Die Lord’s-krieketveld (afgekort as Lord’s) is 'n bekende krieketstadion in St John's Wood, 'n wyk in die Engelse hoofstad Londen. Die stadion bied sitplek vir 30 000 toeskouers en word deur die Marylebone Krieketklub (MCC) besit. Lord’s word dikwels The Home of Cricket ("die tuiste van krieket") genoem.[2]
Lord’s is ook die tuiste van die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) sowel as die Europese Krieketraad (ECC). Dit is die tuiste van die Internasionale Krieketraad (IKR) se hoofkantoor, maar die IKR se administratiewe kantore is in 2005 na Doebai verskuif.
Die oudste sportmuseum ter wêreld is op Lord’s geleë en huisves onder ander die bekende urn van Die As-kompetisie.[3]
Behalwe krieket kan hier ook ander sportsoorte soos bofbal, tennis en boogskiet beoefen word. Byvoorbeeld is Lord’s tydens die 2012-Olimpiese Spele vir boogskiet ingespan.
Geskiedenis
Oor die jare was daar al drie Lord’s-krieketvelde. Die oorspronklike een in deur Thomas Lord in 1787 op Dorset Square in Marylebone ('n wyk in Londen) gestig. Die eerste gewone krieketwedstryd wat op Lord’s gespeel is, was 'n jaarlikse wedstryd tussen die skole Eton College en Harrow School in 1805. In 1810 is Lord’s na 'n park verplaas, en in 1814 moes hulle weer trek omdat daar 'n kanaal gegrawe moes word. Sedert 1814 is Lord’s op sy huidige plek.
Die eerste toetswedstryd wat hier gespeel is, het op 21 Julie 1884 tussen Engeland en Australië plaasgevind. Die eerste internasionale eendagwedstryd (EDI) het op 26 Augustus 1972 tussen Engeland en Australië plaasgevind. Lord’s is al tydens vyf krieketwêreldbekertoernooie vir wedstryde ingespan: in 1975, 1979, 1983, 1999 en 2019. Vervolgens is op Lord’s vyf krieketwêreldbekereindstryde aangebied, meer as op enige ander krieketveld.[4] In 2009 is die veld vir die IKR se WêreldTwintig20 gebruik en het dit ook die eindstryd tussen Pakistan en Sri Lanka aangebied.
Wes-Indië wen met 17 lopies Lord’s, Londen Bywoning: 26 000[5] Skeidsregters: Dickie Bird (Eng) en Tom Spencer (Eng) Speler van die wedstryd: Clive Lloyd (WI)
Australië het die loot gewen en gekies om veldwerk eerste te doen.
Engeland wen met agt paaltjies Lord’s, Londen Skeidsregters: Rudi Koertzen (SA) en Srinivasaraghavan Venkataraghavan (Ind) Speler van die wedstryd: Alec Stewart (Eng)
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Australië wen met agt paaltjies Lord’s, Londen Bywoning: 30 000 Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en David Shepherd (Eng) Speler van die wedstryd: Shane Warne (Aus)
Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Pakistan wen met 94 lopies Lord’s, Londen Skeidsregters: Michael Gough (Eng) en Richard Kettleborough (Eng) Speler van die wedstryd: Shaheen Afridi (Pak)
Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.