Die testikels van kalwers, lammers, hoenders, kalkoene en ander diere word in baie dele van die wêreld geëet, dikwels onder eufemistiese name. Testikels is 'n neweproduk van die kastrasie van jong diere wat vir hulle vleis grootgemaak word en was dus 'n spesialiteit vir die laat lente,[1] hoewel hulle deesdae gevries word en heeljaar beskikbaar is.
Geregte
Testikels word op talle verskillende maniere gekook: pangebraai, gesous, gestoof, geposjeer, in diepvet gebraai in 'n deeg, in pasteie, ensovoorts. Voordat hulle gekook word, word hulle gewoonlik geblansjeer, ontvel en in koue water laat week.[2]
Name
In Engels is testikels onder baie name bekend, insluitende stones, Rocky Mountain oysters en prairie oysters.[1][3] Lamstestikels word dikwels lamb fries genoem.[4]
Eufemismes word in baie tale gebruik. In Arabiese lande soos Libanon, Sirië en Irak is hulle bekend as baid ghanam en in Turkye as koç yumurtası, wat in albei tale "skaapeiers' beteken.[5]
In sommige Spaanssprekende lande in Latyns-Amerika is hulle bekend as criadillas of huevos de toro, "buleiers"; in Chinees, as 牛宝 (Pinyin: niú bǎo), "osskatte" en in Grieks as αμελέτητα, "onnoembares".
Die Franseanimelles ("ingewande") en Italiaansegranelli ("korrels") was eers eufemismes, maar het die standaardname van geregte geword.[6][7]