Die Suid-Afrikaanse Spoorweë Klas 3A 4-8-2, ook bekend as die "American D", is 'n tenderlokomotief wat in 1910 deur die Natalse Regeringspoorweë van die American Locomotive Company bestel is.
Terselfdertyd dat die 4-8-2 "Mountain"-tipe tenderlokomotiewe bestel is, het die Natalse Regeringspoorweë ook 'n Mallet-tipe 2-6-6-2 lokomotief bestel om die twee lokomotiewe te vergelyk. Albei lokomotiewe is as "Klas B" geklassifiseer. In 1912, toe die lokomotiewe na die Suid-Afrikaanse Spoorweë oorgedra is, is hulle hernommer en herklassifiseer, maar hulle kry verskillende klassifiserings. Die 4-8-2 is as "Klas 3A" herklassifiseer.[2][3]
↑(en) Holland, D.F. (1971). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 1: 1859–1910 (1st uitg.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. pp. 103–105. ISBN978-0-7153-5382-0.
↑Klassifikasie van S.A.R. lokomotiewe met hernommerlyste, uitgereik deur die Kantoor van die Hoofmeganiese Ingenieur, Pretoria, Januarie 1912, pp. 9, 12, 14, 34 (Herdruk in April 1987 deur SATS Museum, R.3125-6/9/11-1000)
Hierdie treinartikel is 'n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.