Pieter Jacobus Conradie

Prof. dr. Pieter Jacobus Conradie.

Pieter Jacobus Conradie (7 Februarie 1931 - 21 November 2021) was professor in Grieks aan die Universiteit van Stellenbosch en kenner van die drama, wat verskeie boeke oor hierdie onderwerpe skryf.

Lewe en werk

Ds. Willem Stephanus Conradie, Pieter Conradie se vader, was ten tyde van sy oudste seun se geboorte leraar van die NG gemeente Grahamstad (1929–1935).

Pieter Jacobus Conradie is op 7 Februarie 1931 in Grahamstad gebore as die oudste seun van die NG predikant ds. W.S. Conradie. Vanaf 1935 woon die gesin in die Bo-Karoo terwyl ds. Conradie leraar was van die NG gemeente Loxton en in 1941 verhuis hulle na die Kaap toe ds. Conradie 'n beroep aanneem na die NG gemeente Rondebosch, waar hy sou bly tot hy in 1948 'n beroep aanneem na sy laaste werkkring, die NG gemeente Stellenbosch. Pieter Conradie matrikuleer in 1947 aan die Hoërskool Nassau in Mowbray. Hierna studeer hy verder in die klassieke tale aan die Universiteit van Kaapstad, maar gaan ná sy eerste jaar oor na die Universiteit van Stellenbosch (moontlik omdat sy ouers in sy eerste jaar Stellenbosch toe verhuis het nadat hulle in die Rondebosse pastorie 'n hanetree van die Ikeys-kampus af gewoon het). Hier behaal hy in 1950 die B.A.-graad met lof, met Grieks en Latyn as hoofvakke en Geskiedenis en Afrikaans as byvakke. Hy behaal ook die B.A. Honneurs-graad en die M.A.-graad, terwyl hy vanaf 1951 as junior lektor ’n beginnersklas in Latyn en Grieks aanbied. In sy studie vir die M.A.-graad voltooi hy ook ’n derdejaarskursus in Hebreeus. Vanaf September 1954 studeer hy aan die Rijksuniversiteit in Utrecht in Nederland, waar hy in 1958 promoveer met ’n D.Litt. et Phil.-graad. Sy proefskrif is oor “Herakles en die Griekse tragedie”, wat ook later gepubliseer word. Hy sluit met sy terugkeer na Suid-Afrika as lektor aan by die akademiese personeel van die Universiteit van Stellenbosch en word in 1972 bevorder tot medeprofessor en in 1974 tot professor in Grieks. Wanneer die legendariese professor J.P.J. van Rensburg in 1977 aftree, word hy hoof van die departement, ’n pos wat hy tot met sy aftrede in 1994 beklee. Sy besondere belangstellingsveld is Griekse mites en tragedie en die invloed daarvan op moderne letterkunde. Hy het die gewildheid van sy driejarige kursus in Griekse drama as sy belangrikste prestasie beskou. In sy dienstydperk is hy ook grootliks instrumenteel met die instel van Klassieke Kultuur as ’n aparte studieveld.

Hy was ’n aktiewe lid van die Klassieke Vereniging van Suid-Afrika en dien ook in 1975 en 1976 as voorsitter van hierdie liggaam. In 2003 word hy verkies tot ere vise-president van hierdie liggaam ter erkenning van sy status as lektor en akademikus. Hy is ook lid van die raad van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biblioteek en dien die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in verskeie kapasiteite. Vanaf 1987 tot 1995 is hy redakteur van die Stellenbosch Klassieke Nuusbrief wat later hernoem word tot die klassieke joernaal Akroterion. In 1990 word hy verkies tot voorsitter van die Afrikaanse Skrywerskring se werkgemeenskap op Stellenbosch en is hy sekretaris van die Universiteit Onderwysvereniging op Stellenbosch. Sedert 1976 was hy ook ’n aktiewe lid van die Bergklimklub van Suid-Afrika.

Skryfwerk

Hy bundel sewe opstelle oor die drama in die letterkundige bundel [1]Spanning en ewewig”, terwyl [2]Niks is in sy tyd gesluit[3]opstelle oor veral die klassieke maar ook die[4][5]moderne drama bevat. “Herakles en die Griekse tragedie” is sy gepubliseerde proefskrif. “Avonture van die Griekse helde en gode” verwerk verhale uit die Griekse mitologie vir skoolgebruik. Hy skryf blokboeke oor “Germanicus” van N.P. van Wyk Louw en “Hoe om ’n drama te ontleed”. Verder publiseer hy meer as sewentig artikels in vaktydskrifte soos Acta Classica, Teater S.A., South African Journal for Literature, Journal for the Humanities, Standpunte, Literator en die S.A. Theatre Journal. Hierdie artikels sluit in ’n reeks met vergelykings tussen Griekse en Afrika-dramas, wat na sy aftrede in die S.A. Theatre Journal verskyn.

Publikasies

Jaar Publikasies
1958 Herakles en die Griekse tragedie
1963 The treatment of Greek myths in modern French drama
1964 Avonture van die Griekse helde en gode
1966 Germanicus van N.P. van Wyk Louw
1968 Hoe om ’n drama te ontleed
1974 Spanning en ewewig
1976 Niks is in sy tyd gesluit
1998 Die drama, ’n inleidende studie

Bronnelys

Boeke

  • HAUM “Stellenbosse Galery” HAUM-Uitgewers Kaapstad en Pretoria 1974
  • Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en ohannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983
  • Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005

Tydskrifte en koerante

  • Claassen, Jo-Marie “Pieter Jacobus Conradie: An appreciation” “Acta Classica” vol.51 Januarie 2008

Internet

Resensies

  1. Brink, André P. “Rapport” 13 Oktober 1974
  2. Van der Walt, P.D. “Die Transvaler” 28 Augustus 1976
  3. Brink, André P. “Rapport” 6 Junie 1976
  4. Van Zyl, Hannes “Beeld” 3 Mei 1976
  5. Louw, J.P. “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 15 no. 2, Mei 1977

Read other articles:

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Februari 2023. Arena baru yang dibangun di sebelah Stadion Parken di Kopenhagen diharapkan selesai pada Desember 2010. Karena krisis keuangan dan hasil tahunan yang buruk pada 2009, Parken Sport & Hiburan memilih untuk menghapus proyek tersebut.[1] Arena...

 

Untuk kapal penjelajah berat milik Italia, lihat Kapal penjelajah Italia Pola. Kain Bali memperlihatkan pola yang disusun dari beberapa ragam hias yang diulang-ulang. Pola adalah bentuk atau model yang memiliki keteraturan, baik dalam desain maupun gagasan abstrak. Unsur pembentuk pola disusun secara berulang dalam aturan tertentu sehingga dapat diprakirakan kelanjutannya. Pola dapat dipakai untuk menghasilkan sesuatu atau bagian dari sesuatu, contoh dalam dunia desain adalah seperti kertas d...

 

Minister of Environment and Climate ChangeMinistre de l'Environnement et du Changement climatiqueIncumbentSteven Guilbeaultsince October 26, 2021Environment and Climate Change CanadaStyleThe HonourableMember ofHouse of CommonsPrivy CouncilCabinet[1]Reports toParliamentPrime Minister[2]AppointerMonarch (represented by the governor general);[3]on the advice of the prime minister[4]Term lengthAt His Majesty's pleasureInaugural holderJack DavisFormation11 June...

العلاقات السويسرية الليبية سويسرا ليبيا   سويسرا   ليبيا تعديل مصدري - تعديل   العلاقات السويسرية الليبية هي العلاقات الثنائية التي تجمع بين سويسرا وليبيا.[1][2][3][4][5] مقارنة بين البلدين هذه مقارنة عامة ومرجعية للدولتين: وجه المقارنة سويسرا ...

 

Cet article est une ébauche concernant un homme politique français. Vous pouvez partager vos connaissances en l’améliorant (comment ?) selon les recommandations des projets correspondants. Pour les articles homonymes, voir Salmon. Emeric Salmon Émeric Salmon en commémoration à Lure (2023) Fonctions Député français En fonction depuis le 22 juin 2022(1 an, 9 mois et 15 jours) Élection 19 juin 2022 Circonscription 2e de la Haute-Saône Législature XVIe (Cinquiè...

 

Final Piala Liga Inggris 2015TurnamenPiala Liga Inggris 2014–2015 Chelsea Tottenham Hotspur 2 0 Tanggal1 Maret 2015StadionStadion Wembley, LondonPemain Terbaik John Terry (Chelsea)WasitAnthony Taylor (Cheshire)[1]Penonton89.294CuacaHujan[2]← 2014 2016 → Final Piala Liga Inggris 2015 adalah pertandingan final ke-55 dari turnamen sepak bola Piala Liga Inggris untuk menentukan juara musim 2014–2015. Pertandingan ini diselenggarakan pada 1 Maret 2015 di Stadion Wem...

Untuk kegunaan lain, lihat Pengabdian. PengabdianSutradaraMaman FirmansjahProduserDharmawan SusantoDitulis olehRhoma IramaPemeranRhoma IramaRicca RachimChintami AtmanagaraDicky ZulkarnaenMieke WijayaPenata musikRhoma IramaSinematograferSadeli HSPenyuntingNorman BennyTanggal rilis1984Durasi100 menitNegaraIndonesia Pengabdian adalah film Indonesia yang diproduksi pada tahun 1984 dengan disutradarai oleh Maman Firmansjah. Sinopsis Rhoma yang terlalu sibuk dengan urusan musiknya membuat ist...

 

Letak Gary di Indiana Gary merupakan kota terbesar kelima di negara bagian Indiana. Letaknya di bagian utara di negara itu, 25 mil dari kota Chicago. Kota ini memiliki jumlah penduduk sebanyak 97.715 jiwa (2006). Didirikan pada tahun 1906. Berbatasan dengan Danau Michigan dan lebih dikenal dengan perusahaan baja. Bandara utamanya di kota ini ialah Bandara Internasional Gary/Chicago. Pranala luar City of Gary, Indiana Official Page Diarsipkan 2011-02-08 di Wayback Machine. Gallery: Gary, India...

 

Office skyscraper in Manhattan, New York This article is about the building in Manhattan, New York City. For the current US Chrysler headquarters, see Chrysler World Headquarters and Technology Center. For Chrysler offices in downtown Detroit, see Chrysler House. Chrysler BuildingThe Chrysler Building in May 2009Record heightTallest in the world from May 27, 1930[1][2] to May 1, 1931[3][I]Preceded by40 Wall StreetSurpassed byEmpire State BuildingGeneral informationType...

Luke Walton Walton in azione con la maglia dei Los Angeles Lakers Nazionalità  Stati Uniti Altezza 203 cm Peso 106 kg Pallacanestro Ruolo Vice-allenatore (ex ala piccola) Squadra  Cleveland Cavaliers Termine carriera 2013 - giocatore CarrieraGiovanili Univ. of San Diego H.S.1999-2003 Arizona Wildcats129 (1.179)Squadre di club 2003-2012 L.A. Lakers493 (2.434)2012-2013 Cleveland Cavaliers50 (138)Carriera da allenatore 2011 Memphis Tigers(vice)2013-2014 L.A. ...

 

Sant'ElfegoMiniatura del XV secolo rappresentante una richiesta di consiglio a sant'Elfego Arcivescovo  NascitaWeston, 954 MorteGreenwich, 19 aprile 1012 Venerato daChiesa cattolica, Comunione anglicana Canonizzazione1078 da papa Gregorio VII Ricorrenza19 aprile Attributiparamenti arcivescovili ed un'ascia in mano Manuale Elfego di Canterburyarcivescovo della Chiesa cattolica  Incarichi ricopertiVescovo di WinchesterArcivescovo di Canterbury  Nato954 a Weston Nominato vesc...

 

密西西比州 哥伦布城市綽號:Possum Town哥伦布位于密西西比州的位置坐标:33°30′06″N 88°24′54″W / 33.501666666667°N 88.415°W / 33.501666666667; -88.415国家 美國州密西西比州县朗兹县始建于1821年政府 • 市长罗伯特·史密斯 (民主党)面积 • 总计22.3 平方英里(57.8 平方公里) • 陸地21.4 平方英里(55.5 平方公里) • ...

本條目存在以下問題,請協助改善本條目或在討論頁針對議題發表看法。 此條目需要編修,以確保文法、用詞、语气、格式、標點等使用恰当。 (2013年8月6日)請按照校對指引,幫助编辑這個條目。(幫助、討論) 此條目剧情、虛構用語或人物介紹过长过细,需清理无关故事主轴的细节、用語和角色介紹。 (2020年10月6日)劇情、用語和人物介紹都只是用於了解故事主軸,輔助�...

 

معركة الزاب الكبرى جزء من ثورة العباسيين رسمٌ تخيُّلي للمعركة معلومات عامة التاريخ 25 يناير 750 - 11 جمادى الآخرة 132 هـ الموقع القرب من نهر الزاب الكبير35°59′28″N 43°20′37″E / 35.991111111111°N 43.343611111111°E / 35.991111111111; 43.343611111111   النتيجة نصر عباسيٌ حاسمانهيار وسقوط الدولة الأمو...

 

1998 single by Mike OldfieldMan in the RainSingle by Mike Oldfieldfrom the album Tubular Bells III Released5 October 1998 (1998-10-05)GenrePop rockLength4:01LabelWarnerSongwriter(s)Mike OldfieldProducer(s)Mike OldfieldMike Oldfield singles chronology Tubular X (1998) Man in the Rain (1998) Far Above the Clouds (1999) Man in the Rain is a pop rock song written and performed by English multi-instrumentalist Mike Oldfield. It was included on the album Tubular Bells III and release...

Bank RepublikBanco de la RepúblicaStempel Resmi Banco de la RepúblicaMarkas besar Banco de la República, di Bogotá, KolombiaKantor pusatBogotá, KolombiaPemilik100% Kepemilikan negara[1]GubernurLeonardo VillarNegaraKolombiaMata uangPeso KolombiaCOP (ISO 4217)Cadangan44 780 juta USD[1]Situs webwww.banrep.gov.co/en/ Banco de la República di Jimenez Avenue, Bogota Banco de la República di Barranquilla. Bank Republik (bahasa Spanyol: Banco de la República) adalah b...

 

Garzigliana   الاسم الرسمي Comune di Garzigliana   الإحداثيات 44°50′14″N 7°22′28″E / 44.837239°N 7.37442°E / 44.837239; 7.37442   [1] تقسيم إداري  البلد إيطاليا[2]  التقسيم الأعلى مدينة تورينو الحضرية (1 يناير 2015–)  خصائص جغرافية  المساحة 7٫4 كم2 (2٫9 ميل2) ارتفاع 314 م (1٬030...

 

Michael KayodeNazionalità Italia Altezza179 cm Calcio RuoloDifensore Squadra Fiorentina CarrieraGiovanili 2014-2018 Juventus2018-2020 Gozzano2021-2023 Fiorentina Squadre di club1 2020-2021 Gozzano34 (2)2023- Fiorentina25 (1) Nazionale 2021 Italia U-184 (0)2022-2023 Italia U-1912 (1)2023- Italia U-213 (0) Palmarès  Europei di calcio Under-19 OroMalta 2023 1 I due numeri indicano le presenze e le reti segnate, per le sole partite di campionato.Il simbol...

Метровагон линии 4 Пусанского метрополитена Метровагон Монреальского метрополитена Метрополитен на шинном ходу является технологией рельсового транспорта с использованием некоторых элементов автодорожного[1][2]. Поезда используют резиновые шины, которые катя...

 

Questa voce sull'argomento centri abitati dello stato di New York è solo un abbozzo. Contribuisci a migliorarla secondo le convenzioni di Wikipedia. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. Shelter Islandtown(EN) Shelter Island, New York Shelter Island – Veduta LocalizzazioneStato Stati Uniti Stato federato New York ConteaSuffolk TerritorioCoordinate41°04′41″N 72°21′03″W41°04′41″N, 72°21′03″W (Shelter Island) Altitudine17 m s.l.m. Su...