’n Kalkoen is ’n groot voël in die genusMeleagris wat inheems aan die Amerikas is. Die mannetjies van albei spesies het ’n kenmerkende vlesige uitgroeisel of lel wat van die bokant van die snawel hang. Hulle is van die grootste voëls in hul soort. Soos die geval is met baie lede van die ordeGalliformes, of Hoendervoëls, is die mannetjies groter en baie kleurryker as die wyfies.
Taksonomie
Kalkoene val in die familiePhasianidae (fisante, patryse, korhoenders en hul verwante) in die orde Galliformes.[1] Die genus Meleagris is die enigste oorlewende genus in die subfamilie Meleagridinae.
’n Paar kalkoene is van fossiele af beskryf. Die Meleagridinae is van die vroeë Mioseen (sowat 23 miljoen jaar gelede) af bekend, met die uitgestorwe genera Rhegminornis (vroeë Mioseen) en Proagriocharis (laat Mioseen / vroeë Plioseen). Eersgenoemde was waarskynlik ’n basale kalkoen en die ander een ’n meer kontemporêre voël wat nie baie soos bekende kalkoene was nie; albei was baie kleiner. ’n Kalkoenfossiel wat nie tot Meleagris behoort nie, maar ’n soortgelyke voël was, is van die laat Mioseen af bekend.[3] In die moderne genus Meleagris is ’n hele aantal spesies al beskryf, want kalkoenfossiele is taamlik sterk en volop, en daar is groot verskille tussen individue. Baie van hierdie veronderstelde fossiele spesies word nou beskou as junior sinonieme. Een van hulle, die Kaliforniese kalkoen, Meleagris californica, het onlangs genoeg uitgesterf dat hulle nog deur vroeë menslike setlaars gejag is.[4] Daar word geglo hulle het uitgesterf weens die gesamentlike druk wat veroorsaak is deur menslike jagters en die klimaatsverandering aan die einde van die laaste ystyd.[5]
Gebruik deur mense
Die mens gebruik die spesie Meleagris gallopavo vir hul vleis. Hulle is van minstens 800 v.C. deur die inheemse volke van Meksiko mak gemaak. Hulle is teen 200 v.C. óf na die Suidwes-VSA uitgevoer óf ’n tweede keer mak gemaak deur die plaaslike inheemse volke. Die kalkoene is aanvanklik aangehou vir hul vere, wat in seremonies gebruik is en om klere en komberse te maak.[6] Hulle is teen omstreeks 1100 n.C. die eerste keer deur Noord-Amerikaners vir hul vleis gebruik.[6] In vergelyking met wilde kalkoene word mak kalkoene selektief geteel om groter te wees vir hul vleis.[7][8] Kalkoene word dikwels op fees- en spesiale dae soos Kersfees en Danksegging geëet.[9][10]
Galery
Verwysings
↑Crowe, Timothy M.; Bloomer, Paulette; Randi, Ettore; Lucchini, Vittorio; Kimball, Rebecca T.; Braun, Edward L. & Groth, Jeffrey G. (2006a): Supra-generic cladistics of landfowl (Order Galliformes). Acta Zoologica Sinica52(Supplement): 358–361. PDF fulltextGeargiveer 23 Junie 2010 op Wayback Machine
↑ 3,03,1Farner, Donald Stanley; King, James R. (1971). Avian biology. Boston: Academic Press. ISBN0-12-249408-3. {{cite book}}: Onbekende parameter |last-author-amp= geïgnoreer (hulp)
↑Broughton, Jack (1999). Resource depression and intensification during the late Holocene, San Francisco Bay: evidence from the Emeryville Shellmound vertebrate fauna. Berkeley: University of California Press. ISBN0-520-09828-5.; lay summary