Die Scarlets ((cym) Y Sgarlets) is een van die vier professionele rugbyspanne van Wallis. Hulle ding mee in die Guiness Pro14, die Europese Rugbykampioenebeker en die Anglo-Walliese Beker. Die span word verbind met ’n aantal plaaslike semi-professionele en amateurklubs, insluitend Llanelli RVK, Carmarthen Quins RVK, en Llandovery RVK wat in die Walliese Premierliga speel. Die klub was aanvanklik bekend as Llanelli Scarlets maar het aan die begin van die 2008-’09-seisoen hul naam verander na die huidige.
In die 2007-’08-seisoen het Scarlets die meeste van hul tuiswedstryde op Stradey Park in Llanelli gespeel, met sommige wedstryde wat op Renbaangronde in Wrexham gespeel. Hul tuisveld, Parc y Scarlets is naby Pemberton gebou en in November 2008 geopen.
Geskiedenis
Stigting
In 2003 het die WRU besluit om die aantal top- Walliese professionele rugbyklubs van nege na vyf te verminder gedurende die bekendstelling van streeksrugbyspanne in Wallis; hiermee het hulle gepoog om die suksesvolle formate in Ierland, Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland na te boots.
Aanvanklik is beplan dat ’n streek op Stradey Park sou speel met spelers van Llanelli, Swansea en Neath.[1] Dit is toe gewysig sodat Llanelli en Swanseaa sou saamsmelt, terwyl Neath met Bridgend sou saamsmelt. Llanelli het albei voorstelle geopponeer en alleenstaande status versoek.[2] Llanelli en Cardiff is uiteindelik onafhanklik gelaat.[3] Die handelsmerk van Llanelli Scarlets is amptelik op 7 Julie 2003 bekendgestel.[4]
Die Scarlets verteenwoordig amptelik die hele westelike en noordelike Wallis maar is grootliks rondom Llanelli gebaseer. Pogings is aangewend om die klub na ander buiteposte soos Wrexham te neem. Die eienaarskap van die Scarlets-handelsmerk lê by Llanelli RVK, wat ’n tweede span het wat in die Principality Premierskap deelneem, soortgelyk aan wat Cardiff doen.
Stadion
Van 2003 tot en met die 2007-’08-seisoen het die Scarlets die meeste van hul tuiswedstryde op Llanelli se Stradey Park (ook die tuisveld van Llanelli RVK) gespeel. Hulle het egter ook wedstryde in Noord-Wallis by Wrexham se Renbaangronde gespeel om die streek se geografiese verteenwoordiging te bevorder. The 2006-’07-seisoen is beplan as die laaste wat op Stradey Park gespeel sou word. Die stadion is vervolgens gesloop om plek te maak vir woonstelle. Die Scarlets het el hul tuiswedstryde van die 2006-’07-seisoen op Stradey Park gespeel om die historiese stadion te gedenk. Hulle laaste wedstryd op Stradey Park was op 24 Oktober 2008 teen Bristol en hulle eerste wedstryd op Parc y Scarlets was op 28 November 2008 teen Munster.
Die Scarlets en Llanelli RVK se nuwe tuisveld, bekend as Parc y Scarlets,[5] is in Pemberton geleë. Die nuwe stadion het £23 miljoen gekos en bied sitplek aan 14 340 toeskouers.[6] Die eerste wedstryd op die stadion was tussen Llanelli RVK en Cardiff RVK op 15 November 2008.[7] Die stadion se hoofpaviljoen is aan die suidekant van die veld en huisves ’n nuwe Scarlets-museum en klubwinkel, sportkroeg, kleedkamers en ’n gimnasium. Volgens die planne is die hoofpaviljoen 20 meter hoog. Buite die stadion is ’n oefenplek vir die spelers asook ’n oefenveld en atletiekbaan. Die res van die terrein word deur die Parc Trostre-handelsentrum in beslag geneem.[8]