Mount Cook
Mount Cook (Māori: Aoraki) is met 'n hoogte van 3 724 meter die hoogste berg van Nieu-Seeland.[2] Die berg is op die Suideiland in die Nieu-Seelandse Alpe geleë. Mount Cook is op 13 Desember 1642 deur die Nederlandse ontdekkingsreisiger Abel Tasman ontdek.[3] In 1851 is die berg deur die Britse offisier John Lort Stokes ná die Britse ontdekkingsreisiger James Cook genoem; Cook het die eilande van Nieu-Seeland vir die eerste keer omseil.[4] In 1998 is die amptelike naam na Aoraki / Mount Cook verander om die historiese Māorinaam Aoraki te inkorporeer.[5] Aoraki is die naam van 'n persoon in die tradisies van die Ngāi Tahu iwi; 'n vroeë benaming vir die Suideiland is Te Waka o Aoraki ("Aoraki se kanoe"). In die verlede het baie geglo dit beteken "wolkdeursteker",[6] 'n romantiese weergawe van die naam se komponente: ao (wêreld, bedags, wolk, ens.) en raki of rangi (dag, hemel, weer, ens.).[7] Histories is die Māorinaam Aorangi gespel en het die die gestandaardiseerde Māorivorm gebruik. Verwysings
Eksterne skakels
|