Altsinchoeta (Russies: Алцынхута, Kalmikies: Алцңхут) is 'n dorpie in Kettsjeneri-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Altsinchoeta Plaaslike Munisipaliteit wat nog twee kleiner nedersettings, Nowi en Tsegrg, insluit. Dit lê naby die grens met Astrachan-oblast 94 kilometer noordoos van die republiek se hoofstad, Elista.
Die dorpie se naam kom van 'n Kalmikiese woord wat na 'n soort medisinale plant verwys.[1]
Demografie
Volgens Sensus 2010 het Choelchoeta 794 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[2]