Nasionale leuse: لا إله إلا الله محمد رسول الله Lā ilāhā illā-llāhu; muhammadun rasūlu-llāhi (Arabies vir: "Daar is geen god behalwe Allah; Mohammed is die boodskapper van Allah")
a. Die opgeëiste gebied beloop 177 000 km².[6][7] b. Geldeenheid slegs geldig vir plaaslike gebruik.
Somaliland (Somalies: Soomaaliland; Arabies: صوماليلاند, Ṣūmālīlānd of أرض الصومال, Arḍ aṣ-Ṣūmāl), amptelik die Republiek Somaliland[8] (Somalies: Jamhuuriyadda Somaliland; Arabies: جمهورية أرض الصومال Jumhūrīyat Arḍ aṣ-Ṣūmāl), is 'n selfregerende gebied in die noordweste van Somalië wat poog om as 'n onafhanklike staat erken te word. In teenstelling met die suidelike dele van Somalië beskik Somaliland oor 'n werkende regering en 'n groot mate aan wet en orde. Ondanks Somaliland se relatiewe sukses word die gebied nie deur enige ander land as 'n onafhanklike staat erken nie. Somaliland het op 18 Mei1991 sy onafhanklikheid verklaar nadat die regering van Somalië in duie gestort het. Daar is sedert 2003 'n konflik tussen Puntland en Somaliland oor die toekoms van Somalië.
Hargeisa is die hoofstad en grootste stad. Somaliland het 'n oppervlakte van 76 000 km² en 'n bevolking van 6 200 000 in 2024 gehad.