Swartdas, algemeen bekend onder sy Engelse naam Black tie of sy Franse naam cravate noire,[1] is 'n dragkode vir aandgebeure en sosiale funksies, afgelei van die Britse en Amerikaanse kostuumkonvensies van die 19de eeu. Tradisioneel word dit slegs gedra vir funksies na 7 n.m., swartdas is minder formeel as witdas maar meer formeel as informele of besigheidsdrag. In die Verenigde State, word die here se vorm van swartdasuitrustings dikwels na verwys as 'n tuxedo.[2]
'n aandete baadjie ('n "tuxedo" genoem in Amerika), van swart of middernagblouwol, waarvan die baadjielapelle en broeknaat van sy of ander kontrasterende materiaal gemaak is.
Vandag se damesrokke vir swartdasgeleenthede dek 'n veel wyer vlak van formaliteit wat wissel van net onder die witdasstandaard[3] tot iets meer informeel soos 'n swart nommertjie. Dit mag ook die volgende insluit:
Aandskoene en
'n balrok, aandrok of 'n skemerkelkrok. Skemerkelkrokke mag lank wees, of redelik kort en hoef nie swart te wees nie.
In Engeland is 'n aandbroek met 'n palazzo snit 'n ander aanvaarbare opsie.
In teenstelling met die mansstandaard, is die besonderhede van swartdas vir dames gekoppel aan alles wat in die aand gedra word en tans in die mode is.[4]