Laat Tydperk van Antieke Egipte

Die Laat Tydperk van Antieke Egipte verwys na die laaste opbloei onder Egiptiese heersers nadat die onstabiele Derde Oorgangstydperk tot ’n einde gekom het. Dit het geduur van 664 tot 332 v.C. en geëindig met die besetting van Egipte deur Alexander die Grote.

Hoewel buitelanders in dié tyd oor die land regeer het, was die Egiptiese kultuur op ’n hoogtepunt. Libiërs en Perse het om die beurt saam met plaaslike Egiptenare geheers, maar tradisionele konvensies het in die kuns voortgeduur.[1]

Die Laat Tydperk word dikwels beskou as die laaste asemteug van ’n eens groot kultuur waartydens die mag van Egipte algaande afgeneem het.

Verwysings

  1. Bleiberg, Edward (2013). Soulful Creatures: Animal Mummies in Ancient Egypt. Brooklyn Museum. p. 16.