyde sinchrotron-ligbronne met hoë-intensiteitsbundellyne vir biologiese navorsing het nie net die spoed van data-insameling van proteïenkristalle geweldig versnel nie, maar het ook onderskeiding verbeter deurdat stralingskade aan die kristalle beperk is.

Die gebruik van invoegingstoestelle het intensiteitstoenames tot gevolg gehad wat geskik was om 'n Laue-diffraksiepatroon in tydgrepe van millisekonde-ordes te bepaal, wat dit moontlik maak om dinamiese veranderings in die makromolekulêre struktuur in spiersaamtrekbaarheid te ondersoek, sowel as in die wisselwerkings tussen ensieme en substrate of tussen beherende proteïene en DNS.

'n Aanvullende tegniek tot X-straaldiffraksie is neutrondiffraksie. Hierdie tegniek is besonder bruikbaar omdat waterstof 'n groot negatiewe verstrooiingskrag het en dus sterk verstrooi. Wat meer is, deur deuterium deur waterstof te vervang, word die grootte en teken van die verstrooiingskrag verander, wat dit moontlik maak om 'n struktuur te ondersoek waarin die verstrooiing verander is sonder 'n verandering in struktuur. Die merk van die molekulêre en sellulêre selorgane met deuterium maak dit moontlik om hul posisie en struktuur geredelik na te spoor.

Eksterne skakels

Read other articles:

Guardia SanframondiKomuneComune di Guardia SanframondiLokasi Guardia Sanframondi di Provinsi BeneventoNegara ItaliaWilayah CampaniaProvinsiBenevento (BN)Luas[1] • Total21,1 km2 (8,1 sq mi)Ketinggian[2]428 m (1,404 ft)Populasi (2016)[3] • Total5.846 • Kepadatan280/km2 (720/sq mi)Zona waktuUTC+1 (CET) • Musim panas (DST)UTC+2 (CEST)Kode pos82034Kode area telepon0824Situs webhttp://www...

 

Artikel bermasalah Ini adalah artikel yang memenuhi kriteria penghapusan cepat artikel tentang orang, hewan individu, organisasi (grup musik, klub, perusahaan, dll.), konten web, atau peristiwa yang terselenggara yang tidak mengindikasikan kepentingan subjeknya. Lihat KPC A7.%5B%5BWP%3ACSD%23A7%7CA7%5D%5D%3A+Artikel+yang+tidak+dapat+memberikan+klaim+kepentingan+subjekA7 Jika artikel ini tidak memenuhi syarat KPC, atau Anda ingin memperbaikinya, silakan hapus pemberitahuan ini, tetapi...

 

Kopi KhopSajian kopi khop khas Aceh Barat.JenisPanasNegara asalAcehBahankopi, gula Kupi khop adalah sebuah minuman kopi khas Meulaboh, Aceh Barat. Kopi tersebut disajikan pada gelas yang ditempatkan dalam keadaan terbalik di sebuah piring kecil dan diminum dengan cara menyeruput atau menyedot cairan kopi yang ada di piring kecil sampai menyisakan ampas kopi yang ada di dalam gelas terbalik tersebut.[1] Dalam bahasa Aceh, kupi khop memiliki arti kopi terkelungkup atau terbalik.[2&#...

Keuskupan ButuanDiœcesis ButuanensisDiyosesis hong ButuanKatolik Katedral Santo Yusuf ButuanLambang Keuskupan ButuanLokasiNegara FilipinaWilayahKota Butuan, Agusan del Norte dan Agusan del SurProvinsi gerejawiCagayan de OroStatistikLuas11.276 km2 (4.354 sq mi)Populasi- Total- Katolik(per 2012)1.441.0001,136,000 (78.8%)Paroki52Imam109 [1]InformasiDenominasiKatolik RomaGereja sui iurisGereja LatinRitusRitus RomaPendirian20 Maret 1967KatedralKated...

 

Chemical compound RitodrineClinical dataPronunciation/ˈraɪtoʊdriːn/ RY-toh-dreen AHFS/Drugs.comMicromedex Detailed Consumer InformationRoutes ofadministrationOral (tablets), parenteral (IV)ATC codeG02CA01 (WHO) Legal statusLegal status US: Discontinued Pharmacokinetic dataProtein binding~56%MetabolismHepatic, metabolites are inactive[1]Elimination half-life1.7–2.6 hoursIdentifiers IUPAC name 4-[2-[[(1R,2S)-1-hydroxy-1-(4-hydroxyphenyl)propan-2-yl]amino]...

 

1966–1975 strike by Aboriginal Australians 17°23′13″S 131°06′59″E / 17.38698°S 131.11641°E / -17.38698; 131.11641 The Wave Hill walk-off, also known as the Gurindji strike, was a walk-off and strike by 200 Gurindji stockmen, house servants and their families, starting on 23 August 1966 and lasting for seven years. It took place at Wave Hill, a cattle station in Kalkarindji (formerly known as Wave Hill), Northern Territory, Australia, and was led by Gurind...

Sungai LamandauSungai Kotawaringin, Lamandau RiverLokasi mulut sungaiTampilkan peta KalimantanSungai Lamandau (Indonesia)Tampilkan peta IndonesiaLokasiNegara IndonesiaCiri-ciri fisikHulu sungai  - lokasiKalimantan Tengah Muara sungaiLaut Jawa - lokasiKumai, Kotawaringin BaratPanjang300 km (190 mi)Informasi lokalZona waktuWIB (UTC+7)GeoNames1638633 Sungai Lamandau adalah sungai di pulau Kalimantan di bagian selatan Kalimantan Tengah, Indonesia....

 

Belt Woods Natural Environment Area in Prince George's County, Maryland A Natural Environment Area (NEA) is a unit of the Park Service of the Maryland Department of Natural Resources. These public lands are generally 1,000 acres (4 km2) or more in extent and are judged to constitute a significant natural attraction or unique geological feature. Development within an NEA is generally confined to trails, interpretive facilities and limited support facilities.[1] In contradistinctio...

 

Pour les articles homonymes, voir Alemán. Cet article est une ébauche concernant un écrivain espagnol. Vous pouvez partager vos connaissances en l’améliorant (comment ?) selon les recommandations des projets correspondants. Mateo AlemánMateo Alemán par Pedro Perret.BiographieNaissance 1547 ou septembre 1547SévilleDécès 1614MexicoFormation Université de SalamanqueUniversité d'Alcalá de HenaresUniversité de SévilleActivités Écrivain, romancierAutres informationsGenre art...

Castello reale di Senlis e priorato Saint-MauriceChâteau royal de Senlis et prieuré Saint-MauriceUbicazioneStato attuale Francia RegionePiccardia CittàSenlis Indirizzoplace du Parvis e impasse Beaumé Coordinate49°12′27″N 2°35′03″E / 49.2075°N 2.584167°E49.2075; 2.584167Coordinate: 49°12′27″N 2°35′03″E / 49.2075°N 2.584167°E49.2075; 2.584167 Informazioni generaliTipoCastello, Abbazia Inizio costruzioneX secolo CostruttoreLuigi VI...

 

Ritratto di Guidobaldo da MontefeltroAutoreRaffaello Sanzio Data1506 circa TecnicaOlio su tavola Dimensioni69×52 cm UbicazioneGalleria degli Uffizi, Firenze Il Ritratto di Guidobaldo da Montefeltro, terzo duca di Urbino, è un dipinto a olio su tavola (69x52 cm) attribuito a Raffaello Sanzio, databile al 1506 e conservato nella Galleria degli Uffizi di Firenze. Indice 1 Storia 2 Descrizione e stile 3 Bibliografia 4 Voci correlate 5 Altri progetti 6 Collegamenti esterni Storia Il dipinto...

 

Cheikh BouamamaBorn1841[1][2]FiguigDiedOctober 7, 1908(1908-10-07) (aged 66–67)[3][4]Known forLeader of the tribe Awlad Sidi Shaykh Cheikh Bouamama or Shaykh Bu 'Amamah (Arabic: الشيخ بوعمامة) led a popular resistance against French occupation in Algeria from 1881 to 1908.[5] Cheikh Bouamama was a leader of the tribe Awlad Sidi Shaykh.[6] The resistance that he led in the southwest of Algeria from 1881 to 1908.[6]...

37°23′56″N 122°01′19″W / 37.399°N 122.022°W / 37.399; -122.022 John W. Christian GreenbeltLength2.7 miles (4.3 km)LocationSunnyvale, CAEstablishedmid-1970sTrailheadsOrchard Gardens Park, Fairwood Park The John W. Christian Greenbelt is a stretch of green land in northern Sunnyvale, California. Location It is 80 feet (24 m) wide and runs east to west for 2.7 miles (4.3 km) above the Hetch Hetchy Aqueduct, linking Orchard Gardens Park on Sunnyv...

 

See also: List of ambassadors of Albania to the United States Bilateral relationsAlbanian – American relations Albania United States Diplomatic missionAlbanian Embassy, Washington, D.C.United States Embassy, Tirana Albania–United States relations are diplomatic relations between the Republic of Albania and the United States of America. Relations were first established in 1911 (some debate that it is 1912) following Albania's independence from the Ottoman Empire, ending in 1939 due to Germ...

 

Cassinetta di Lugagnano Kommun Villa Visconti Maineri Flagga Vapen Officiellt namn: Comune di Cassinetta di Lugagnano Land  Italien Region Lombardiet Storstadsregion Milano Höjdläge 125 m ö.h. Koordinater 45°25′21″N 8°54′22″Ö / 45.42247°N 8.90604°Ö / 45.42247; 8.90604 Yta 3,32 km²[1] Folkmängd 1 870 (2018)[2] Befolkningstäthet 563 invånare/km² Tidszon CET (UTC+1)  - sommartid CEST (UTC+...

Village in the civil parish of Heydour, in the South Kesteven district of Lincolnshire, England Not to be confused with Aisby, West Lindsey. Human settlement in EnglandAisbyVillage green, AisbyAisbyLocation within LincolnshireOS grid referenceTF011388• London100 mi (160 km) SCivil parishHeydourDistrictSouth KestevenShire countyLincolnshireRegionEast MidlandsCountryEnglandSovereign stateUnited KingdomPost townGranthamPostcode districtNG32Dialling&...

 

Point of reference in Euclidean space The origin of a Cartesian coordinate system In mathematics, the origin of a Euclidean space is a special point, usually denoted by the letter O, used as a fixed point of reference for the geometry of the surrounding space. In physical problems, the choice of origin is often arbitrary, meaning any choice of origin will ultimately give the same answer. This allows one to pick an origin point that makes the mathematics as simple as possible, often by taking ...

 

Art gallery in Newcastle, England, UK Laing Art GalleryLaing Art Gallery Laing Art Gallery shown within Tyne and Wear OS grid reference  NZ251645Interactive fullscreen mapLocationNewcastle upon Tyne, EnglandCoordinates54°58′30″N 1°36′32″W / 54.97500°N 1.60889°W / 54.97500; -1.60889Websitelaingartgallery.org.uk The Laing Art Gallery in Newcastle upon Tyne, England, is located on New Bridge Street West. The gallery was designed in the Baro...

Series of palaces and gardens located in Petergof, Saint Petersburg, Russia Peterhof PalaceUNESCO World Heritage SiteOfficial nameHistoric Centre of Saint Petersburg and Related Groups of MonumentsCriteriaCultural: (i)(ii)(iv)(vi)Reference540bisInscription1990 (14th Session)Area3,934.1 haCoordinates59°53′04″N 29°54′32″E / 59.88444°N 29.90889°E / 59.88444; 29.90889 The Peterhof Palace (Russian: Петерго́ф, romanized: Petergóf, IPA: [p�...

 

American voice actress Marisha RayRay in April 2017BornMarisha Ray HuberMount Washington, Kentucky, U.S.OccupationsVoice actresshostproducercreative directorYears active2005–presentSpouse Matthew Mercer ​(m. 2017)​ Marisha Ray Huber is an American voice actress, host, producer, and creative director. She is best known for portraying herself and characters Keyleth, Beauregard, and Laudna on the Dungeons & Dragons web series Critical Role. Her video game ...