Le Havre

Le Havre

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Frankryk Frankryk
 Région (gewes) Normandië
 Département Seine-Maritime
 Koördinate 49°29′N 0°06′O / 49.483°N 0.100°O / 49.483; 0.100
 Stigting 1517
 Oppervlakte:  
 - Totaal 46,95 vk km
 Hoogte bo seevlak 8 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2019) 168 290
 - Bevolkingsdigtheid 3 600/vk km
 - Aire urbaine 235 218
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Édouard Philippe (Horizons)
 Amptelike webwerf Le Havre

Le Havre (Frans: [lə ɑvʁ(ə)], ; Normandies: Lé Hâvre, [lɛ ɑvʁ(é)]; letterlik: "die hawe") is 'n stad in die Noordwes-Franse département Seine-Maritime met 'n bevolking van sowat 168 000.

Die stad, wat aan die regteroewer van die Seine naby sy monding in die Atlantiese Oseaan geleë is, huisves die tweede grootste seehawe in Frankryk ná Marseille – vandaar sy bynaam Porte Océane. Volgens sy inwonertal is Le Havre die grootste stad in Normandië en volgens sy oppervlak die tweede grootste ná Rouen.

Le Havre is ná die uitgebreide verwoesting deur bomaanvalle gedurende die Tweede Wêreldoorlog volgens planne van Auguste Ferret en sy span van sestig argitekte tussen 1945 en 1954 as 'n moderne stad heropgebou. Die stadskern met sy kenmerkende kleurryke betonargitektuur is die enigste dergelike projek van die 20ste eeu wat deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys is.

Geskiedenis

Frans I, koning van Frankryk en stigter van Le Havre

Le Havre is 'n baie jong stad. Dit is in 1517 ter ere van koning Frans I van Frankryk onder die naam Franciscopolis gestig om die ou hawens van Honfleur en Harfleur te vervang. Later is dit hernoem tot Le Havre-de-Grâce.

Die stad het in die 17de eeu reeds as die tuishawe van die Franse Wes-Indiese Kompanjie gedien, maar die ekonomiese groei van die stad het veral tydens die 18de eeu danksy die uitgebreide seehandel plaasgevind. In die 19de eeu het dit 'n belangrike nywerheidstad geword. Le Havre het onder andere die seilvaartitems tydens beide die Olimpiese Somerspele 1900 en Olimpiese Somerspele 1924 gehuisves. Dit was ook een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog is Le Havre in die Slag van Normandië verwoes, en 5 000 inwoners het hul lewens tydens lugaanvalle gesterf. Meer as 12 000 woonstelle is volledig vernietig. Die heropbou van die stad is deur die argitek Auguste Perret in die boustyl van die modernisme beplan.

Tot in die sewentigerjare van die 20ste eeu was Le Havre 'n belangrike hawe vir die passasierskepe van die transatlantiese roete tussen Le Havre en New York – veral vir die beroemde France, wat hierdie roete tussen 1962 en 1974 as die grootste passasierskip ter wêreld met 'n lengte van 316 meter bedien het. Ongeag die proteste van inwoners en 'n staking van die loodse is die France in 1979 aan 'n Noorse redery verkoop en herdoop tot Norway.

Ekonomie

Le Havre is met sy raffinaderye 'n beduidende sentrum van die petrochemiese bedryf. Nogtans baseer die stedelike ekonomie van Le Havre veral op sy seehawe – skeepsbou speel steeds 'n belangrike rol, en die Franse redery Delmas het hier sy hoofkwartier. Ander belangrike bedrywe is voedselverwerking en motorvervaardiging – een van die grootste fabrieke van die Franse motorreus Renault is in die dorp Sandouville net buite Le Havre geleë, net soos aanlegte wat motoronderdele vervaardig.

Ouer dele van Le Havre se seehawe is geherstruktureer soos die Vauban-dokke waar in die somer van 2008 'n moderne swembad, Les Bains des Docks, geopen is. Die swemsentrum is deur die argitek Jean Nouvel ontwerp. Net langsaan het 'n winkelsentrum en 'n nuwe woonkwartier, die Quartier Saint-Nicolas de l'Eure, ontstaan.

Kuns en argitektuur

In 1944 is vier vyfdes van die beboude stadsgebied deur geallieerde lugaanvalle in puin gelê. Die argitek Auguste Perret (1874–1954) het ná die oorlog besluit om die ou stadskern nie te herstel nie en in plaas daarvan sy visie van 'n moderne, vriendelike stad verwesenlik wat volgens 'n eenvormige roosterpatroon aangelê is en grotendeels uit industrieel vervaardigde betonelemente bestaan. Die straatblokke se afmetings is noukeurig beplan om enersyds 'n maksimum van sonlig te laat binnedring, maar om andersyds ook as 'n beskerming teen die koue seewind te dien.

Uitsig oor die strand van Le Havre en 'n deel van die stadsentrum

Die see, die hawe en die belangrike geboue is van orals in die middestad sigbaar.

Perret se nuwerwetse gebruikmaking van die boumateriaal beton en die indrukwekkende aantoning van sy potensiaal was vir Unesco rede genoeg om die stadsentrum van Le Havre op 15 Julie 2005 tot wêrelderfenisgebied te verklaar – die enigste 20ste eeuse middestad wat met dié toekenning vereer is. Die stadskern met 'n oppervlak van 133 hektaar verteenwoordig volgens Unesco "'n buitengewone voorbeeld van die argitektuur en die urbanisme van die na-oorlogse tydperk" en is een van min destydse Europese objekte op die lys van die wêrelderfenisgebiede.

Ander besienswaardighede is die strand met 'n lengte van sowat twee kilometer midde-in die stadsentrum, die klein universiteit met 7 500 studente en die ou hawe wes van die stadsentrum. Sy historiese dokke is nou 'n elegante winkel- en vermaaklikheidsentrum. 'n Metaaltoring van 120 meter, wat deur die bekende Franse argitek Jean Nouvel opgerig is, is die nuwe baken van die stad. Ook Oscar Niemeyer, die argitek en beplanner van die Brasiliaanse hoofstad Brasilia, het 'n bydrae tot Le Havre se nuwe argitektuur gelewer. Sy kulturele sentrum Le Volcan is 'n ronde betongebou wat soos 'n hoogoond lyk en met Auguste Perret se reghoekige geboue kontrasteer. Die Pont de Normandie, wat Le Havre met Honfleur in die département Calvados verbind, is in 1995 ingewy en behoort tot die langste brûe in Europa.

Die André-Malraux-museum (Musée des Beaux-Arts André Malraux) bewaar die erfenis van die impressionistiese skilders soos Monet, Boudin, Dufy en Pissaro, wat die lig en die bekoorlike landskap van Calvados as hulle gunstelingmotiewe ontdek het.

Eksterne skakels

Read other articles:

American politician (born 1952) Janice HahnMember of the Los Angeles County Board of Supervisorsfrom the 4th districtIncumbentAssumed office December 5, 2016Preceded byDon KnabeChair of Los Angeles CountyIn officeDecember 6, 2022 – December 5, 2023Preceded byHolly MitchellSucceeded byLindsey HorvathIn officeDecember 4, 2018 – December 3, 2019Preceded bySheila KuehlSucceeded byKathryn BargerChair pro tempore of Los Angeles CountyIn officeDecember 5, 2017 – ...

 

Pour les articles homonymes, voir Floc'h. Jacques Floch Fonctions Député français 19 juin 2002 – 19 juin 2007 (5 ans) Élection 16 juin 2002 Circonscription 4e de la Loire-Atlantique Législature XIIe (Cinquième République) Groupe politique SOC Prédécesseur Dominique Raimbourg Successeur Dominique Raimbourg 23 juin 1988 – 3 octobre 2001(13 ans, 3 mois et 10 jours) Élection 5 juin 1988 Réélection 28 mars 19931er juin 1997 Circonscription 4e de la Loire-Atlant...

 

Пример включения нонода в качестве квадратурного частотного дискриминатора Нонод типа 6Л1П производства СССР Ноно́д (другие названия - эннео́д, гептагри́д) — электронная лампа с девятью электродами — анодом, катодом, и семью сетками. Подобные лампы создавались для...

People boarding an ADO line bus parked at CAPU The Central de Autobuses Puebla (CAPU) is the major bus depot in Puebla and provides access to the vast majority of Mexico through a wide range of coach companies. Due to Puebla's proximity to Mexico City there are numerous routes running from CAPU to two of the capital's major bus depots: Central de Autobuses del Norte and Central de Autobuses del Sur. Outside the main doors to CAPU is a stop for the numerous local bus routes that can take passe...

 

Castle in Kashmar, Iran Atashgah Castleقلعه آتشگاهAtashgah Castle is one of the castles in IranAtashgah CastleLocation within IranGeneral informationStatusRuinedTypeCastleArchitectural styleSasanianTown or cityKashmarCountryIranCoordinates35°18′59″N 58°23′10″E / 35.31639°N 58.38611°E / 35.31639; 58.38611Technical detailsStructural systemDefensive Atashgah Castle (Persian: قلعه آتشگاه) is a castle in the city of Kashmar, and is one of the...

 

2nd Reconnaissance Battalion2nd Reconnaissance Battalion insigniaActiveDecember 1, 1950 – presentCountry United States of AmericaBranch United States Marine CorpsTypeMarine division reconnaissanceRoleReconnaissancePart of2nd Marine DivisionII Marine Expeditionary ForceGarrison/HQMarine Corps Base Camp LejeuneMotto(s)Swift, Silent, DeadlyEngagementsWorld War II Battle of Tarawa Battle of Saipan Battle of Okinawa Persian Gulf War Operation Desert Shield Operation Desert Storm W...

У этого термина существуют и другие значения, см. Шаланда (значения). Жюль Фонтан, «Литая шаланда». Шала́нда[1] (фр. chaland) — небольшая баржа для погрузки и разгрузки крупнотоннажных судов на рейде, перевозки земли и тому подобное. В других источниках, на оконча...

 

For the most recent participation, see Serbia in the Eurovision Song Contest 2023. For the upcoming participation, see Serbia in the Eurovision Song Contest 2024. Serbia in the Eurovision Song Contest Participating broadcasterRadio-televizija Srbije (RTS)Participation summaryAppearances15 (12 finals)First appearance2007Highest placement1st: 2007Host2008 Participation history 200720082009201020112012201320142015201620172018201920202021202220232024 Related articlesBeovizijaPesma za EvrovizijuE...

 

Annual professional golf tournament in Japan Dunlop Phoenix TournamentTournament informationLocationMiyazaki, Miyazaki, JapanEstablished1972Course(s)Phoenix Country ClubPar71Length7,042 yards (6,439 m)Tour(s)Japan Golf TourFormatStroke playPrize fund¥200,000,000Month playedNovemberTournament record scoreAggregate263 Brooks Koepka (2016)263 Kazuki Higa (2022)To par−21 as aboveCurrent champion Yuta Sugiura (a)Location mapPhoenix CCLocation in JapanShow map of JapanPhoenix CCLocation in ...

Erdmuthe di Dietrichstein-NikolsburgEdmunda in un ritratto di autore ignoto,Liechtenstein MuseumPrincipessa consorte del LiechtensteinStemma In carica5 aprile 1684 –16 giugno 1712(28 anni e 72 giorni) PredecessoreGiovanna Beatrice di Dietrichstein-Nikolsburg SuccessoreEleonora Barbara di Thun-Hohenstein Nome completotedesco: Erdmuthe Marie Theresiaitaliano: Erdmuthe Maria Teresa TrattamentoSua Altezza Serenissima NascitaVienna, Sacro Romano Impero, 17 aprile 1662 MorteV...

 

Railway station in Taizhou, Zhejiang, China Taizhou South Railway Station Container Train Taizhou South railway station is a freight-only railway station located in Luqiao District, Taizhou, Zhejiang, China. It was built with the Ningbo–Taizhou–Wenzhou railway which began passenger service in 2009, but Taizhou South was not used until 2011.[1][2] It is one of the eastern terminuses of the Jinhua–Taizhou railway. References ^ 台州铁路南站货运专列将首发. 台�...

 

Sceaux 行政国 フランス地域圏 (Région) イル=ド=フランス地域圏県 (département) オー=ド=セーヌ県郡 (arrondissement) アントニー郡小郡 (canton) 小郡庁所在地INSEEコード 92071郵便番号 92330市長(任期) フィリップ・ローラン(2008年-2014年)自治体間連合 (fr) メトロポール・デュ・グラン・パリ人口動態人口 19,679人(2007年)人口密度 5466人/km2住民の呼称 Scéens地理座標 北緯48度4...

Natrium sulfida Nama Nama lain Dinatrium sulfida Penanda Nomor CAS 1313-82-2 Y1313-84-4 (pentahidrat) N1313-84-4 (nonahidrat) N Model 3D (JSmol) Gambar interaktif 3DMet {{{3DMet}}} ChEBI CHEBI:76208 N ChemSpider 14120 N Nomor EC PubChem CID 237873 Nomor RTECS {{{value}}} Nomor UN 1385 (anhidrat)1849 (hidrat) CompTox Dashboard (EPA) DTXSID0029636 InChI InChI=1S/2Na.S/q2*+1;-2 NKey: GRVFOGOEDUUMBP-UHFFFAOYSA-N NInChI=1/2Na.S/q2*+1;-2Key: G...

 

Den här artikeln behöver källhänvisningar för att kunna verifieras. (2014-11) Åtgärda genom att lägga till pålitliga källor (gärna som fotnoter). Uppgifter utan källhänvisning kan ifrågasättas och tas bort utan att det behöver diskuteras på diskussionssidan. Forsamål är den dialekt som talas/talades i Forsa socken, Hälsingland. Idag (2007) finns det bara ett litet fåtal som behärskar det som brukar kallas genuint forsamål. Forsamålet är vad man kan kalla en övergån...

 

Voce principale: Cavese 1919. Associazione Sportiva Pro CaveseStagione 1977-1978Sport calcio Squadra Pro Cavese Allenatore Pietro Fontana poi Corrado Viciani Presidente Federico De Filippis Serie C12º nel girone C. Maggiori presenzeCampionato: Cafaro (38) Miglior marcatoreCampionato: Cassarino (8) 1976-1977 1978-1979 Si invita a seguire il modello di voce Questa voce raccoglie le informazioni riguardanti l' Associazione Sportiva Pro Cavese nelle competizioni ufficiali della stagione 19...

District and municipality in Eskişehir, TurkeySarıcakayaDistrict and municipalityMap showing Sarıcakaya District in Eskişehir ProvinceSarıcakayaLocation in TurkeyShow map of TurkeySarıcakayaSarıcakaya (Turkey Central Anatolia)Show map of Turkey Central AnatoliaCoordinates: 40°02′N 30°31′E / 40.033°N 30.517°E / 40.033; 30.517CountryTurkeyProvinceEskişehirGovernment • MayorHüseyin Çam (AKP)Area382 km2 (147 sq mi)Elevation252&#...

 

Canoeing at the2004 Summer OlympicsSlalomC-1menC-2menK-1menwomenSprintC-1 500 mmenC-1 1000 mmenC-2 500 mmenC-2 1000 mmenK-1 500 mmenwomenK-1 1000 mmenK-2 500 mmenwomenK-2 1000 mmenK-4 500 mwomenK-4 1000 mmenvte These are the results of the men's K-2 500 metres competition in canoeing at the 2004 Summer Olympics. The K-2 event is raced by two-man canoe sprint kayaks. Medalists Gold Silver Bronze  Ronald Rauhe and Tim Wieskötter (GER)  Clint Robinson and Nathan Baggaley (A...

 

Навчально-науковий інститут інноваційних освітніх технологій Західноукраїнського національного університету Герб навчально-наукового інституту інноваційних освітніх технологій ЗУНУ Скорочена назва ННІІОТ ЗУНУ Основні дані Засновано 2013 Заклад Західноукраїнський �...

This article needs to be updated. Please help update this article to reflect recent events or newly available information. (November 2019) Soy Luna is an Argentine-Mexican drama television series developed by Disney Channel Latin America. The series premiered on 14 March 2016 in Latin America on Disney Channel, and is currently in its third season. Character appearances Legend   = Main cast (credited)   = Recurring cast (2+)   = Guest cast (1) Character Portrayed by Seasons 1 ...

 

1946 film by Friz Freleng Baseball BugsDirected byI. FrelengStory byMichael MalteseProduced byEdward SelzerStarringMel BlancFrank Graham (uncredited)Tedd PierceBea BenaderetMusic byCarl W. StallingAnimation byManuel PerezKen ChampinVirgil RossGerry ChiniquyLayouts byHawley PrattBackgrounds byPaul JulianColor processTechnicolorDistributed byWarner Bros. PicturesRelease date February 2, 1946 (1946-02-02) Running time7:36LanguageEnglish Baseball Bugs is a 1946 Warner Bros. Looney ...