Steentydperk

Gereedskap soos hierdie, wat uit steen of met behulp van steen vervaardig is, is tydens die Steentydperk gebruik.

Die Steentydperk is die deel van die geskiedenis van die wêreld wat die eerste wydverspreide gebruik van tegnologie in menslike evolusie aantoon, asook die verspreiding van die mens van die grasvelde van Oos-Afrika na die res van die wêreld. Die tydperk eindig met die ontwikkeling van landbou, die temming van sommige diere en die smelting van kopererts om bruikbare metaal te vervaardig. Daar word na dié tydperk verwys as voorgeskiedenis, aangesien die mensdom nog nie kon skryf nie en daar dus geen opgetekende rekords uit die tydperk dateer nie.

Die Steentydperk strek oor 'n tydperk van ongeveer 2,5 miljoen jaar gelede (2,3 miljoen jaar v.C.) tot ongeveer 3500 v.C. Die datums is egter slegs 'n riglyn, aangesien die oorgang tot die bronstydperk (en in sommige kulture direk na die ystertydperk) van streek tot streek verskil. Die Steentydperk bestaan uit die Paleolitikum (ook genoem die Ou of die Vroeë Steentydperk) en die Neolitikum (ook genoem die Nuwe Steentydperk). In sommige gebiede was daar ook 'n tussenfase wat bekend staan as die Mesolitikum of die Epipaleolitikum.

Ontwikkeling van die mens

Paleolitikum

Die Ou Steentydperk, ook genoem die Paleolitikum, dek 'n era van meer as 'n miljoen jaar. Die tydperk begin ongeveer 2,5 miljoen jaar gelede met die ingebruikneming van gereedskap wat uit steen vervaardig word.

Vir meer as een miljoen jaar was die styl van die gereedskap baie eenvoudig en is daar die minimum veranderings en verbeterings daaraan aangebring.

Tydens hierdie era het drastiese klimaat- en ander veranderinge plaasgevind wat die evolusie van die mens geaffekteer het. Homo erectus dateer ook uit hierdie tydperk: in 1985 het die argeoloog, Richard Leakey, die 1,2 miljoen-jaar-oue fossiele van 'n liggaam ontdek naby die Turkana-meer in Ethiopië. Die verskyning van Homo erectus word ook gekenmerk deur 'n groter verskeidenheid gereedskap. Die gereedskap van erectus suggereer dat die jag en aas van vleis reeds 'n belangrike deel van hulle dieet gevorm het. Vindplekke is ontdek wat karkasse bevat het wat met steengereedskap bewerk was, te blyke aan die merke aan bene.

Mesolitikum / Epipaleolitikum

In sommige gebiede word die oorgang van die Paleolitikum na die Neolitikum gekenmerk deur die Mesolitikum. Dié periode vanaf die einde van die laaste ystydperk (ongeveer 10 000 jaar gelede) tot ongeveer 6000 jaar gelede was gekarakteriseer deur stygende seevlakke en die behoefte om by 'n veranderende omgewing te kan aanpas asook nuwe voedselbronne te vind. Die ontwikkeling van gereedskap van mikroliet het begin as 'n reaksie op hierdie omgewingsveranderinge. Die gereedskap was gewysigde weergawes van vorige Paleolitiese gereedskap, vandaar die term "Epipaleolitikum". In Europa word die term Mesolitikum egter gebruik om na die mid-Steentydperk te verwys, aangesien die gereedskap daar, asook die manier van lewe, vanaf die Nabye Ooste ingevoer is. Daar het mikrolietiese gereedskap doeltreffende jagtogte verseker, terwyl meer komplekse vestigings, soos Lepenski Vir, om visvang ontwikkel het. Die tem van honde vir jagdoeleindes dateer waarskynlik uit hierdie era.

Neolitikum

Japannese Jomon-erdewerk is van die oudste in die wêreld. Hierdie stuk dateer uit die jaar 10 000 tot 8 000 v.C. en verskyn Nasionale Museum van Tokio in Japan.

Die Neolitikum was gekarakteriseer deur die ingebruikneming van landbou (soms verwys na as die Neolitiese Revolusie), die ingebruikneming van meer gevorderde gereedskap, die ontwikkeling van erdewerk en meer komplekse en groter vestings soos Çatal Hüyük en Jerigo. Die tydperk begin ongeveer 10 000 jaar gelede en eindig met die begin van die Bronstydperk. Die eerste Neolitiese kulture begin in die vrugbare halfmaan. Landbou en die daaropvolgende kultuur het versprei na die area om die Middellandse See, die Indus-vallei, China en Suidoos-Asië.

Alhoewel mense steeds gejag en geaas het vir vleis, was die proses van landbou ontdek. Dié ontdekking het 'n sneeubal-effek gehad: waar mense vroeër agter dieretroppe moes aantrek om 'n versekerde bron van voedsel te hê, was hulle nou verseker van voedsel vanaf die land. Aangesien die landerye op een plek gevestig was en aanhoudende sorg benodig het, het mense hulself ook in een plek begin vestig. Skuilings en wonings was nou meer permanent en mense het begin soek na maniere om hul wonings meer standvastig te maak. By Mezhirich in die Oekraïne is 15 000-jaar-oue wonings gevind wat bestaan het uit 'n komplekse, versigtig inmekaar-geweefde massa van die ribbene, dybene en rugwerwelse van mammotte.

Mense het ook begin eksperimenteer met klei en gras om hulle wonings ekstra sterkte te verleen en daar is gou ontdek dat klei ook gebruik kan word om potte en ander erdewerk te skep. Dié ontdekking het daartoe gelei dat voedsel, wat vroeër verlore gegaan het, nou in erdewerk gebêre kon word, in gedroogde vorm of deur die potte te begrawe. Die nuwe oorvloed van beskikbare voedsel het gelei tot 'n verdubbeling van die bevolking.

Danksy die toenemende behoefte vir oesting en die prosesering van plante, het afgewerkte stene en polysde steenprodukte meer algemeen geword, insluitende gereedskap om mee te slyp, te sny en te kap. Die eerste grootskaalse konstruksies was gebou, insluitende torings en mure om vestigings (soos by Jerigo) en seremoniële plekke (bv. Stonehenge). Sulke konstruksies wys dat daar genoeg bronmateriaal en onderlinge samewerking was wat groot groepe in staat gestel het om aan sulke projekte te werk. Daar word egter steeds gedebateer tot watter mate hierdie aktiwiteite die basis vir die ontwikkeling van sosiale hiërargie gevorm het. Die vroegste bewys van gevestigde handel kom uit die Neolitikum, waar nuut-gevestigde mense eksotiese produkte oor honderde kilometers sou invoer. Skara Brae, geleë op die Orkney-eilande naby Skotland, is een van Europa se beste voorbeelde van 'n Neolitiese dorpie. Die gemeenskap bevat onder ander steenbeddens, rakke en selfs 'n binnenshuise toilet wat aan 'n stroompie gekoppel is.

'n Toneel in Skara Brae, Skotland. Dit is Europa se volledigste Neolitiese dorpie.

Die Steentydperk in Suider Afrika

In Suider Afrika word ook 'n verdeling in drie tydperke Paleo-, Meso- en Neolitikum onderskei wat in 'n aantal tegnokomplekse onderverdeel word wat soms in datering mekaar effens oorvleuel. Die daterings het in 2022 nog onderwerp van navorsing gewees.[1]

Tegnokompleks Mediane ouderdom Waarskynlike duur
Neolitikum
keramiese eind-Neolitikum 774 n.C. 97-1493 n.C.
eind-Neolitikum 546 v.C. 1948 v.C.-632 n.C.
Wilton 4 387 v.C. 5834-2686 v.C.
Oakhurst 8 814 v.C. 10 839- 6 755 v.C.
Robberg 13 705 v.C. 17 973-11 195 v.C.
vroeë Neolitikum 25 998 v.C. 37 254-19 694 v.C.
Mesolitikum
eind Mesolitikum 37,7 ka 47,7-29,9 ka
ná Howiesonspoort 55,1 ka 59,6-46,4 ka
Howiesonspoort 62,4 ka 74,3-51,5
Stilbaai 75,2 ka 88,8-67,4 ka
Mosselbaai 88,2 ka 98,4-77,4 ka
Vroeë Mesolitikum 206,5 ka 266,4-126,5 ka
Paleolitikum
Fauresmith 305 ka 471,5-233,7 ka
Acheuleen 770 ka 1,23 Ma- 432 ka
Oldovan 1,61 Ma 2,18-1,08 Ma

Kultuur

Voedsel en drank

Die voedselbronne van die jagter-versamelaar-kultuur van die Steentydperk het die diere en plante wat deel van dié mense se natuurlike omgewing was, ingesluit. Verskeie organe van diere was ook genuttig, waaronder die lewer, die niere en harsings. Hulle het slegs 'n klein aantal suiwel en koolhidraat-ryke voedsel soos grane en peulgewasse genuttig.

Huidige ondersoek toon aan dat twee derdes van hul energie van dierprodukte afkomstig was.[2] Alhoewel daar geglo word dat die vetinhoud van hul diëte vergelykbaar met die vetinhoud van die huidige menslike dieet is, was die verhouding van die verskillende soorte vet verskillend as wat tans die geval is: die verhouding tussen die Omega-6 vetsuur tot die Omega-3 vetsuur was destyds ongeveer 3:1, in vergelyking met die huidige verhouding van 12:1.

Naby aan die einde van die laaste ystydperk, 15 000 tot 9 000 jaar gelede, het 'n grootskaalse uitsterwing van groot soogdiere (die Megafauna) in Asië, Europa, Noord-Amerika en Australië plaasgevind. Dit was die eerste massa-uitsterwing van die Holoseen. Dit is moontlik dat hierdie gebeurtenis die mense van die tydperk geforseer het om hul dieet te verander en dat, saam met die verskyning van landboumetodes, plantstowwe 'n algemene onderdeel van hul dieet geword het.

'n Verslag in die National Geographic News dui aan dat die eerste wynproewery moontlik plaasgevind het to Neolitiese mense die sap van wilde druiwe, wat op 'n natuurlike manier gegis het, uit diervelsakke of kru-gemaakte houtbakke gedrink het.[3]

Beskutting en habitat

Daar word beraam dat die eerste mensgemaakte struktuur ongeveer 2 miljoen jaar gelede deur Homo habilis in Oos-Afrika gebou is. Die struktuur het bestaan uit eenvoudige rangskikkings van stene om die takke van bome in sekere posisies te hou. 'n Kringvormige kliprangskikking wat 'n beraamde 500 000 jaar oud is, was ontdek by Terra Amata, naby Nice, Frankryk. Verskeie menslike habitatte wat blyk uit die Steentydperk te dateer is in verskeie dele van die wêreld ontdek. Hierdie sluit in:

  • 'n Tentagtige struktuur binne-in 'n grot naby die Grotte du Lazaret by Nice, Frankryk.
  • 'n struktuur met 'n dak wat deur hout ondersteun word, ontdek by Dolní Věstonice, Tsjeggië, dateer uit 23 000 v.C. Die mure van die struktuur was gemaak van gepakte kleiblokke en klippe.
Poulnabrone dolmen in County Clare, Ierland.
  • In Oos-Europa en Serwië is talle hutte gevind wat uit mammoetbene gebou is. Dié hutte is gebou deur mense wat gespesialiseerde mammoetjagters was. Sulke hutte is gevind in die vallei langs die Dniepr-rivier in die Oekraïne, asook naby Tsjernihiw in Tsjeggië en in die suide van Pole.
  • 'n Tent van dierhuid wat dateer uit ongeveer 15 000 tot 10 000 was ontdek by Plateau Parain, Frankryk.
  • Metalitiese grafkelders (met meerdere kamers) en dolmens (enkelkamer) was grafte met 'n reuse klipplaat wat oor soortgelyke, gerangskikte klipplate geplaas was. Sulke grafte is regoor Asië en Europa ontdek en was tydens die Neolitikum gebou.

Kuns

Prehistoriese kuns kan slegs deur bestaande voorbeelde bestudeer word. Die vorm van prehistoriese musiek word afgelei van ontdekte instrumente, terwyl wandstandige kuns op talle soorte rotse gevind is. Die laasgenoemde word verdeel in petrogliewe (rotstekeninge) en rotsskilderings. Die soorte kuns mag moontlik ook 'n religieuse doel gedien het, alhoewel daar geen bewyse daarvoor is nie.

Rotsskilderings

'n Rotsskildering by Bhimbetka, India ('n wêrelderfenisgebied).

Rotsskilderings was op rotse "geskilder" en was meer natuurlike afbeeldings as petrogliewe. In Paleolitiese tye was die teenwoordigheid van mense in grotskilderings seldsaam. Dit was meestal diere wat uitgebeeld was: nie slegs diere wat as voedsel gedien het nie, maar ook diere wat as 'n simbool vir iets gedien het, soos die renoster of groot katte (soos in die Chauvet-grot in die suide van Frankryk) wat 'n simbool vir sterkte en mag was. Sommige beelde wat wel mense verteenwoordig het was handafdrukke en half-mens/half-dierlike figure. Die Chauvet-grot in die Ardèche département in Frankryk, bevat sommige van die belangrikste beware grotskilderings van die Paleolitiese era en dateer uit ongeveer 31 000 v.C. Die Altamira-grot in Spanje bevat skilderings wat uit 14 000 tot 12 000 v.C. dateer en sluit, onder andere, ook bisons (Amerikaans buffels) in.

Die doel of betekenis van die skilderings, indien enige, is onbekend. Die grotte was nie in bewoonde areas geleë nie, so dit is moontlik dat hulle slegs vir seisoenale rituele gebruik was. Die diere word vergesel deur verskeie tekens, wat 'n moontlike bonatuurlike gebruik voorstel. Pylagtige simbole in die grotte van Lascaux, Frankryk, word soms geïnterpreteer as deel van primitiewe kalenders, alhoewel die bewyse daarvoor twyfelagtig is.[4] Die belangrikste werk van die Mesolitiese era is die Marsende Krygers, 'n rotsskildering by Cingle de la Mola, Castellón, Spanje wat vanuit die jaar 7,000–4,000 v.C. Daar word geglo dat die skildering gemaak is deur die pigmente na die rots te spoeg of te blaas. Alhoewel die skilderings gestileer is, is hulle tog natuurlik in voorkoms. Die figure is twee-dimensioneel, alhoewel hulle mekaar oorvleuel.[5]

Rituele en gelowe

Moderne studies en die omvattende analise van vondse wat uit die Steentydperk dateer, dui op sekere rituele en gelowe van dié prehistoriese mense. Daar word nou geglo dat die aktiwiteite van die Steentydperkse mense verder gestrek het as slegs die verkryging van voedsel, kleding en skuiltes. Spesifieke plegtighede rakende die afsterfte en begrafnis van mense was beoefen, alhoewel daar verskille is tussen verskillende kulture in die styl en uitvoering van hierdie gebruike. Daar was ook rituele vir geboorte, puberteit en huwelik. Verskeie Steentydperkse vindplekke, in verskeie dele van die wêreld, dui op spore van 'n gedans (enkel en in rye), asook ontgroeningsplegtighede.[6]

Verwysings

Hierdie artikel is grotendeels vertaal van die Engelse Wikipedia artikel, "Stone Age".
  1. LOMBARD, MARLIZE, JUSTIN BRADFIELD, MATTHEW V. CARUANA, TEBOGO V. MAKHUBELA, GERRIT L. DUSSELDORP, JAN D. KRAMERS, SARAH WURZ (2022). ""THE SOUTHERN AFRICAN STONE AGE SEQUENCE UPDATED (II)."". The South African Archaeological Bulletin. 77 (217): 172–212.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. Diet and Eating Habits in the Stone-Age Geargiveer 11 Augustus 2007 op Wayback Machine, by annecollins.com. Laaste besoek op 11 Junie 2005.
  3. William Cocke. "First Wine? Archaeologist Traces Drink to Stone Age. National Geographic News. 21 Julie 2004. Besoek op 11 Junie 2005.
  4. M. Hoover, "Art of the Paleolithic and Neolithic Eras Geargiveer 16 Maart 2006 op Wayback Machine," uit Art History Survey 1, San Antonio College. Julie 2001. Besoek op 11 Junie 2005).
  5. Paleolithic, Mesolithic and Neolithic Art Geargiveer 29 Junie 2006 op Wayback Machine (lesing 2, Rice University, Houston, Texas. 2 September, 1998. Besoek op 11 Junie 2005).
  6. Burial and mysticism in prehistory Geargiveer 13 Augustus 2006 op Wayback Machine by die webwerf van die Museum of Antiquities. URL besoek op 2 Augustus 2007.

Bronnelys

  • Scarre, Christopher (1988). Past Worlds: The Times Atlas of Archaeology. London: Times Books. ISBN 0-7230-0306-8.
  • Schick, Kathy D.; Toth, Nicholas (1993). Making Silent Stones Speak: Human Evolution and the Dawn of Technology. New York: Simon & Schuster. ISBN 0-671-69371-9.
  • Richard Fortey (1997). Life: An unauthorised biography. Londen: Flamingo Publishers. ISBN 0-00-638420-X.

Eksterne skakels

Read other articles:

Artikel ini tidak memiliki referensi atau sumber tepercaya sehingga isinya tidak bisa dipastikan. Tolong bantu perbaiki artikel ini dengan menambahkan referensi yang layak. Tulisan tanpa sumber dapat dipertanyakan dan dihapus sewaktu-waktu.Cari sumber: Suai bibir – berita · surat kabar · buku · cendekiawan · JSTOR Suai bibir atau sinkronisasi bibir (Inggris: lip sync, singkatan dari lip synchronisation) adalah sikap seseorang yang seolah benar-benar be...

 

County in Missouri, United States County in MissouriCallaway CountyCountyThe Callaway County Courthouse in FultonLocation within the U.S. state of MissouriMissouri's location within the U.S.Coordinates: 38°50′N 91°55′W / 38.84°N 91.92°W / 38.84; -91.92Country United StatesState MissouriFoundedNovember 25, 1820Named forJames CallawaySeatFultonLargest cityFultonArea • Total847 sq mi (2,190 km2) • Land835 sq...

 

English professional rugby league club Hull Kingston RoversClub informationFull nameHull Kingston Rovers Rugby Football ClubNickname(s)The RobinsRoversKRShort nameHull KRColoursRed and whiteFounded1882; 142 years ago (1882) (as Kingston Amateurs)Websitehullkr.co.ukCurrent detailsGround(s)Craven Park (12,225)ChairmanPaul SewellCoach Willie PetersCompetitionSuper League2023 seasonRegular Season; 4thPlayoffs; Semi Finals; (lost 12-42 Vs Wigan Warriors) Current seasonUniforms Ho...

Cet article est une ébauche concernant New York. Vous pouvez partager vos connaissances en l’améliorant (comment ?) selon les recommandations des projets correspondants. 1964 New York World's Fair L'Unisphere, symbole de la foire dans le Flushing Meadows-Corona Park. Général Type-BIE Non reconnue Thème Peace through understanding Bâtiment Unisphere Surface 262 hectares Fréquentation 51.000.000 visiteurs Organisateur Robert Moses Participants Nombre de pays 58 Organisations 18 C...

 

Katedral Zamora Zamora merupakan sebuah kota di Spanyol. Kota ini letaknya di bagian tengah. Tepatnya di wilayah otonomi Castile-Leon. Pada tahun 2009, kota ini memiliki jumlah penduduk sebesar 66.293 jiwa dan memiliki luas wilayah 149,28 km². Kota ini memiliki angka kepadatan penduduk sebesar 444,1 jiwa/km². Pranala luar Situs web resmi Artikel bertopik geografi atau tempat Spanyol ini adalah sebuah rintisan. Anda dapat membantu Wikipedia dengan mengembangkannya.lbs

 

Emma StoneStone pada tahun 2018LahirEmily Jean Stone6 November 1988 (umur 35)Scottsdale, Arizona, USAPekerjaanAktrisTahun aktif2004–sekarangTinggi168 cm (5 ft 6 in)PenghargaanDaftar penuhTanda tangan Emily Jean Emma Stone (lahir 6 November 1988) adalah aktris asal Amerika Serikat. Ia telah menerima banyak penghargaan, diantaranya satu Academy Award, satu BAFTA Award, dan satu Golden Globe Award, dan juga merupakan aktris dengan bayaran tertinggi di dunia pada tahun...

This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Pendli Pilupu – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (July 2022) (Learn how and when to remove this message) 1961 Indian filmPendli PilupuTheatrical release posterDirected byA. V. Seshagiri RaoWritten byAcharya Aatreya-Aarudhra (dialogues)Produced byD. B...

 

Pour les articles homonymes, voir Alpes maritimes (province romaine), Alpes maritimes, Alpes-Maritimes (1793-1814) et 06. Alpes-Maritimes Administration Pays France Région Provence-Alpes-Côte d'Azur Création du département 14 juin 1860 (163 ans) Chef-lieu(Préfecture) Nice Sous-préfectures Grasse Président duconseil départemental Charles-Ange Ginésy (LR) Préfet Hugues Moutouh Code Insee 06 Code ISO 3166-2 FR-06 Code Eurostat NUTS-3 FR823 Démographie Gentilé Maralpin, Maralpin...

 

Estuary in the U.S. states of Maryland and Virginia Chesapeake BayA satellite image of Chesapeake BayThe Chesapeake Bay drainage basin extends into six states, Maryland, Virginia, West Virginia, Delaware, Pennsylvania, and New York, and the federal capital of Washington, D.C.Chesapeake BayLocationMaryland and VirginiaCoordinates37°48′N 76°06′W / 37.8°N 76.1°W / 37.8; -76.1TypeEstuaryEtymologyChesepiooc, Algonquian for village at a big riverPrimary inflowsSusque...

Wessex Division43rd (1st Wessex) Division43rd (Wessex) Infantry Division43rd (Wessex) Division/DistrictFormation patch of the 43rd Division during the Second World WarActive1908–19191920–19451947–1967Country United KingdomBranch Territorial ArmyTypeInfantrySizeDivisionPeacetime HQExeterNickname(s)'Fighting Wessex Wyverns''Yellow Devils''The Wicked Wyvern'Engagements World War II Operation Epsom Operation Jupiter (Hill 112) Operation Express Operation Bluecoat (Mont Pin...

 

Not to be confused with Ford S-Max, Ford I-Max, or Ford B-Max. Motor vehicle Ford C-MaxFord C-Max 1.6 TDCi TrendOverviewManufacturerFordProduction2003–2019Body and chassisClassCompact MPVBody style5-door MPVLayoutFront-engine, front-wheel-drive The Ford C-Max (stylized as Ford C-MAX and previously called the Ford Focus C-Max) is a car produced by the Ford Motor Company from 2003 to 2019.[1] It has a five-door compact multi-purpose vehicle (MPV) design. The Ford Grand C-Max has ...

 

Village in Kent, England Human settlement in EnglandRolvendenWeatherboarded houses, RolvendenRolvendenLocation within KentArea23.28 km2 (8.99 sq mi)Population1,414 (Civil Parish 2011)[1]• Density61/km2 (160/sq mi)OS grid referenceTQ843315• London46 mi (74 km) NWCivil parishRolvendenDistrictAshfordShire countyKentRegionSouth EastCountryEnglandSovereign stateUnited KingdomPost townCranbrookPostcode districtTN...

Bnito (from Russian Batumskoye Neftepromyshlennoye i Torgovoye Obschestvo, Батумское нефтепромышленное и торговое общество), or the Caspian and Black Sea Oil Company, was an oil business founded in 1883[1] by Alphonse Rothschild of the Rothschild banking family of France.[2] Context In 1883, the Swede Robert Noble approached the French Rothschilds to finance a railway line from Baku to the Black Sea. Mayer (Alphonse) de Rothschild sec...

 

New program, and line of software development, derived from an existing one Fork (software) redirects here. For the operation whereby a process creates a copy of itself, see fork (system call). A timeline chart showing the evolution of Linux distributions, with each split in the diagram being called a fork In software engineering, a project fork happens when developers take a copy of source code from one software package and start independent development on it, creating a distinct and separat...

 

Metamorphic rock from a volcanic precursor Metavolcanic rock (a metabasalt) from Michigan, US Metavolcanic rock is volcanic rock that shows signs of having experienced metamorphism.[1] In other words, the rock was originally produced by a volcano, either as lava or tephra. The rock was then subjected to high pressure, high temperature or both, for example by burial under younger rocks, causing the original volcanic rock to recrystallize. Metavolcanic rocks are sometimes described info...

Sarv Mittra Sikri Ketua Hakim Mahkamah Agung IndiaMasa jabatan22 Januari 1971 – 25 April 1973 Informasi pribadiKebangsaanIndiaProfesiHakimSunting kotak info • L • B Sarv Mittra Sikri adalah hakim Mahkamah Agung India. Ia diangkat sebagai hakim di mahkamah tersebut pada tanggal 02 Maret 1964. Ia lalu terpilih sebagai Ketua Hakim Mahkamah Agung India pada tanggal 22 Januari 1971. Masa baktinya sebagai hakim di mahkamah tersebut kemudian berakhir pada tanggal 25 April 19...

 

بيت داود سهل  -  قرية مصرية -  تقسيم إداري البلد  مصر المحافظة محافظة سوهاج المركز جرجا المسؤولون خصائص جغرافية إحداثيات 26°17′27″N 31°48′40″E / 26.29072°N 31.81108°E / 26.29072; 31.81108 السكان التعداد السكاني 19951 نسمة (إحصاء 2006) معلومات أخرى التوقيت ت ع م+02:00  تعديل مص�...

 

Women's lifestyle magazine ELLE redirects here. For other uses, see Elle (disambiguation). ElleCover of August 1993 with Stephanie Seymour and Marcus Schenkenberg, by Richard AvedonEditorList of editorsCategoriesFashionFrequencyWeeklyTotal circulation(2023)3,203,901[1]FounderHélène Gordon-LazareffFounded1945; 79 years ago (1945), ParisFirst issue 21 November 1945; 78 years ago (1945-11-21) (France) CompanyLagardère Group (Elle brand owner; intern...

Il Movimento per l'arte concreta, o MAC, è un movimento artistico fondato a Milano nel 1948 da Atanasio Soldati, Gillo Dorfles, Bruno Munari, Gianni Monnet, Augusto Garau, Ettore Sottsass, promosso da Albino Galvano, con il fine di dare impulso all'arte non figurativa, ed in particolare ad un tipo di astrattismo libero da ogni imitazione e riferimento con il mondo esterno, di orientamento prevalentemente geometrico. Il nome del movimento si rifà ad una accezione del termine concreto, usato ...

 

هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إليها في مقالات متعلقة بها. (يوليو 2021) عوز نازع هيدروجين ألدهيد السكسينيك النصفي معلومات عامة من أنواع مرض أيضي عصبي  [لغات أخرى]‏  تعديل مصدري - تعديل   عوز نازع هيدروجين ألدهيد السكس�...