Sun Yat-sen 孫中山
|
Sun Yat-sen in die 1910's
|
1ste Voorlopige President van die Republiek China
|
Ampstermyn 1 Januarie 1912 – 10 Maart 1912
|
Vise
|
Li Yuanhong
|
Voorafgegaan deur
|
Nuwe amp
|
Opgevolg deur
|
Yuan Shikai
|
|
Ampstermyn 10 Oktober 1919 – 12 Maart 1925
|
Voorafgegaan deur
|
Nuwe amp
|
Opgevolg deur
|
Zhang Renjie (as voorsitter)
|
Persoonlike besonderhede
|
Gebore
|
Sun Te-ming (孫德明) (1866-11-12)12 November 1866 Cuiheng, Guangdong, Qing-dinastie
|
Sterf
|
12 Maart 1925 (op 58) Beijing, Republiek China
|
Politieke party
|
Kuomintang Tongmenghui
|
Ouers
|
Sun Da-cheng (孫達成; vader) Madame Yang (moeder)
|
Eggenoot/-note
|
Lu Muzhen (1885–1915; geskei) Kaoru Otsuki (1905–1906; verlaat) Soong Ching-ling (huwelik in 1915) Chen Cuifen (1892–1925; konkubine) Haru Asada (1897–1902; konkubine)
|
Kind(ers)
|
4, waaronder Sun Fo
|
Alma mater
|
Li Ka Shing Fakulteit van Geneeskunde
|
Handtekening
|
|
Militêre Diens
|
Lojaliteit
|
Republiek van China
|
Diens/Tak
|
Weermag van die Republiek China
|
Jare in diens
|
1917–1925
|
Rang
|
Grootmaarskalk
|
Oorloë/Veldslae
|
1911-reweolusie Tweede Rewolusie Grondwetlike Beskermingsbeweging Guangdong-Guangxi-oorlog Krygsheerera
|
Sun Yat-sen (/ˈsʌn ˌjætˈsɛn/; Tradisionele Chinees: 孫逸仙; Vereenvoudigde Chinees: 孙逸仙; pinyin: Sūn Yìxiān; gebore Sun Deming; 12 November 1866 – 12 Maart 1925)[1][2] was 'n Chinese staatsman, dokter en politieke filosoof, wat as voorlopige eerste president gedien het van die Republiek China en die eerste leier van die Kuomintang (Nasionalistiese Party van China). Na hom word in die Republiek China as die "Vader van die Nasie" verwys en in die Volksrepubliek China die "Voorloper van die Rewolusie" vir sy instrumentele rol in die omverwerping van die Qing-dinastie tydens die Xinhai-rewolusie. Sun is uniek onder die Chinese leiers in die 20ste eeu omdat hy wyd eerbiedig word in beide die vasteland van China en op die eiland Taiwan.[3]
Sun word beskou as een van die grootste leiers van die moderne China, maar sy politieke lewe was een van 'n voortdurende stryd en gereelde ballingskap. Ná die sukses van die 1911-rewolusie bedank hy vinnig as president van die nuutgestigte Republiek China en gee dit oor aan Yuan Shikai. Hy het gou in ballingskap gegaan in Japan om veiligheidsredes, maar hy het teruggekeer om 'n rewolusionêre regering in die suide te stig as 'n uitdaging vir die krygshere wat 'n groot deel van die land beheer het. In 1923 het hy verteenwoordigers van die Kommunistiese Internasionaal na Kanton genooi om sy party te herorganiseer en 'n brose alliansie met die Kommunistiese Party van China aangeknoop. Hy het nie beleef hoe sy party die land verenig het onder sy opvolger, Chiang Kai-shek, in die noordelike ekspedisie nie. Hy sterf in Beijing aan galblaaskanker op 12 Maart 1925.[4]
Sun se belangrikste nalatenskap is sy politieke filosofie, bekend as die Drie beginsels van die mense: Mínzú (民族 主義, Mínzú Zhǔyì) of nasionalisme (onafhanklikheid van buitelandse oorheersing), Mínquán (民權 主義, Mínquán Zhǔyì) of "regte van die mense" (soms vertaal as "demokrasie") en Mínshēng (民生 主義, Mínshēng Zhǔyì) of lewensbestaan van mense (soms vertaal as "kommunitarisme" of "welsyn").[5][6][7]
Verwysing