Sjorwin Kets (Russies en Kalmikies: Шорвин Кец) is 'n klein dorpie in Kettsjeneri-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die Sarpa Plaaslike Munisipaliteit wat nog drie nedersettings insluit, en lê 120 kilometer noordoos van die republiek se hoofstad, Elista.
Die dorpie se naam is van Kalmikiese oorsprong en beteken "Sjorwaheuwelhelling".[1]
Demografie
Volgens Sensus 2010 het Sjorwin Kets 34 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[2]