Vegvliegtuig

’n F-16 Falcon (links), P-51D Mustang (onder), F-86 Saber (bo) en F-22 Raptor (regs) vlieg in ’n formasie wat vier generasies Amerikaanse vegvliegtuie verteenwoordig.

'n Vegvliegtuig is 'n spesiale vliegtuig wat ten doel het om lugoorheersing (of lugsuperioriteit) te behaal in 'n gewapende konflik. Vegvliegtuie kan beide aanvallend en verdedigend ontplooi word.

Geskiedenis

Die Wright-broers.

In 1903 het die Wright-broers die eerste suksesvolle vlugte met vliegtuie in die VSA onderneem.

Sewe jaar later het die Britse Minister van Oorlog gesê: "Ons glo nie dat vliegtuie enige nut vir oorlogsdoeleindes sal hê nie". Dié mening is wêreldwyd deur owerhede gehuldig, onder meer in Frankryk, wat vinnig besig was om die middelpunt van lugvaartkundige ontwikkeling te word. In 1912 is die Royal Flying Corps (RFC) egter in Brittanje gestig met die doel om verkenningsvlugte oor vyandelike linies uit te voer. Bloot vir die pret het die vlieëniers begin om met gewere en rewolwers na vlieërs te skiet. Teen 1913 is 'n militêre vliegtuig deur die Vickers-maatskappy tentoongestel. Dit was die sogenaamde "Experimental Fighting Biplane" en is spesiaal ontwerp sodat 'n masjiengeweer in sy neus gemonteer kon word.

Jagters

Geskiedenis van die jagter

Kort nadat die Wright-broers hul eerste suksesvolle vlug met hul vliegtuig, die Flyer I, gemaak het, is die militêre moontlikhede van die vliegtuig deur verskeie lande ondersoek. Gedurende die ltaliaans-Turkse veldtog in 1911 in Libië is vliegtuie vir die eerste keer met welslae vir militêre doeleindes gebruik. In die periode voor die Eerste Wêreldoorlog het Brittanje, Frankryk en Duitsland gevegsvliegtuie op betreklik groot skaal begin bou, sodat Brittanje 179, Frankryk 350 en Duitsland 250 vliegtuie aan die begin van die oorlog gehad het.

Vergeleke met die latere oorloë het die vliegtuig in die Eerste Wêreldoorlog nog geen deurslaggewende rol gespeel nie. Die vliegtuie was nog taamlik primitief en die gevegte het oor die algemeen 'n individuele karakter gehad. Aan die einde van die Eerste Wêreldoorlog was die Britse lugmag, die Royal Air Force (RAF), met sy meer as 22 500 vegvliegtuie, die grootste lugmag ter wêreld. In die periode tussen die 2 wêreldoorloë is vegvliegtuie verder ontwikkel en verbeter.

Twee verskillende soorte vegvliegtuie, die jagter en die bomwerper, het mettertyd ontstaan. In die Tweede Wêreldoorlog het vegvliegtuie 'n beslissende rol in die verloop van die oorlog gespeel. Jagters en bomwerpers het 'n groot rol gespeel in die Slag om Brittanje en in die lugaanvalle op groot Britse en Duitse stede. Aan die begin van die Tweede Wêreldoorlog het Duitsland sowat 4 000, Brittanje sowat 2 200, Frankryk sowat 4 000 (baie was verouderd). die Sowjetunie sowat 15 000 (wat egter hoegenaamd geen kans teen die moderne vliegtuie van die Duitse Luftwaffe gehad het nie) en die VSA sowat 2 800 vliegtuie gehad.

Japan het ook 'n groot lugmag gehad, waarvan die grootste gedeelte vanaf vliegdekskepe opgetree het. Aan die einde van die oorlog het die RAF 9 200, die Sowjetunie 20 000 en die VSA 31 200 vegvliegtuie gehad. Omdat bomwerpers al hoe vinniger geword het, moes die jagters ook vinniger vlieg en beter bewapen wees, en spesiale instrumente soos radar is ontwikkel.

Kort voor die einde van die Tweede Wêreldoorlog het Duitsland die eerste land geword wat 'n vliegtuig met 'n straalenjin gebou het (Heinkel He 178). Teenswoordig het byna alle vegvliegtuie straalaandrywing. Met die soort aandrywing ('n turbine-enjin) kan vliegtuie baie groter snelhede as met 'n lugskroef en 'n suierenjin bereik. Die Koreaanse en die Viëtnamese oorlog het vliegtuigbouers aangespoor om vegvliegtuie verder te verfyn sodat vorm en konstruksie drasties verander, snelheid verhoog en bewapening verbeter is.

Dun, deltavormige vlerke wat pylvormig gemonteer is, is ontwerp, en moderne elektroniese instrumente, soos rekenaars, radar, fotoapparaat en geleide missiele, het deel van die uitrusting geword.

Taak van die jagter

Jagters kan in twee groepe gedeel word, naamlik lugverdedigings- of onderskeppingsjagters, wat die eie lugruim moet verdedig deur vyandelike vliegtuie te onderskep en by aanvalle op vyandelike doelwitte geleiwerk moet doen, en jagterbomwerpers (aanvalsjagters of ligte bomwerpers), wat 'n meer uitgebreide taak het. Teenswoordig is die meeste jagters van laasgenoemde soort. Hulle moet nie slegs die eie lugruim kan verdedig nie, maar ook gronddoelwitte met bomme en missiele kan aanval.

Byna alle jagters kan deesdae in feitlik alle weersomstandighede gebruik word omdat hulle met boordradar uitgerus is. Die onderskeppingsjagters, wat baie vinnig moet kan vlieg en styg, word dikwels na en tydens die geveg deur die gevegsleidingsentrums op die grond gelei. Met behulp van radar lei die gevegsleier die vlieënier na die doel, totdat die vyandelike vliegtuig op die boordradar gesien kan word. As die doel binne vuurbereik is, word die missiele afgevuur, wat deesdae dikwels die doel outomaties volg en vernietig.

Alle gegewens omtrent snelheid, hoogte en koers van albei vliegtuie word deur 'n rekenaar verwerk en aan dievlieënier verskaf, sodat hy reguit op sy doelwit kan afvlieg. Die gevegsleidingsentrums van NAVO vorm saam 'n net van radarstasies, wat NADGE (NATO Air Defence Ground Environment) genoem word en die hele Europa dek. Die AWACHS-sisteem is ook deel van die beskerming van Wes-Europa. Die radarstasies en vliegvelde is altyd op 'n gereedheidsgrondslag. Jagters kan ook vir verkenning gebruik word. Hiervoor word hulle met spesiale kameras toegerus, wat in alle omstandighede, ongeag die hoogte en snelheid, presisiefoto's kan neem.

Spesiale toerusting

Omdat die hedendaagse vliegtuie baie vinnig kan versnel, ondervind vlieëniers probleme met g-kragte. Dit gebeur veral wanneer die vliegtuig skerp draaie maak, of uit 'n daal- of duik- vlug kom. Die kragte kan tot tussen 8 en 10 maal die swaartekrag oploop.

As daar nie voorsorgmaatreëls getref word nie, word die bloed uit die harsings van die vlieënier weggetrek en word hy bewusteloos. Om dit te voorkom, dra die vlieënier 'n sogenaamde g-pak, wat voorkom dat die bloed aan die harsings onttrek word. Vir vlieëniers van lugverdedigingsjagters, wat meestal op groot hoogtes (tot 25 000 m) vlieg, is daar benewens die konstante kajuit druk van die vliegtuie ook 'n spesiale drukpak ontwerp vir ingeval die, kajuitdruk wegval.

Bomwerpers

Bomwerpers is uitsluitend bestem vir die vervoer van groot ladings bomme en die werp daarvan op vyandelike installasies, troepe en nywerhede. Die aanwending van vliegtuie gedurende die Eerste Wêreldoorlog vir die afgooi van bomme het na die oorlog grotendeels tot die ontwikkeling van die bomwerper bygedra. Sedertdien het die bomwerper 'n soortgelyke ontwikkeling as die jagter deurgemaak. Die eerste egte bombardement vanuit die lug het in 1937 gedurende die Spaanse Burgeroorlog plaasgevind. Die Baskiese stad Guernica is toe grotendeels deur Duitse bomwerpers verwoes.

Dit was egter ʼn voorspel tot wat enkele jare later gedurende die Tweede Wêreldoorlog sou gebeur. Toe het vyandelike magte oor en weer bombardementsvlugte uitgevoer om mekaar se groot stede en nywerhede te bombardeer. Voorbeelde hiervan is Londen, Coventry, Keulen, Hamburg, Berlyn, Dresden, Rotterdam, Tokio en Stalingrad; Hirosjima en Nagasaki, twee groot Japanse stede, is kort na mekaar deur atoombomontploffings grotendeels verwoes.

Na die Tweede Wêreldoorlog is bomwerpers ook met straalenjins toegerus, maar in teenstelling met jagters is die vliegtuie meestal subsonies (stadiger as die snelheid van klank). Vroeër is 'n onderskeid tussen dag- en nagbomwerpers gemaak omdat die nagvliegtuie spesiale instrumente vir navigasie en die rig van bomme gehad het, maar teenswoordig het alle bomwerpers sulke toerusting. In die moderne tyd word daar tussen ligte, middelswaar en swaar bomwerpers onderskei.

Ligte bomwerpers is jagbomwerpers wat slegs 'n klein aantal bomme kan dra en 'n betreklik klein aksieradius (operasionele vliegbereik) het. Hulle word by taktiese operasies (doelwitte wat nie ver van die basis af geleë is nie) gebruik. Middelswaar bomwerpers het ʼn groter aksieradius en tree gewoonlik op van groter hoogtes as jagters, wat van baie lae hoogtes aanvalle kan uitvoer. Middelswaar bomwerpers vlieg meestal in groot getalle saam, terwyl ligte bomwerpers alleen of in klein getalle optree.

Swaar bomwerpers het 'n baie groot aksieradius en kan groot getalle bomme vervoer. By ligte bomwerpers hang die bomme onder die vlerke, terwyl dit by middelswaar en swaar bomwerpers in die bomruim van die vliegtuig vervoer word. Voorts word daar 'n onderskeid tussen taktiese en strategiese bomwerpers gemaak. Strategiese bomwerpers is altyd swaar bomwerpers, wat op baie groot hoogtes vlieg en oor spesiale rigmiddels, soos televisie en laser, beskik. Hulle kan die vyandelike gebied diep binnedring en hulle lading bomme met groot akkuraatheid op die doelwitte laat val.

Meestal is die doelwitte nywerheidskomplekse, paaie, brûe, spoorlyne en militêre installasies soos vliegvelde, missielbasisse en hawens. Die bomlading kan konvensioneel of kernbomme wees. Konvensionele redebomme is brisant-, brand-, napalm-, fragmentasie- en trosbomme (ʼn soort houer met 'n groot aantal klein bomme met 'n plofkop elk).

Die kernbomme word ook weer in taktiese en strategiese bomme onderverdeel. Die vernietigingskrag van taktiese kernbomme is nie so groot as die van strategiese kernbomme nie. Strategiese bomwerpers word dag en nag deur die VSA en die Sowjetunie in die lug gehou. Hulle ladings bomme kan deur 'n bevel wat vanaf 'n sentrale punt gegee word, geaktiveer word. Bomwerpers vir vlootdoeleindes het benewens dieptebomme vir duikbote en torpedo's vir oppervlakskepe meestal 'n groot hoeveelheid elektroniese apparaat aan boord vir die opsporing van vyandelike duikbote en oppervlakskepe.

Vir eie verdediging het bomwerpers 'n boordbewapening wat op so 'n plek in die vliegtuig geplaas is dat die bemanning hul vliegtuig teen aanvalle van enige kant af kan verdedig. Die middelswaar en swaar bomwerpers het 2 tot 8 enjins, terwyl die aantal bemanningslede van 1 of 2 by jagbomwerpers tot 12 of meer by swaar bomwerpers kan wissel.

Luggevegte

By luggevegte (Eng. "dogfights") tussen twee vliegtuie probeer die aanvallende vlieënier sy vliegtuig op die regte plek plaas om sy wapens af te vuur. Die verdediger probeer natuurlik om alles te ontduik.

'n Vegvlieënier het dikwels las van sterk gravitasiekragte (algemeen bekend as g-kragte). Die vlieënier se bloed kan deur die versterking of verswakking van die swaartekrageffek uit die kop wegvloei of instroom.

Positiewe g-kragte trek bloed weg uit die hoof, wat 'n akute bewussynsverlies (Eng. "black-out") kan veroorsaak. By 'n "black-out" verloor die vlieënier tydelik bewustheid totdat die g-kragte afgeneem. Om dit te kan teenwerk, is daar 'n spesiale uitrustingpak ontwikkel. Die G-pak word met lug opgeblaas, waardeur die bloedvloei beter verdeeld in die liggaam bly, deur 'n konstante druk van buite op die vlieënier se liggaam toe te pas.

Bewapening

Jagters en aanvalsvliegtuie is deesdae bewapen met vyf soorte wapens:

Bomme en missiele word gewoonlik onder die vliegtuig se vlerke aangeheg. Sommige missiele gelei met 'n infrarooisensor op 'n hittebron soos die uitlaat van die straalmotor, en bomme val net deur swaartekrag na benede. Die masjiengewere is gewoonlik in die neus van die vliegtuig of daar naby geplaas.

Missiele word gewoonlik gebruik as lug-tot-lugafweer in luggevegte, maar ook as lug-tot-grondmissiele om radar, tenks of skepe aan te val. Bomme word gewoonlik gebruik vir lug-tot-grondgevegte. Militêre vliegtuie met die hooftaak om bomme af te gooi, staan bekend as bomwerpers. Torpedo's word onderwater teen skepe gerig.

Sien ook

Bronnelys

Read other articles:

Questa voce sull'argomento contee del Michigan è solo un abbozzo. Contribuisci a migliorarla secondo le convenzioni di Wikipedia. Contea di LapeerconteaLocalizzazioneStato Stati Uniti Stato federato Michigan AmministrazioneCapoluogoLapeer Data di istituzione18 settembre 1822 TerritorioCoordinatedel capoluogo43°05′24″N 83°13′12″W / 43.09°N 83.22°W43.09; -83.22 (Contea di Lapeer)Coordinate: 43°05′24″N 83°13′12″W / 43.09°N...

 

 

Peta Uriménil. Uriménil merupakan sebuah komune di departemen Vosges yang terletak pada sebelah timur laut Prancis. Lihat pula Komune di departemen Vosges Referensi INSEE lbsKomune di departemen Vosges Les Ableuvenettes Ahéville Aingeville Ainvelle Allarmont Ambacourt Ameuvelle Anglemont Anould Aouze Arches Archettes Aroffe Arrentès-de-Corcieux Attignéville Attigny Aulnois Aumontzey Autigny-la-Tour Autreville Autrey Auzainvilliers Avillers Avrainville Avranville Aydoilles Badménil-aux-B...

 

 

Provinsi Seberang Laut GuineaProvíncia Portuguesa de Guiné1588–1974 Bendera Lambang Lagu kebangsaan: Hymno Patriótico (1808–26)Lagu PatriotikHino da Carta (1826–1911)Himne PiagamA Portuguesa (1911–74)PortugisStatus Jajahan Tanjung Verde Portugis (1588–1879) Koloni Kekaisaran Portugis (1879–1951) Provinsi Seberang Laut Portugis (1951–1973) Negara Bagian Kekaisaran Portugis (1973–1974) Ibu kotaBolama (1852–1942)Bissau (1942–1974)Bahasa yang umum digunakanPortugi...

Nathaniel Clyne Clyne pada Mei 2018Informasi pribadiNama lengkap Nathaniel Edwin Clyne[1]Tanggal lahir 5 April 1991 (umur 32)Tempat lahir Stockwell, London, InggrisTinggi 1,75 m (5 ft 9 in)Posisi bermain Bek KananInformasi klubKlub saat ini Crystal PalaceNomor 17Karier junior Afewee Academy1999–2008 Crystal PalaceKarier senior*Tahun Tim Tampil (Gol)2008–2012 Crystal Palace 123 (1)2012–2015 Southampton 94 (3)2015–2020 Liverpool 77 (1)2019 → Bournemouth (p...

 

 

Charles Le MoyneHarry Carey dan Charles Le Moyne dalam Sundown Slim (1920)LahirCarl Jonathan Lemon(1880-06-27)27 Juni 1880Marshall, Illinois, Amerika SerikatMeninggal13 September 1956(1956-09-13) (umur 76)Hollywood, California, Amerika SerikatPekerjaanPemeranTahun aktif1915-1937 Charles Le Moyne (27 Juni 1880 – 13 September 1956) adalah seorang pemeran film Amerika Serikat dari era film bisu. Ia tampil dalam 73 film antara 1915 dan 1937. Filmografi pilihan The Princ...

 

 

American politician Kathy BernierMember of the Wisconsin Senatefrom the 23rd districtIn officeJanuary 7, 2019 – January 3, 2023Preceded byTerry MoultonSucceeded byJesse JamesMember of the Wisconsin State Assemblyfrom the 68th districtIn officeJanuary 3, 2011 – January 7, 2019Preceded byKristen DexterSucceeded byJesse JamesChippewa County ClerkIn officeJanuary 3, 1998 – February 11, 2011DeputyDiane FinchLisa MerrellPreceded byJerome DachelSucceeded bySandi Frio...

Kawasan Konservasi Perairan Daerah Kabupaten Bone Bolango (KKPD Kabupaten Bone Bolango) adalah salah satu kawasan konservasi yang ada di Gorontalo, Indonesia. Dalam pembagian administratif Indonesia, wilayah KKPD Kabupaten Bone Bolango berada di wilayah administratif Kabupaten Bone Bolango. Dasar hukumnya adalah Surat Keputusan Bupati Bone Bolango Nomor 165 Tahun 2006. Surat keputusan ini diterbitkan pada tanggal 6 November 2006. Luas kawasan KKPD Kabupaten Bone Bolango adalah 2.460 Hektare. ...

 

 

Proposed U.S. Constitutional amendment to outlaw the acknowledgement of homosexual marriages. The Federal Marriage Amendment (FMA), also referred to by proponents as the Marriage Protection Amendment, was a proposed amendment to the United States Constitution that would legally define marriage as a union of one man and one woman. The FMA would also prevent judicial extension of marriage rights to same-sex couples. An amendment to the U.S. Constitution requires the support of two thirds of eac...

 

 

American basketball player and coach (born 1956) This article is about the basketball player and coach. For other people with the same name, see Michael Cooper (disambiguation). Michael CooperCooper at Camp Lemonnier in 2023Personal informationBorn (1956-04-15) April 15, 1956 (age 68)Los Angeles, California, U.S.Listed height6 ft 7 in (2.01 m)Listed weight170 lb (77 kg)Career informationHigh schoolPasadena (Pasadena, California)College Pasadena CC (1974–1976) N...

Indiana businessman and philanthropist For the New Zealand cricketer, see John Purdue (cricketer). John PurduePurdue c. 1870Born(1802-10-31)October 31, 1802Huntingdon County, Pennsylvania, USDiedSeptember 12, 1876(1876-09-12) (aged 73)Lafayette, IndianaResting placeMemorial Mall, Purdue UniversityOccupationIndustrialistKnown forMain benefactor of Purdue University John Purdue (/pɜːrˈduː/; October 31, 1802 – September 12, 1876) was a wealthy American industrialist in Lafa...

 

 

State electoral district NSW, Australia For the former Queensland state electorate, see Electoral district of South Coast (Queensland). South CoastNew South Wales—Legislative AssemblyInteractive map of district boundaries from the 2023 state electionStateNew South WalesDates current1927–presentMPLiza ButlerPartyLaborNamesakeSouth Coast RegionElectors56,922 (2019)Area2,799.02 km2 (1,080.7 sq mi)DemographicProvincial and rural Electorates around South Coast: Monaro Kiama...

 

 

Rhododendron fortunei Klasifikasi ilmiah Kerajaan: Plantae (tanpa takson): Tracheophyta (tanpa takson): Angiospermae (tanpa takson): Eudikotil (tanpa takson): Asterids Ordo: Ericales Famili: Ericaceae Genus: Rhododendron Spesies: Rhododendron fortunei Nama binomial Rhododendron fortuneiLindl. Rhododendron fortunei adalah spesies tumbuhan yang tergolong ke dalam famili Ericaceae. Spesies ini juga merupakan bagian dari ordo Ericales. Spesies Rhododendron fortunei sendiri merupakan bagian dari ...

American prime time soap opera (1992–1999) This article is about the 1992-1999 TV series. For the 2009 revival, see Melrose Place (2009 TV series). For the street in Los Angeles, see Melrose Place (Los Angeles). Melrose PlaceGenreSoap opera[1]Created byDarren StarStarringLinden Ashby Josie Bissett Thomas Calabro David Charvet Marcia Cross Kristin Davis Rob Estes Brooke Langton Laura Leighton Amy Locane Jamie Luner Alyssa Milano John Haymes Newton Lisa Rinna Kelly Rutherford Doug Sav...

 

 

Protected wilderness area in Arizona, United States Eagletail Mountains WildernessIUCN category Ib (wilderness area)LocationCentennial, AZ–Tonopah, AZ(Hyder, AZ), (northwest)-Sonoran Desert, Arizona, United StatesCoordinates33°26′44″N 113°23′51″W / 33.44550°N 113.39761°W / 33.44550; -113.39761Area407 km2 (157 sq mi)Established1990's The 100,600-acre (407 km2)[1] Eagletail Mountains Wilderness is part of the Eagletail Mountains ...

 

 

Extinct genus of dinosaurs MegaraptorTemporal range: Late Cretaceous, 90–88 Ma PreꞒ Ꞓ O S D C P T J K Pg N ↓ [1] Reconstructed hand Scientific classification Domain: Eukaryota Kingdom: Animalia Phylum: Chordata Clade: Dinosauria Clade: Saurischia Clade: Theropoda Clade: †Megaraptora Family: †Megaraptoridae Genus: †MegaraptorNovas 1998 Species: †M. namunhuaiquii Binomial name †Megaraptor namunhuaiquiiNovas 1998 Megaraptor (lit. 'large thief...

MillaccomuneLocalizzazioneStato Francia Regione Nuova Aquitania Dipartimento Vienne ArrondissementMontmorillon CantoneLussac-les-Châteaux TerritorioCoordinate46°11′N 0°41′E / 46.183333°N 0.683333°E46.183333; 0.683333 (Millac)Coordinate: 46°11′N 0°41′E / 46.183333°N 0.683333°E46.183333; 0.683333 (Millac) Superficie41,36 km² Abitanti527[1] (2009) Densità12,74 ab./km² Altre informazioniCod. postale86150 Fuso orari...

 

 

This article relies largely or entirely on a single source. Relevant discussion may be found on the talk page. Please help improve this article by introducing citations to additional sources.Find sources: What Have You Got to Lose – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (August 2016)1978 single by Tom T. HallWhat Have You Got to LoseSingle by Tom T. Hallfrom the album Places I've Done Time B-sideThree Sofa StoryReleasedAugust 28, 1978GenreCountry...

 

 

This is a list of results of the rugby league team the Gold Coast Titans from their debut season in 2007 to present day in the National Rugby League. National Rugby League 2007 See also: 2007 Gold Coast Titans season Round Opponent Venue Result Score 1 St. George Illawarra Dragons Suncorp Stadium Loss 18 - 20 2 Cronulla-Sutherland Sharks Carrara Stadium Win 18 - 16 3 Canterbury-Bankstown Bulldogs Telstra Stadium Loss 6 - 22 4 Penrith Panthers CUA Stadium Win 24 - 22 5 Brisbane Broncos Suncor...

English cricketer This article is about the cricketer and footballer. For the footballer born 1982, see Brian Close (footballer, born 1982). Brian CloseCBEBrian Close in 1950Personal informationFull nameDennis Brian CloseBorn(1931-02-24)24 February 1931Rawdon, Yorkshire, EnglandDied13 September 2015(2015-09-13) (aged 84)Baildon, Yorkshire, EnglandBattingLeft-handedBowlingRight-arm off breakRight-arm mediumRoleAll-rounderInternational information National sideEngland (1949–1976) Do...

 

 

International standard for paper sizes, including A4 This article's lead section may be too short to adequately summarize the key points. Please consider expanding the lead to provide an accessible overview of all important aspects of the article. (June 2023) Visualization with paper sizes in formats A0 to A8, exhibited at the science museum CosmoCaixa Barcelona An A4 paper sheet folded into two A5 size pages ISO 216 is an international standard for paper sizes, used around the world except i...