Hierdie artikel handel oor die verkondiging dat Maria die moeder van Jesus sal word. Moenie verwar word met Onbevlekte Ontvangenis van Maria deur haar ouers nie.
Die fees Mariaboodskap of Verkondiging van die Here (Latyn: Annuntiatio Domini), ook Annunsiasie (afgelei van die Latynse naam), is die Rooms-Katolieke en Oosters-Ortodokse herdenking van die verkondiging deur die aartsengelGabriël aan die Maagd Maria, dat sy swanger en die moeder van Jesus (volgens Christene die Joodse Messias en Seun van God) sal word, wat Jesus se menswording aandui. Gabriël het vir Maria opdrag gegee om haar seun Jesus, letterlik "JHWH is verlossing", te noem.
Die Aankondiging is 'n belangrike onderwerp in die Christelike kuns, maar ook in die Mariaanse kuns van die Rooms-Katolieke Kerk, veral van die Middeleeue en Renaissance. 'n Kunswerk wat die Aankondiging uitbeeld, word soms self Aankondiging genoem. Tientalle kerke is aan die leerstelling van Mariaboodskap gewy.
In die Koran
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Jesus in Islam.
Die Verkondiging word ook in die Koran beskryf, in Soera 3:44.[2]
44 Toe die engele gesê het: O Maria! Waarlik, Allah stuur u ’n blye tyding met ’n woord van Hom oor een wie se naam die Messias sal wees, Jesus, die Seun van Maria, geëerd in hierdie wêreld en in die Hiernamaals, en hy sal onder húlle wees wat in Allah se nabyheid sal vertoef.
↑ 2,02,1(af) "Afrikaanse Koran"(PDF). Koran, Soera 3,44. The Islamic Dawah Movement of Southern Africa (IDM). Geargiveer vanaf die oorspronklike(PDF) op 30 Maart 2016. Besoek op 25 Augustus 2019. Toe die engele gesê het: O Maria! Waarlik, Allah stuur u 'n blye tyding met 'n woord van Hom oor een wie se naam die Messias sal wees, Jesus, die Seun van Maria, geëerd in hierdie wêreld en in die Hiernamaals, en hy sal onder húlle wees wat in Allah se nabyheid sal vertoef.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Mariaboodskap.