Eienskappe
Algemeen
Naam
Silikontetrafluoried
IUSTC -naam
Silikontetrafloried
Struktuurformule van
Chemiese formule
SiF4
Molêre massa
104 [g/mol][ 1]
CAS-nommer
7783-61-1[ 1]
Voorkoms
Kleurlose gas, vorm wit rook met vog[ 1]
Reuk
skerp, verstikkend[ 1]
Fasegedrag
Selkonstantes
a=545,9 pm [ 2]
Ruimtegroep
I43 m
Nommer
217
Strukturbericht
D1₂
Smeltpunt
-86,8 °C[ 1] (onder druk)
Kookpunt
-94,8 °C[ 1] [ 3]
Digtheid
4,31 [kg/m3 ] @ 21 °C, rel. 3,6 [ 1]
Oplosbaarheid
reageer met water[ 1]
Kritieke temperatuur
-14,2 °C[ 1]
Kritieke druk
37,1 [bar][ 1]
Suur-basis eienskappe
pKa
Veiligheid
Flitspunt
onbrandbaar
LC50
922 ppm/h (rot)
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.
Portaal Chemie
Silikontetrafluoried (SF4 ) is 'n verbinding van silikon en fluoor . Silikon is in sy hoogste oksidasietoestand +4.
Molekuulstruktuur
Die stof is by kamertemperatuur 'n baie toksiese. onbrandbare gas en sy molekules het 'n tetraëdriese vorm. Die molekule het geen dipool nie.
Kristalstruktuur
Die vaste fase onder sy sublimasietemperatuur van -94,8 °C kristalliseer in 'n liggaamsgesentreerde kubiese rooster. Dit is die argetipe van die D1₂-struktuur in die strukturbericht-klassifikasie .[ 2]
Chemiese eienskappe
Die stof is deur Scheele in 1771 ontdek. Dit kan gevorm word deur kalsiumfluoried (vloeispaat ) met kwarts (sand) en gekonsentreerde swawelsuur te verhit:
2
C
a
F
2
(
s
)
+
2
H
2
S
O
4
(
l
)
+
S
i
O
2
(
s
)
→
h
i
t
t
e
S
i
F
4
(
g
)
↑ ↑ -->
+
2
C
a
S
O
4
(
s
)
+
2
H
2
O
(
l
)
{\displaystyle 2CaF_{2}(s)+2H_{2}SO_{4}(l)+SiO_{2}(s)\xrightarrow {hitte} SiF_{4}(g)\uparrow +2CaSO_{4}(s)+2H_{2}O(l)}
Dit gebeur in oormaat swawelsuur om die gevormde water op te neem. Anders sal silikonfluoried (onvolledig) hidroliseer en 'n mengsel van HF , waterstoffluorosilikaat H2 SiF4 en 'n gel van kieselsuur vorm.
'n Ander manier om kleinskaalse hoeveelhede van SiF4 te vervaardig is om bariumflurorosilikaat BaSiF6 te verhit:
B
a
S
i
F
6
(
s
)
→
h
i
t
t
e
B
a
F
2
(
s
)
+
S
i
F
4
(
g
)
↑ ↑ -->
{\displaystyle BaSiF_{6}(s)\xrightarrow {hitte} BaF_{2}(s)+SiF_{4}(g)\uparrow }
Die droë gas kan bo kwik versamel word.[ 4]
Verwysings
↑ 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 "Safety data sheet" (PDF) . Praxair. Besoek op 26 Julie 2023 .
↑ 2,0 2,1 "SiF (D12) structure" . Aflow.
↑ Sublimeer @ 1Atm
↑ "Silicon tetrafluoride" . Atomistry. Besoek op 27 Julie 2023 .