Paul Slabolepszy
Paul Slabolepszy (gebore 1948) is ’n Suid-Afrikaanse akteur en dramaturg. Hy is in Bolton, Engeland, gebore. Sy ma was Engels en sy pa ’n Poolse vlugteling. Nadat die gesin na Suid-Afrika geïmmigreer het, het Slabolepszy in Musina, Polokwane en Witbank grootgeword. Hy wou aanvanklik ’n radiosportkommentator word. Met sy skool se sokkerwedstryde sou hy kommentaar lewer en dit later terugspeel. Dit het gou ’n instelling geword. Hy het daarna ook ander sport gedek en die plaaslike koerant het van sy bydraes gepubliseer vandat hy 14 jaar oud was.[1] Omdat hy ’n radioloopbaan wou volg, het hy aan die Universiteit van Kaapstad ’n graad behaal met drama en Engels as hoofvakke. Hy het in dié tyd betrokke geraak in professionele teater. Hy het daarna op toneelspel gefokus. In 1983 is Slabolepszy bekroon as Standard Bank se Jong Kunstenaar vir Drama.[2] Slabolepszy is een van Suid-Afrika se beste dramaturge en was in 1972 saam met Athol Fugard, Yvonne Bryceland en John Kani ’n stigterslid van Die Ruimte-teater, die land se eerste nierassige teatergeselskap. In 1976 was hy ook ’n stigterslid van Die Markteater in Johannesburg saam met Mannie Manim en Barney Simon. Sy toneelstukke ondersoek die onsekerhede en ongemak van die wit laer-middelklas-Afrikaner.[3] Hy het lank saam met die akteur Bill Flynn gewerk. Hy het oor die jare verskeie toekennings ontvang, onder andere elke toekenning vir beste akteur in 1993 vir sy rol as Eddie in The Return of Elvis Du Pisanie, wat hy self geskryf het. Van die pryse wat die toneelstuk in 1993 gewen het, is die Vita-, Fleur du Cap- en Dalro-teaterprys vir onder meer beste nuwe Suid-Afrikaanse toneelstuk, beste akteur, beste regisseur en beste produksie. Die het ook The Star Tonight- en die IGI Life Vita-prys as beste komedie ontvang.[4] Toneelstukke
Dramas
Boeke
RolprenteAkteur
Skrywer/medeskrywer
Vervaardiger
Verwysings
Eksterne skakels
Information related to Paul Slabolepszy |