Kettsjeneri (Russies: Кетченеры, Kalmikies: Көтчнр) is 'n dorp in Kalmikië, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Kettsjeneri-rajon en Kettsjeneri Plaaslike Munisipaliteit. Dit lê 112 kilometer noord van die republiek se hoofstad, Elista.
Die dorp se naam is van Kalmikiese oorsprong en kom van die etnoniem van 'n stam.[1]
Demografie
Volgens Sensus 2010 het Kettsjeneri 3 886 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorp se bevolking.[2]