Lord Byron



Lord Byron

Engelse digter


Handtekening


Gebore
22 Januarie 1788
in Londen, Engeland,
Groot-Brittanje


Oorlede
19 April 1824
in Missolonghi, Etolia-Akarnania
Ottomaanse Ryk


Literêre stroming
Romantiek


Bekende werke

Don Juan
Childe Harold's Pilgrimage
Beppo
Mazeppa
The Corsair
Lara, A Tale

George Gordon Byron, 6de Baron Byron of Rochdale, later George Gordon Noel, 6de Baron Byron, algemeen bekend as Lord Byron (1788–1824), was 'n Engelse digter en 'n leidende figuur in die Romantiese beweging. Byron se bekendste werke sluit die kort gedigte She Walks in Beauty, When We Two Parted en So, we'll go no more a roving in, asook die verhalende gedigte Childe Harold's Pilgrimage en Don Juan. Hy word as een van die grootste en invloedrykste Britse digters beskou en steeds wyd gelees. Hy word ook onthou vir sy rits liefdesverhoudings en sy dood weens koors in Griekeland terwyl hy teen die Turke vir Griekse onafhanklikheid geveg het.[1]

Gedenksteen vir Lord Byron in St. Mary Magdalene
San Lazzaro degli Armeni, die Venesiaanse kloostereiland naby die Lido di Venezia waar Lord Byron met die ondersteuning van monnike 'n Armeens-Engelse woordeboek saamgestel het

Nadat hy Engeland vir goed verlaat het, het Lord Byron deur Europa gereis en aan die Griekse onafhanklikheidsoorlog teen die Ottomaanse Ryk deelgeneem waarvoor hy deur die Grieke as nasionale held vereer word.[2] Nadat hy 'n ruk lank in Switserland was, waar hy op goeie voet met Shelley verkeer het, is hy na Italië. In 1823 het hy saam met die Grieke vir hul onafhanklikheid teen Turkye geveg. Hy het groot bedrae geld vir die stryd geskenk en militêre bevelvoerder in die stad Messolonghi (ook gespel as Missolonghi) geword. Tydens sy verblyf daar het hy 'n koors opgedoen en is daar op 19 April 1824 in die ouderdom van 36 jaar oorlede. Byron het sy laaste rusplek in St. Mary Magdalene Church, Hucknall Torkard in die Engelse graafskap Nottinghamshire gevind.[3] Daar word beweer dat Byron se hart in Messolonghi begrawe is.

Van al die Engelse Romantiese digters was Lord Byron seker die opsienbarendste en boeiendste digter, wat in sy lewe die sensasionele aspekte van die Romantiek beliggaam het - veral teen die agtergrond van maatskaplike en kulturele ontwikkelinge in die Engelse Regency-tydperk met al sy kontraste en uiterstes.[4] Net soos sy vriend Percy Bysshe Shelley het hy hom teen die aanvaarde morele en ander waardes verset en politieke en persoonlike vryheid voorgestaan. So was Lord Byron - 'n aantreklike man met skare vroulike aanhangers - in sy lewenstyd een van die eerste literêre sterre wat by sy gehore nie net vir sy werke gewild was nie, maar ook vir sy aristokratiese leefstyl en die losse en ongebonde lewe wat hy gelei het - die vroeë 19de eeuse ekwivalent van 'n moderne rock-ster.

Sy skulde, talle liefdesverhoudings, gerugte oor 'n skandalige bloedskandelike verhouding met sy halfsuster en selfopgelegde ballingskap het landwyd opslae gemaak en spekulasies aangehelp dat hy moontlik aan 'n bipolêre gemoedsversteuring of maniese depressie gely het.[5] In 1815 is Byron met Anabelle Milbanke getroud, maar reeds 'n jaar later het hulle van mekaar ontvreem geraak en uiteengegaan. Uit die huwelik is 'n dogter gebore, die wiskundige en skryfster Ada Lovelace na wie as die eerste rekenaarprogrammeerder verwys word.

Byron het sy eerste digbundel Hours of Idleness in 1807 gepubliseer toe hy negentien was. Nadat hierdie bundel in The Edinburgh Review gekritiseer is, het hy teruggekap met die satire English Bards and Scotch Reviewers. Nadat hy van 'n lang reis deur Spanje, Portugal, Griekeland en Turkye teruggekeer het, is die eerste twee dele van Childe Harold's Pilgrimage (1812), 'n beskrywing van sy reis, gepubliseer. Dit was onmiddellik 'n sukses.

Hoewel van sy gedigte immoreel beskou is, was dit baie gewild in Engeland en Europa. Sy bewonderaars, veral vroue, het hom geïdentifiseer met die eksotiese karakters van sy gedigte, soos The Giaour: A Fragment of a Turkish Tale (1813), The Corsair (1814), Manfred (1817) en Cain (1821). Van 1818 tot 1824 het hy aan sy grootste en bekendste werk, die satiriese Don Juan, gewerk - tans die bekendste van sy gedigte. Van sy ander werke is onder meer The Bride of Abydos (1813), The Prisoner of Chillon and other poems (1816), Beppo (1818) en The Vision of Judgement (1822).

Vroeë lewe

Newstead Abbey

George Gordon Byron is op 22 Januarie 1788 in Holles Street, Londen gebore en deur sy moeder Catherine, née Catherine Gordon of Gight, 'n Skotse adellike en erfgename van die Gight-landgoed in Aberdeenshire, grootgemaak in 'n beskeie woning in Aberdeen, Skotland. Byron se kinderjare is erg bemoeilik deur 'n aangebore defek - 'n klompvoet wat volgens moderne geneeskundige ontleding moontlik die newe-effek van displasie of polio was - en die karaktertrekke van sy ouers.

Catherine Byron het volgens oorlewering aan 'n sielkundige steuring gely wat haar geneig gemaak het tot onbeheerste uitbarstings. Sy word as halsstarrig en ydel beskryf en was blykbaar aan drank verslaaf. Haar dranksug en taamlik korpulente figuur was aanstootlik vir haar seun, en hy het dit openlik geuiter. Catherine het dié kritiek vergeld deur hom 'n "verlamde kêrel" te noem.

Sy vader John, 'n offisier in die Britse leër, het onder 'n groot skuldlas gebuk gegaan toe hy in 1791 in Frankryk oorlede is. Volgens sommige oorlewerings het hy selfmoord gepleeg, maar dit lyk asof tuberkulose die doodsoorsaak was. Ondanks die moeilike finansiële omstandighede, waarin Catherine Byron verkeer het, kon haar seun 'n suksesvolle skoolloopbaan volg. Sy lot het nogtans verbeter toe hy in 1798 die adellike titel en die Engelse landgoed Newstead Abbey in Nottinghamshire van sy grootoom geërf het. Die herehuis was in 'n slegte toestand en kon dus net vir 'n kort tyd as woning vir Catherine en haar seun dien.

Verwysings

Eksterne skakels

Read other articles:

Kereta api Argo CheribonKereta api Argo Cheribon meninggalkan Stasiun JatinegaraInformasi umumJenis layananKereta api antarkotaStatusBeroperasiDaerah operasiDaerah Operasi III CirebonPendahulu Argo Jati Cirebon Ekspres Tegal Bahari (dialihkan rute Pasarsenen-Tegal dengan kelas eksekutif dan bisnis) Mulai beroperasi16 Agustus 2019Operator saat iniKereta Api IndonesiaLintas pelayananStasiun awal Tegal Cirebon Jumlah pemberhentianLihatlah di bawahStasiun akhirGambirJarak tempuh 214 km (CN-GMR) 2...

 

100plusJenispemerekan AsalMalaysia dan Singapura Diperkenalkan1983 ProdusenFraser and Neave Situs webhttps://100plus.com.my/ [sunting di Wikidata]lbs 100plus (sering kali diucapkan sebagai hundred plus) merupakan merek minuman olahraga isotonik yang diproduksi oleh Fraser and Neave Limited (F&N), konglomerasi global yang memproduksi makanan dan minuman yang berkantor pusat di Singapura. Minuman ini dibuat dan diluncurkan pada 1983 di Malaysia dan Singapura untuk merayakan 100 tah...

 

Peta kawasan Srem Srem (bahasa Serbia: Срем, Kroasia: Srijemcode: hr is deprecated ) adalah kawasan subur yang terletak di Dataran Panonia di Eropa. Kawasan ini terletak di antara Sungai Donau dan Sava. Sebagian besar wilayah Srem terletak di Distrik Srem dan Bačka Selatan di provinsi otonom Vojvodina di Serbia. Kawasan Srem juga mencakup sebagian kecil wilayah yang terletak di sekitar Novi Beograd, Zemun, dan Surčin di kota Beograd. Sisanya terletak di Kabupaten Vukovar-Srijem di K...

Irish–American actor (1874–1959) For 19th-century baseball player, see Frank Shannon (baseball). For the American basketball player, see Frank Shannon (basketball). Frank ShannonShannon in Black Gold (1936)BornFrank Connolly Shannon(1874-07-27)27 July 1874IrelandDied1 February 1959(1959-02-01) (aged 84)Hollywood, Los Angeles, California, U.S.Resting placeHoly Cross Cemetery, Culver City, CaliforniaOther namesFrancis ShannonOccupationsActorwriterYears active1912–1949 F...

 

Peta menunjukan lokasi Solana Data sensus penduduk di Solana Tahun Populasi Persentase 199560.346—200067.5122.44%200771.4750.79% Solana adalah munisipalitas yang terletak di provinsi Cagayan, Filipina. Pada tahun 2007, munisipalitas ini memiliki populasi sebesar 71.475 jiwa atau 12.945 rumah tangga. Pembagian wilayah Solana terbagi menjadi 38 barangay, yaitu: Andarayan North Lannig Bangag Bantay Basi East Bauan East Cadaanan Calamagui Carilucud Cattaran Centro Northeast (Pob.) Centro Northw...

 

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Februari 2023. Logo yang melambangkan kutu Heartbleed. Logo dan nama Heartbleed telah membantu menyadarkan masyarakat akan adanya kutu perangkat lunak ini.[1][2] Heartbleed adalah kutu perangkat lunak dalam pustaka perangkat lunak kriptografi OpenSSL...

Le Menuet pour clavier en Do majeur, KV6/ 1f, est une brève pièce, composée par Wolfgang Amadeus Mozart à Salzbourg probablement en 1764. Ce morceau de musique se trouve dans le Nannerl Notenbuch, un petit cahier que Leopold Mozart, le père de Wolfgang, employait pour enseigner la musique à ses enfants. La pièce a été mise par écrit par Leopold, car le petit Wolfgang était trop jeune pour savoir écrire la musique. Description C'est une pièce très courte, comprenant seulement se...

 

  لمعانٍ أخرى، طالع هنري كيندال (توضيح). هنري كيندال   معلومات شخصية الميلاد 9 ديسمبر 1926 [1][2][3][4][5]  بوسطن  الوفاة 15 فبراير 1999 (72 سنة) [1][2][3][4]  مقاطعة واكولا[6]  سبب الوفاة غرق  مواطنة الولايات المتحدة  عضو في الأكا�...

 

Phenyl glycidyl ether Names IUPAC name 2-(phenoxymethyl)oxirane Other names Phenyl glycidyl ether; Phenylglycidyl ether; Phenol glycidyl ether; Phenol-glycidaether; Phenoxypropene oxide; Phenoxypropylene oxide; Phenyl 2,3-epoxypropyl ether; Phenylglycydyl ether; Propane, 1,2-epoxy-3-phenoxy-; Oxirane, 2-(phenoxymethyl)- Identifiers CAS Number 122-60-1 3D model (JSmol) Interactive image ChEBI CHEBI:82367 ChEMBL ChEMBL1568222 ChemSpider 28958 ECHA InfoCard 100.004.144 EC Number 204-557-2 KEGG ...

HarmonyOS core distributed operating system Operating system HarmonyOS NEXTDeveloperHuaweiWritten inC, C++, JS, ArkTS, Cangjie,[1] Rust, Assembly languageOS familyOpenHarmonyWorking stateCurrentSource modelClosed, with open source componentsInitial releaseAugust 4, 2023; 9 months ago (2023-08-04)Latest previewHarmonyOS NEXT (5.0/5.0.0) Developer Preview 2 [External Beta] (2.0.0.66 - Canary Build) / (April 2, 2024; 40 days ago (2024-04-02))Marketing ...

 

Сельское поселение России (МО 2-го уровня)Новотитаровское сельское поселение Флаг[d] Герб 45°14′09″ с. ш. 38°58′16″ в. д.HGЯO Страна  Россия Субъект РФ Краснодарский край Район Динской Включает 4 населённых пункта Адм. центр Новотитаровская Глава сельского пос�...

 

Type of sports prototype race car DPi redirects here. Not to be confused with DPI or DP1. A 2018 DPi class competitor, the Acura ARX-05 A Daytona Prototype International (DPi) was a type of sports prototype racing car developed specifically for the International Motor Sports Association's WeatherTech SportsCar Championship, as their top class of car, acting as a direct replacement, and spiritual successor of the Daytona Prototypes. They are named after the main series event, the Rolex 24 at D...

This article is about the academic field. For actual economic histories, see Economic history of the world. For the history of intellectual development of economic theory, see History of economic thought. Part of a series onEconomic history Particular histories of Advertising Business Capitalism Labor Money Retail Social democracy Economics events Recession Economic miracle Financial crisis Shock Prominent examples Economic antisemitism Economic history of the Arab world Economy of the Inca ...

 

The Right HonourableThe Viscount WolverhamptonGCSI PC Sekretaris Negara untuk IndiaMasa jabatan10 Maret 1894 – 21 Juni 1895Penguasa monarkiVictoriaPerdana MenteriThe Earl of RoseberyPendahuluThe Earl of KimberleyPenggantiLord George HamiltonKanselir Kadipaten LancasterMasa jabatan10 Desember 1905 – 13 Oktober 1908Penguasa monarkiEdward VIIPerdana MenteriHenry Campbell-Bannerman Herbert Henry AsquithPendahuluSir William Walrond, BtPenggantiThe Lord FitzmauriceLord Preside...

 

National badminton team representing Sri Lanka Sri LankaAssociationSri Lanka Badminton Association (SLBA)ConfederationBA (Asia)PresidentRohan de SilvaBWF rankingCurrent ranking66 5 (2 January 2024)Highest ranking24 (5 October 2017)Sudirman CupAppearances12 (first in 1989)Best resultGroup stageAsian Mixed Team ChampionshipsAppearances2 (first in 2017)Best resultGroup stageAsian Men's Team ChampionshipsAppearances15 (first in 1962)Best resultQuarter-finals (1965)Asian Women's Team Championships...

Gereja Santa LidwinaGereja Katolik Paroki Santa Lidwina, Bandar JayaGereja Santa Lidwina, Bandar JayaLokasiJl. Jenderal Sudirman No.104, Bandar Jaya Tim., Terbanggi Besar, Kabupaten Lampung TengahNegaraIndonesiaDenominasiGereja Katolik RomaJumlah anggota/umat2.483 jiwa (2013)SejarahDedikasiSanta LidwinaArsitekturStatusGereja ParokiStatus fungsionalAktifSelesai1971[1]AdministrasiKeuskupanKeuskupan TanjungkarangKlerusUskupYang Mulia Mgr. Vinsensius Setiawan TriatmojoJumlah ImamRD. Yohan...

 

System to maintain vehicle trajectory in lieu of direct operator command This article is about the aircraft system. For other uses, see Autopilot (disambiguation). This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Autopilot – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (September 2017) (Learn how and when to r...

 

Japanese manga magazine Bessatsu Hana to YumeCover of the August 2009 issue, featuring Chihiro (left) and Ritsu (right) from Nanpei Yamada's Orange ChocolateCategoriesShōjo manga[1]FrequencyMonthlyCirculation37,833[1](July–September 2016)First issueJuly 1977Final issueMay 2018CompanyHakusenshaCountryJapanBased inTokyoLanguageJapaneseWebsitebetsuhana.com Bessatsu Hana to Yume (Japanese: 別冊花とゆめ), also known as BetsuHana (別花),[2] was a Japanese shōjo m...

此條目没有列出任何参考或来源。 (2013年8月25日)維基百科所有的內容都應該可供查證。请协助補充可靠来源以改善这篇条目。无法查证的內容可能會因為異議提出而被移除。 伊塔比里尼亚Itabirinha市镇伊塔比里尼亚在巴西的位置坐标:18°33′57″S 41°13′58″W / 18.5658°S 41.2328°W / -18.5658; -41.2328国家巴西州米纳斯吉拉斯州面积 • 总计208.059 平方公里...

 

30th season of top-tier soccer league in Australia Football league seasonA-LeagueSeason2006–07Dates25 August 2006 – 18 February 2007ChampionsMelbourne Victory (1st title)PremiersMelbourne Victory (1st title)AFC Champions LeagueMelbourne VictoryAdelaide UnitedMatches played84Goals scored218 (2.6 per match)Top goalscorerArchie Thompson (15 goals)Biggest home winBrisbane Roar 5–0 New Zealand Knights(15 September 2006)Biggest away winNew Zealand Knights 0–4 Melbourne Victory(27 Octob...