Leipzig

Leipzig

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Sakse
 Koördinate 51°20′N 12°22′O / 51.333°N 12.367°O / 51.333; 12.367
 Stigting Omstreeks 900
 Oppervlakte:  
 - Totaal 297,8 vk km
 Hoogte bo seevlak 113 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2020) 597 493[1]
 - Bevolkingsdigtheid 2 006/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Burkhard Jung (SPD)
 Amptelike webwerf www.leipzig.de

Leipzig (Duits: [ˈlaɪ̯pt͡sɪç], ) is die grootste stad in die Duitse deelstaat Sakse aan die Pleißerivier, 145 kilometer suidwes van Berlyn, met meer as 'n halfmiljoen inwoners. Saam met die stad Halle vorm dit 'n metropolitaanse gebied en maak ook deel uit van die sogenaamde Sachsendreieck (Driehoek van Sakse) met drie groot stedelike agglomerasies – naas Leipzig-Halle word Chemnitz-Zwickau en Dresden hierby gereken. Danksy sterker bevolkingsgroei in die vroeë 21ste eeu het Leipzig by Bremen verbygesteek om die tiende grootste stad in Duitsland te word.

Die naam van die stad is afgelei van die Slawiese Lipsk of "Plek van lindebome". Lipsk is ook die Sorbiese naam van Leipzig. Sedert die 19de eeu dra die stad die poëtiese bynaam "Klein-Parys" of "Pleiß-Athene".

Geskiedenis

Markplein met Königshaus (links) en Messehaus (regs)
Moderne sakrale boukuns: Rooms-Katolieke Proosdykerk St. Trinitatis

Die oudste bekende Slawiese nedersetting in die gebied van Leipzig dateer uit die tydperk omtrent 900. Duitse setlaars het die stad in die jaar 1015 digby 'n Slawiese dorpie (Lipsk) gestig. Thietmar van Merseburg berig in sy Chronikon VII, 25 van die "urbs Libzi". Die nedersetting het vinnig gegroei en in die jaar 1165 stadstatus en die voorreg om as 'n markstad op te tree gekry.

Danksy die strategiese ligging by die kruispunt van twee ou handelroetes, die Via Regia en die Via Imperrii, het Leipzig in die middeleeue tot 'n welvarende stad ontwikkel. Die universiteit van Leipzig (Latyn: Alma mater Lipsiensis) is in 1409 as die tweede oudste in Duitsland gestig.

Die kasteel Pleißenburg was in 1519 die toneel van die historiese Dispuut van Leipzig tussen Martin Luther en Johannes Eck, een van die bekendste teenstanders van die reformasie. In 1539 het Leipzig die Lutherse geloof aangeneem.

Danksy die straatbeligting, wat reeds in die jaar 1701 ingevoer is, het Leipzig die bynaam "Klein-Parys" gekry.

In Oktober 1813 het die Volkereslag naby Leipzig plaasgevind, een van die grootstes tydens die sogenaamde Vryheidsoorloë. Die geallieerde leërs van Oostenryk, Pruise, Rusland en ander lande het hier 'n oorwinning oor Frankryk se Napoleontiese troepe behaal.

Die spoorwegverbinding tussen Leipzig en Dresden, wat in 1839 geopen is, was die eerste oor 'n lang afstand en het Leipzig se posisie as een van die belangrikste Duitse vervoersentrums bevestig. Tussen 1902 en 1915 het hier die tweede grootste Europese spoorwegstasie na Milaan ontstaan.

Ingevolge die industrialisering het die bevolking teen die einde van die 19de eeu baie vinnig gegroei. In 1870 het die inwonertal tot meer as 100 000 gestyg. Vanaf 1913 was Leipzig met 600 000 inwoners die vierde grootste stad in Duitsland en ná 1949 die tweede grootste stad van die Duitse Demokratiese Republiek (DDR). Tussen 1945 en 2005 het die inwonertal egter van 750 000 tot 500 000 gedaal.

Die massabetogings van die jaar 1989 het tot die einde van die SED-bewind in die DDR gelei. Die handelskouterrein, wat op 12 April 1996 ingewy is, behoort tot die modernstes in Europa. Leipzig was een van die gasheerstede tydens beide die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005 en FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006.

Ekonomie

Panoramiese uitsig oor Leipzig se katoenfabriek in 1909

Voor die Tweede Wêreldoorlog was Leipzig nie net 'n belangrike handelsplek waar internasionale handelskoue soos die Leipziger Messe gehou is nie, maar ook een van Duitsland se vernaamste nywerheidspilpunte.

In die laat 19de eeu is 'n katoenfabriek in die westelike stadsdeel Lindenau gevestig. Leipzig se katoenbedryf het sy ontstaan en sukses nie so seer aan tegniese vernuwing te danke gehad nie, maar aan die ontleding van kostevoordele. Tekstiele en garings is destyds oorwegend uit Engeland ingevoer. Die hoë belasting, wat in die Duitse Keiserryk op sodanige invoere gehef is, het die stigting van 'n eie katoenfabriek vir plaaslike entrepreneurs ondanks die Engelse katoenbedryf se tegnologiese voorsprong ekonomies en finansieel vatbaar gemaak.

Die prysvoordeel, wat Leipzig se katoenfabriek in die volgende dekades op die Duitse mark kon handhaaf, het verseker dat die onderneming meer as 'n eeu kon bestaan. Die perseel van tien hektaar, wat deur die aandelemaatskappy Leipziger Baumwollspinnerei AG in 1884 gekoop is en waarop aanvanklik nog 'n beskeie fabriek ontstaan het, het tot 1907 tot die grootste Europese katoenaanleg buite die Verenigde Koninkryk gegroei. Sy jaarlikse produksie het van 30 000 katoenspindels in die beginjaar tot 240 000 in 1909 gestyg.

Die katoenfabriek het die konsep van 'n hele fabriekstad verwesenlik waar werkers en hul gesinne in 'n soort tuinstad gevestig is. Kinders van werkende moeders is in crèches versorg. Tot 1989 het 'n maksimum van 4 000 werkers katoenspindels in drie skofte vervaardig. Met die Duitse Demokratiese Republiek se maatskaplike, politieke en ekonomiese ineenstorting laat in 1989 en die Duitse hereniging in 1990 is die fabriek aan internasionale markkragte blootgestel, en sy produkte het geblyk om nie meer mededingend te wees nie. In 1992 het die fabriek sy deure vir goed gesluit.

Vir die fabrieksterrein is 'n konsep van kulturele en kommersiële herlewing ontwikkel. Intussen word hier ateljees en galerye van kunstenaars gevestig.[2]

Argitektuur

Die Volkereslagmonument

Die Volkereslagmonument is een van Leipzig se bekendste bakens – en die grootste monument in Europa

Tussen 16 en 19 Oktober 1813 het die sogenaamde "Volkereslag" voor die poorte van Leipzig plaasgevind – die grootste ooit tot by die Eerste Wêreldoorlog. In die slag, wat deel gevorm het van die Vryheidsoorloë, het Napoléon Bonaparte 'n beslissende nederlaag teen Oostenrykse, Pruisiese, Russiese en Sweedse troepe gely. Duitsers het aan albei kante geveg, en Sakse, wat destyds nog 'n bondgenoot van Napoléon was en as gevolg van sy nederlaag 'n aantal gebiede moes afstaan, het min belang daarin gestel om 'n monument ter herinnering aan die slag op te rig. Die bouprojek is dan ook eers ná die vereniging van die Duitse deelstate in die Duitse Keiserryk aangepak.

Die hoeksteen vir die monument is op 18 Oktober 1898 gelê. In 1913 is die monument in die suidooste van Leipzig, wat volgens 'n ontwerp van die Berlynse argitek Bruno Schmitz opgerig is, ingewy. Die argitek Clemens Thieme, voorsitter van die Deutscher Patriotenbund (Duitse Patriottebond) en plaaslike Vrymesselaar, was die bestuurder van die projek, wat deur middel van 'n spesiale lotery en bydraes van die publiek gefinansieer is. Die boukoste het ses miljoen goudmark beloop. Dié monument het glo as inspirasie vir die Voortrekkermonument in Pretoria gedien.[3]

Verwysings

  1. (de) Bevölkerung des Freistaates Sachsen nach Gemeinden am 31. Dezember 2020
  2. (de) Glanz und Elend der Städte. In: WirtschaftsWoche, nommer 49, 1 Desember 2014, bl. 26-27
  3. (en) Désirée Picton-Seymour, Janek Szymanowski: Historical Buildings in South Africa. Struikhof, Kaapstad, 1989, bl. 162.

Eksterne skakels

Read other articles:

Bjarne Stroustrup Bjarne Stroustrup (lahir 30 Desember 1950) adalah seorang ilmuwan komputer dan profesor di bidang ilmu komputer di Universitas Texas A&M. Dia dikenal lewat jasanya dalam mengembangkan bahasa pemrograman C++. Stroustrup meraih pendidikan master di bidang matematika dan ilmu komputer pada tahun 1975 dari Universitas Aarhus, Denmark. Pada tahun 1979, ia menyelesaikan pendidikan doktornya di Universitas Cambridge, Inggris. Ia juga sempat bekerja sebagai kepala departemen ris...

 

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Desember 2022. Viktor RydbergRydberg in 1876LahirAbraham Victor Rydberg(1828-12-18)18 Desember 1828Jönköping, SwedenMeninggal21 September 1895(1895-09-21) (umur 66)Djursholm Abraham Viktor Rydberg ( Jönköping, 18 Desember 1828 - Djursholm, 21 September 1895...

 

العلاقات الأوغندية البرازيلية أوغندا البرازيل   أوغندا   البرازيل تعديل مصدري - تعديل   العلاقات الأوغندية البرازيلية هي العلاقات الثنائية التي تجمع بين أوغندا والبرازيل.[1][2][3][4][5] مقارنة بين البلدين هذه مقارنة عامة ومرجعية للدولتين: وجه ...

العلاقات المجرية اليابانية المجر اليابان   المجر   اليابان تعديل مصدري - تعديل   العلاقات المجرية اليابانية هي العلاقات الثنائية التي تجمع بين المجر واليابان.[1][2][3][4][5] مقارنة بين البلدين هذه مقارنة عامة ومرجعية للدولتين: وجه المقارنة الم�...

 

American politician Cooper Kinderdine WatsonMember of the U.S. House of Representativesfrom Ohio's 9th districtIn officeMarch 4, 1855 – March 3, 1857Preceded byFrederick W. GreenSucceeded byLawrence W. Hall Personal detailsBorn(1810-06-10)June 10, 1810Jefferson County, KentuckyDiedMay 20, 1880(1880-05-20) (aged 69)Sandusky, OhioResting placeGreenlawn Cemetery, TiffinPolitical partyOppositionSpouseCaroline S. DurkeeChildrenfourSignature Cooper Kinderdine Watson (Jun...

 

Wave of workers' strikes in the Polish People's Republic Demonstration in front of the main gate of Warsaw University, May 1988 The 1988 Polish strikes were a massive wave of workers' strikes which broke out from 21 April 1988 in the Polish People's Republic. The strikes, as well as street demonstrations, continued throughout spring and summer, ending in early September 1988. These actions shook the Communist regime of the country to such an extent that it was forced to begin talking about re...

مارشال بريكمان معلومات شخصية الميلاد 25 أغسطس 1939 (85 سنة)  ريو دي جانيرو  مواطنة الولايات المتحدة البرازيل  عضو في نقابة الكتاب الأمريكية الشرقية  الحياة العملية المواضيع فيلم،  وتلفاز،  وموسيقى  المدرسة الأم جامعة ويسكونسن-ماديسون  المهنة كاتب سيناريو،...

 

CasalmoroKomuneComune di CasalmoroNegaraItaliaWilayahLombardyProvinsiProvinsi Mantua (MN)Luas • Total13,9 km2 (54 sq mi)Populasi (Dec. 2004) • Total2.228 • Kepadatan16/km2 (42/sq mi)Zona waktuUTC+1 (CET) • Musim panas (DST)UTC+2 (CEST)Kode pos46040Kode area telepon0376Situs webSitus web resmi Casalmoro adalah komune yang terletak di Provinsi Mantova, Italia. Casalmoro memiliki luas sebesar 13.9 km². Casalmoro pada ...

 

This article is written like a personal reflection, personal essay, or argumentative essay that states a Wikipedia editor's personal feelings or presents an original argument about a topic. Please help improve it by rewriting it in an encyclopedic style. (October 2016) (Learn how and when to remove this message) Women's surfingCoco Ho surfing at the 2015 U.S. OpenHighest governing bodyInternational Surfing AssociationCharacteristicsMixed-sexYes, separate competitionsPresenceCountry or&#...

Иоанн Креститель был изображён минимум на восьми картинах Караваджо. Содержание 1 Иоанн Креститель, Толедо 2 Иоанн Креститель, Капитолийский музей и Галерея Дориа-Памфили 3 Иоанн Креститель, Канзас 4 Иоанн Креститель, Национальная галерея старинного искусства 5 Иоанн Кре�...

 

У этого термина существуют и другие значения, см. Чайки (значения). Чайки Доминиканская чайкаЗападная чайкаКалифорнийская чайкаМорская чайка Научная классификация Домен:ЭукариотыЦарство:ЖивотныеПодцарство:ЭуметазоиБез ранга:Двусторонне-симметричныеБез ранга:Вторич...

 

Japanese TV series or program Ultra Galaxy FightThe official Japanese version of the poster, with Ultra Dark Killer, New Generation Heroes, Ultraman Zero, Ultraman Ribut, Ultrawoman Grigio, X Darkness and Geed Darkness.GenreTokusatsuSci-FiAction/AdventureSuperheroKaijuCreated byTsuburaya ProductionsWritten byJunichiro Ashiki[1]Directed byKoichi Sakamoto[1]Country of originJapanOriginal languagesJapaneseEnglishNo. of episodes13 (NGH)[2][3]10 (TAC)[4] 11...

Henry Handel Richardson nel 1946 Henry Handel Richardson, pseudonimo di Ethel Florence Lindesay Richardson (Melbourne, 3 gennaio 1870 – Fairlight, 20 marzo 1946), è stata una scrittrice australiana. Indice 1 Biografia 2 Opere 2.1 Romanzi 2.2 Raccolte di racconti 2.3 Memoir 3 Adattamenti cinematografici 4 Premi e riconoscimenti 5 Note 6 Bibliografia 7 Altri progetti 8 Collegamenti esterni Biografia Ethel Florence Lindesay Richardson nasce il 3 gennaio 1870 a Melbourne da Walter Lindesay Ric...

 

坐标:43°11′38″N 71°34′21″W / 43.1938516°N 71.5723953°W / 43.1938516; -71.5723953 此條目需要补充更多来源。 (2017年5月21日)请协助補充多方面可靠来源以改善这篇条目,无法查证的内容可能會因為异议提出而被移除。致使用者:请搜索一下条目的标题(来源搜索:新罕布什尔州 — 网页、新闻、书籍、学术、图像),以检查网络上是否存在该主题的更多可靠来源...

 

古斯塔夫·胡萨克Gustáv Husák捷克斯洛伐克共产党中央委员会总书记(1969-1971年称第一书记)任期1969年4月17日—1987年12月17日(18年244天)前任亞歷山大·杜布切克继任米洛什·雅克什捷克斯洛伐克总统任期1975年5月29日—1989年12月10日(14年195天)前任卢德维克·斯沃博达继任瓦茨拉夫·哈维尔 个人资料出生(1913-01-10)1913年1月10日 奥匈帝国布拉迪斯拉发杜布拉夫卡逝世1991年11...

British actor Burnaby circa 1924 George Davy Burnaby (7 April 1881 – 18 April 1949) was a British actor who appeared in more than thirty films between 1929 and 1948. He was born in Buckland, Hertfordshire and made his screen debut in the 1929 film The Devil's Maze. He died on 18 April 1949, age 68, the same date as comedian Will Hay with whom he had previously acted.[1][2] Career Burnaby attended Haileybury College before reading law at Cambridge University but failed his fi...

 

العلاقات الأندورية الوسط أفريقية أندورا جمهورية أفريقيا الوسطى   أندورا   جمهورية أفريقيا الوسطى تعديل مصدري - تعديل   العلاقات الأندورية الوسط أفريقية هي العلاقات الثنائية التي تجمع بين أندورا وجمهورية أفريقيا الوسطى.[1][2][3][4][5] مقارنة ب�...

 

See also: Patriarchalism 1680 book by Robert Filmer Patriarcha, or The Natural Power of Kings AuthorRobert FilmerLanguageEnglishSubjectDivine right of kingsPublished1680Media typePrintISBN978-1409952374 Part of the Politics seriesMonarchy Central concepts MonarchMonarchismDivine right of kingsMandate of HeavenRoyal prerogative Types Abdication system Absolute Chinese Legalist Composite Constitutional Crowned republic Diarchy Dual Duchy Grand Dynastic union Elective Emirate Ethnarch Feder...

الدولة القاجارية ممالك إيران المحروسة(ممالک محروسه ایران)دولة إيران العلية(دولت عَلیّهٔ ایران) ↓ 1785 – 1925     الدولة القاجاريةالعلم (1906–1925) الدولة القاجاريةالشعار (1907–1925) النشيد : سلام شاه(1873–1909)سلامتی دولت علیه ایران(1909–1925) خريطة إيران في العهد القاجاري خلا�...

 

هذه المقالة تحتاج للمزيد من الوصلات للمقالات الأخرى للمساعدة في ترابط مقالات الموسوعة. فضلًا ساعد في تحسين هذه المقالة بإضافة وصلات إلى المقالات المتعلقة بها الموجودة في النص الحالي. (أغسطس 2021) هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة �...