Johannes Rienk Burg

J.R. Burg op gevorderde leeftyd.

Johannes Rienk Brug (Leeuwarden, Friesland, 6 Maart 1874Pretoria, Suid-Afrika, 6 Maart 1961) was ’n Suid-Afrikaanse argitek van Nederlandse herkoms.

Burg was een van die Nederlanders wat deur pres. Paul Kruger na Pretoria laat kom is om die administrasie te help vestig en wat gehelp het om die hoofstad van die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR) se argitektoniese karakter te bepaal. Sommige van dié Nederlanders is in die departement van openbare werke se aangestel, onder wie Sytze Wierda, departementshoof, Klaas van Rijsse, argitek, J.B. Wijers, opsigter eerste klas, en J.G. Kraan.

Die Nederlanders Willem de Zwaan, Frans Soff, ingenieur Westenberg van die Nederlandsche Zuid-Afrikaansche Spoorweg-Maatschappij (NZASM) en W.A. de Rapper was voor die Tweede Vryheidsoorlog onafhanklik van dié departement as argitekte bedrywig. In die eerste jare ná die oorlog was die firma De Zwaan en Soff, die firma Kraan en Wijers, F. van der Ben en J.R. Burg bedrywig.

Op die gebied van kerklike boukuns het die argitekte Van Rijsse, J.G. Kraan en J.B. Wijers in 1905 die “Grootkerk” van die NG gemeente Pretoria in die huidige Bosmanstraat ontwerp. Laasgenoemde twee argitekte het in dieselfde jaar 1905 die kerkgebou van die Nederduitsch Hervormde gemeente Pretoria in Du Toitstraat ontwerp. Van die belangrike geboue wat tussen die Tweede Vryheidsoorlog en die Eerste Wêreldoorlog in die Transvaalse hoofstad opgerig is, is die spoorwegstasie, die museum aan Paul Krugerstraat, die voormalige brandweerstasie, dip hoofposkantoor, die Uniegebou, die destydse Goewernementshuis, die hoofgeboue van die destydse Transvaalse Universiteitskollege (TUK, nou die Universiteit van Pretoria), die Pretoria Boys’ High School en die destydse Normaalskool (later Transvaal Onderwyskollege).

Behalwe die paar oud-Nederlandse argitekte wat in die naoorlogse jare in Pretoria bedrywig was, soos Burg, De Zwaan, Soff, Kraan en Wijers, W.A. de Rapper, F. van der Ben, en andere, is die algemene toon destyds deur Britse argitekte soos Herbert Baker, Gordon Leith, A.S. Turner en Gordon McIntosh aangegee.

Burg se eerste jare as argitek

Hierdie huis teen Meintjieskop in Pretoria het dr. Frans Engelenburg in 1903 laat bou volgens Burg se ontwerp en in sy testament bemaak aan die regering. Dit huisves nou die SA Akademie en ’n kosbare kunsversameling.
Die NG kerk Belfast. Die argitek van die oorspronklike gebou was Burg, maar Gerard Moerdyk het die toring ontwerp, wat heelwat later aangebring is. Die eerste hoeksteen is in April 1914 gelê en dié van die verbouings in 1961.

Burg, die seun van Daniël Christiaan Burg en Ynskje Deinema van Leeuwarden in Friesland, Nederland, het sy opleiding as argitek in Nederland gehad en op 21-jarige leeftyd in 1895 na Transvaal gekom, in diens van die NZASM getree en onder meer NZASM-stasies aan die lyn van Pretoria na Komatipoort ontwerp. Toe die Driejarige Oorlog in 1899 uitbreek, het die jong Burg by die Staatsartillerie van die ZAR aangesluit. Hy is deur die Britte op Belfast gevange geneem en na Fort Ahmednagar in Brits-Indië gestuur. Daar het hy tot die einde van die oorlog op 31 Mei 1902 gebly.

Die jare tussen die oorloë

Na sy terugkeer in Pretoria is Burg in 1903 met Magdalena Stadler van Stellenbosch getroud. Op 4 Maart 1904 het hy saam met argitek Lockwood Hall ’n argiteksfirma te Pretoria gestig. Die vennootskap het nie lank bestaan nie en in 1905 het Burg ’n kantoor in die destydse Alexandragebou aan Kerkplein betrek.

Dié jare na die Engelse Oorlog was besonder moeilik en die boubedryf was hoofsaaklik tot die bou van huise in die voorstede beperk. In 1911 het Burg sy eie huis in die voorstad Hillcrest aan die einde van Duxburyweg betrek. Hy het gehou van die wye, oop veld; daardie deel van Pretoria was toe nog heeltemal onbewoon. Die jare van 1914 tot ’18 was ook uiters moeilik, want tydens die Eerste Wêreldoorlog is weinig gebou.

Ná die Eerste Wêreldoorlog

Die tweede NG kerk Germiston, waarvan die hoeksteen op 29 September 1923 gelê is, voor die toring aangebou is. Burg was die argitek van die gebou in sy oorspronklike vorm.

Ná die vrede in 1918 het ’n oplewing gekom en in 1936 is die firma Burg, Lodge en Burg gestig. Die hoofde van die firma was Johannes Rienk Burg, Clem S. Lodge en J. (Jimmy) S. Burg. In 1941 het J.R. Burg uit die firma getree en enkele jare later na die Suidwes-Kaap verhuis. In die gedenkskrif van die firma Burg, Doherty, Bryant en vennote is onder meer in verband met sy werk as argitek verklaar: “Many landmarks of his talent are still to be seen today in the capital (Pretoria), among them the Ou Moedersbond – now the H.F. Verwoerd Maternity Home – and the original Koedoe Arcade featuring Pretoria’s first basement.”

In 1945 het Burg besluit om op Somerset-Wes af te tree. Daar het hy ’n mooi grasdakhuis gebou en weer ’n kantoor geopen. Hy het in dié jare ’n winkelkompleks, woonstelle en huise op Somerset-Wes ontwerp. In 1953 het sy verlange na sy familielede in Pretoria te groot geword. Hy het na die noorde teruggekeer, in die firma toesig oor die bouwerke gehou en dié werksaamhede tot sy 81ste verjaardag volgehou.

Hy is presies ses jaar later op sy 87ste verjaardag 6 Maart 1961 in Pretoria oorlede.

Sy werk

Die NG kerk Vrede omstreeks 1917 met links voor die gedenkteken ter nagedagtenis aan die gesneuwelde burgers van in die oorlog van 1899-1902. Die kerkgebou se hoeksteen is op 25 Januarie 1913 gelê.

Van Burg se vernaamste skeppings was die Ou Moedersbond in 1933 en die destydse Koedoedeurloop (1934). Laasgenoemde gebou het die eerste parkeerkelder in die hoofstad gehad. Verder het hy NG kerke, soos dié op Dullstroom, Belfast en Vrede asook Germiston se moederkerk, en skoolkoshuise op die platteland ontwerp.

In sy aantekeninge het sy seun Jimmy Burg onder meer ook vermeld: J.L. van Schaik se Libri-gebou, die Lewis-gebou, Amanda Mansions, die Trysa-gebou, die eerste kafeebioskoop in Pretoria, die Salisburygebou, E & R Mansions, Hannah Court, Rose Mansions, die Zuid-Afrikaanse Hospitaal en woonhuise van regters Maritz, Murray en Malan, adv. Reitz, W.M. Pattison (bouer) en andere.

Burg se firma

Die NG kerk Dullstroom. Dis ingewy op 13 November 1920. Dié gemeente is ingelyf by Belfast, wie se kerk Burg ook ontwerp het.

In 1935 J.R. (Jimmy) Burg saam met argitek C.S. Lodge ’n tak van die firma op Springs geopen. Kort daarna het argitek Lodge op versoek van argitek J.R. Burg na die Pretoriase hoofkantoor teruggekeer. In 1941 is met die terugkoms van argitek J.S. Burg na Pretoria die firma Burg, Lodge en Burg gestig. In 1956 het argitek Tony Doherty tot die firma toegetree. Lodge is in 1967 oorlede en omstreeks die tyd is die firmanaam in Burg, Lodge & Doherty verander. Omstreeks tien jaar later is die naam van die firma Burg, Doherty, Bryant en vennote gewysig. J.S. Burg het in 1975 afgetree.

Waardering

J.S. Burg het in sy aantekeninge omtrent sy vader in die firma se gedenkboek geskryf: “He was known as one of the strictest supervisors in the building trade and all the builders took great pains not to get in his bad books. He was also honest and most professional in his work and always impressed on his young partners the same standards that he upheld all his life.”

Lys werke

Die NG kerk Edenville is op 7 April 1922 deur ds. J.D. Kestell ingewy.
Ds. Jimmy Louw het die NG kerk Germiston se hoeksteen op 29 September 1923 gelê. Daarbo is 'n gedenksteen van die APK, wat 'n tyd lank die gebou gebruik het, tot Germiston, Alberton en Primrose saamgesmelt het. Dis nou ’n Sewendedagadventistekerk.

Aan die hand van die gedenkboek kan net ’n onvolledige lys van ontwerpe en bouwerke opgestel word wat tussen 1904 en 1984 deur die firma geteken en waaroor toesig gehou is. Die lys bevat nie al die jare waarin die ontwerpe vervaardig is nie. Dieselfde geld vir die argitek en argitekte wat sekere ontwerpe vervaardig het. 1910-1935: Die vroeë jare onder J.R. Burg. Die NG kerk op Dullstroom, die NG kerk op Belfast (’n klipkerk), die Ou Moederbond (1933), die Koedoedeurloop met die Koedoegebou en die eerste parkeerkelder.

1936-1950: Blokke woonstelle en wonings soos die E & R Mansions in Pretoria, die eerste groot woonstelgebou in Pretoria; die Hannah Court-woonstelle (1937), Pretoria; die King’s Row-gebou in Pretoria; die Malvern House-woonhuis in Pretoria (1941); skole op Springs en elders; nywerheidsprojekte: Boerstra se bakkery in Pretoria; ander geboue: die Salisbury House in Pre-toria (1937); die Libri-gebou van J.L. van Schaik, die Lewis-gebou, Amanda Mansions, die Trysa-gebou, Rose Mansions, almal in Pretoria; die Impalagebou (1939), die Doeane-gebou (1950), die Ykgebod (1950) en die Van der Ster-gebou (1953).

1951-1967: Die hoofkantoor van Avbob in Pretoria; die Karel Schoeman-gebou in Pretoria; die Frans du Topt-gebou in Pretoria; die poort en kampus van die Wetenskaplike en Nywerheids-Navorsingsraad (WNNR, 1959); die Pretoriase Kunsmuseum (1967); Munitoria (1969). In Pretoriusstraat in Pretoria: die United Bouvereniging-gebou, die Southern Life-gebou, die Merino-gebou, die Wachthuis, die Savelkoul-gebou.

1968-1980: In dié jare is veral aandag aan nywerheids- en navorsingsprojekte en dergelike gewy. Voorbeelde is die Pretoria News-gebou (1972), die sterrewagkampus op Sutherland in die Kaapprovinsie (1973), die blommemark in City Deep, Johannesburg (1976), die verbouing en modernisering van die United Bouvereniging-gebou in Pretoria (1982), die Mintyhuis, Nelspruit 1979), die moskee in Nelspruit (1973), die Uplands-skoolsaal, Witrivier. Ook die Rank Xerox-sentrum in Isando (1977), die WNNR-konferensiesentrum in Pretoria (1977) en die United Bouvereniging se streekkantoor in Sunnyside in Pretoria (1981), asook die WNNR-kampus se ontwikkeling op Faure in die Kaapprovinsie (1979) en die ontwikkelingsplanne vir Kerkplein, Pretoria. Wat stadsbeplanning betref, was die forma verantwoordelik vir Giyani, hoofstad van Gazankulu (1986) en van die eiland Argironisos in Griekeland.

1981-1983: Die Volkskas-rekenaarsentrum in Pretoria (1982); ’n kantoorgebou van die Ou Mutual in Isando (1983); die Koringraadgebou in Pretoria (1983); streekkantore vir United Bouvereniging, die Austin-huis in Pretoria (1982) en die huis Northcliff (1982) en die Ou Mutual-nywerheidspark in Pretoria.

1984: Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se hoofkantoor in Pretoria.

Bronne

Read other articles:

Coklat chip rasa semi manis Cokelat chip adalah butir-butir cokelat kecil. Umumnya dijual dalam bentuk bulat, dan bentuk tetesan air mata yang dasarnya rata. Ukurannya pun beragam, dari yang besar sampai kecil, tetapi biasanya dijumpai yang berdiameter 1 cm. Cokelat chip dapat ditambahkan di kue kering, panekuk, wafel, puding, muffin, crêpes, pai, cokelat panas, dan berbagai macam kue basah. Cokelat chip dapat pula dijumpai di produk makanan lain seperti granula, es krim, dan trail mix....

 

Runaways is an American comic book series created by Brian K. Vaughan and Adrian Alphona for Marvel Comics. The series debuted in April 2003. It has covered 13 story arcs, and is currently in its fourteenth. Runaways has frequently been collected in digest-sized books, which led to booming sales.[1] Series creator Vaughan wrote the entire first volume and most of the second, which was continued and ended by Joss Whedon. Rainbow Rowell currently runs the series. Runaways is frequently...

 

A Series of Unfortunate Events PengarangLemony Snicket (pseudonim digunakan oleh) Daniel HandlerIlustratorBrett HelquistPerancang sampulBrett HelquistNegaraAmerika SerikatBahasaBahasa InggrisGenreBuku anak, komedi hitam, gothik, fiksi absurdisPenerbitHarperCollinsTgl. terbit (bhs. Inggris)30 September 1999 – 13 Oktober 2006 Halaman ini berisi artikel tentang serial buku. Untuk film, lihat Lemony Snicket's A Series of Unfortunate Events. Untuk permainan video, lihat Lemon...

Air MekongBerkas:Air Mekong-logo IATA ICAO Kode panggil P8 MKG MEKONG Didirikan2009Penghubung Bandar Udara Internasional Tan Son Nhat Bandar Udara Internasional Noi Bai Kota fokus Bandar Udara Buon Ma Thuot Bandar Udara Phu Quoc Armada4 (+2)Tujuan9SloganDiscover the country with the sarus cranePerusahaan indukAir Mekong[butuh rujukan]Kantor pusatPhú Quốc, Provinsi Kiên Giang, VietnamTokoh utamaĐoàn Quốc ViệtSitus webhttp://www.airmekong.vn [[Berkas:Máy bay Bombardier CRJ 90...

 

Neighborhood in Atlanta, Georgia, US 1913 Advertisement for lot sales in Carey Park Carey Park is a neighborhood on the Upper Westside of Atlanta with a population of 1,739.[1] It is bordered by:[2] Scotts Crossing on the north Almond Park on the east Hill Street and the Center Hill neighborhood on the south James Jackson Parkway and the neighborhoods of Brookview Heights (including the former site of Bowen Homes) and Monroe Heights together formerly known as the Watts Road ne...

 

Cet article est une ébauche concernant le christianisme. Vous pouvez partager vos connaissances en l’améliorant (comment ?) selon les recommandations des projets correspondants. Le subordinatianisme ou subordinationisme est une tendance théologique du christianisme d'après laquelle, selon le principe du Dieu Un, le Fils, Jésus, est subordonné au Père, alors que le Père est pour sa part inengendré et absolument transcendant, au contraire du Fils. « Avant Nicée, les déf...

HatungunKecamatanPeta lokasi Kecamatan HatungunNegara IndonesiaProvinsiKalimantan SelatanKabupatenTapinPemerintahan • Camat...Populasi • Total8,015 jiwa (2.010) jiwaKode Kemendagri63.05.12 Kode BPS6305011 Luas... km²Desa/kelurahan8/- Hatungun adalah sebuah kecamatan di Kabupaten Tapin, Kalimantan Selatan, Indonesia. Hantungun merupakan hasil pemekaran dari kecamatan Binuang. Batas wilayah Batas-batas wilayah kecamatan Hatungun adalah sebagai berikut: Utara Kecama...

 

追晉陸軍二級上將趙家驤將軍个人资料出生1910年 大清河南省衛輝府汲縣逝世1958年8月23日(1958歲—08—23)(47—48歲) † 中華民國福建省金門縣国籍 中華民國政党 中國國民黨获奖 青天白日勳章(追贈)军事背景效忠 中華民國服役 國民革命軍 中華民國陸軍服役时间1924年-1958年军衔 二級上將 (追晉)部队四十七師指挥東北剿匪總司令部參謀長陸軍�...

 

Voce principale: Unione Sportiva Lecce. Unione Sportiva LecceStagione 2000-2001Sport calcio Squadra Lecce Allenatore Alberto Cavasin Presidente Mario Moroni Serie A13º posto Coppa ItaliaOttavi di finale Maggiori presenzeCampionato: Vugrinec, Chimenti (34) Miglior marcatoreCampionato: Lucarelli (12)Totale: Lucarelli, Vugrinec (14) 1999-2000 2001-2002 Si invita a seguire il modello di voce Questa voce raccoglie le informazioni riguardanti l'Unione Sportiva Lecce nelle competizioni uffici...

Portion regarding requirements for ratification For the closing endorsement following Article Seven, see Signing of the United States Constitution This article is part of a series on theConstitutionof the United States Preamble and Articles Preamble I II III IV V VI VII Amendments to the Constitution I II III IV V VI VII VIII IX X XI XII XIII XIV XV XVI XVII XVIII XIX XX XXI XXII XXIII XXIV XXV XXVI XXVII Unratified Amendments: Congressional Apportionment Titles of Nobility Corwin Child Labor...

 

Egyptian actor (1932–2015) For other people named Omar Sharif, see Omar Sharif (disambiguation). Omar SharifOMEعمر شريفSharif in 1963BornMichel Yusef Dimitri Chalhoub[1](1932-04-10)10 April 1932Alexandria, Kingdom of EgyptDied10 July 2015(2015-07-10) (aged 83)Cairo, EgyptBurial placeAl-Sayyida Nafisa CemeteryNationalityEgyptianOther namesOmar el-Sherief,[2][3] Omar Cherif[4]EducationVictoria College, AlexandriaAlma materCairo UniversityO...

 

IzhaviaИжавиаBerkas:Izhavia logo.png IATA ICAO Kode panggil I8[1] IZA[1] IZHAVIA Didirikan1992 (1992)PenghubungBandara IzhaviaArmada11Tujuan3Kantor pusatIzhevsk, Udmurtia, RussiaTokoh utamaMikhail Semyonovich Khatomkin (Direktur Jendral)Situs webizhavia.su JSC Izhavia (bahasa Rusia: ОАО «Ижавиа», translit. OAO «Ižavia») adalah maskapai penerbangan yang berbasis di Izhevsk, Udmurtia, Rusia. Ini adalah maskapai penerbangan nasional Republik Udmu...

Questa voce sull'argomento attori statunitensi è solo un abbozzo. Contribuisci a migliorarla secondo le convenzioni di Wikipedia. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. Vanessa Bell Calloway nel 2010 Vanessa Bell Calloway (Cleveland, 20 marzo 1957) è un'attrice statunitense. Indice 1 Filmografia parziale 1.1 Cinema 1.2 Televisione 2 Doppiatrici italiane 3 Altri progetti 4 Collegamenti esterni Filmografia parziale Cinema Bersaglio n. 1 (Number One with a Bullet), regia di Ja...

 

Questa voce o sezione sull'argomento scultori italiani non cita le fonti necessarie o quelle presenti sono insufficienti. Puoi migliorare questa voce aggiungendo citazioni da fonti attendibili secondo le linee guida sull'uso delle fonti. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. Pinuccio Sciola Giuseppe Sciola, conosciuto come Pinuccio (San Sperate, 15 marzo 1942 – Cagliari, 13 maggio 2016[1]), è stato uno scultore italiano. Era conosciuto per la sua attività nella p...

 

Public high school in California Huntington Beach High SchoolAddress1905 Main StreetHuntington Beach, California 92648United StatesCoordinates33°40′35″N 118°00′09″W / 33.67636°N 118.0025°W / 33.67636; -118.0025InformationTypePublic high schoolEstablished1906School districtHuntington Beach Union High School DistrictPrincipalBrenna OrrGrades9–12Enrollment2,807 (2022-23)[2]Color(s)Black and Orange   Athletics conferenceCIF Southern Section ...

51°37′58″N 0°6′55″W / 51.63278°N 0.11528°W / 51.63278; -0.11528 Grovelands House The Inverforth Gate Grovelands Park is a public park in Southgate and Winchmore Hill, London, that originated as a private estate. The park is Grade II* listed on the Register of Historic Parks and Gardens.[1] Grovelands, the house on the western side of the park, is Grade I listed on the National Heritage List for England.[2] History The mansion, which was ini...

 

State of Mexico For other uses, see Guerrero (disambiguation). You can help expand this article with text translated from the corresponding article in Spanish. (January 2023) Click [show] for important translation instructions. Machine translation, like DeepL or Google Translate, is a useful starting point for translations, but translators must revise errors as necessary and confirm that the translation is accurate, rather than simply copy-pasting machine-translated text into the English...

 

Port St. Joe redirects here. For the Brothers Osborne album, see Port Saint Joe (album). City in Florida, United StatesPort St. Joe, FloridaCityCity of Port St. JoePort St. Joe City HallNickname: St. JoeMotto(s): The Constitution CityBirthplace of the Florida ConstitutionIn God We TrustLocation in Gulf County and the state of FloridaCoordinates: 29°48′53″N 85°17′50″W / 29.81472°N 85.29722°W / 29.81472; -85.29722Country United StatesState ...

México6º lugar Oficial Alternativo Asociación FMF Confederación Concacaf Participación 9.ª Mejor resultado Cuartos de final: 1970 Entrenador Bora Milutinović La Selección de fútbol de México fue una de las 24 selecciones participantes de la Copa Mundial de Fútbol de 1986, la cual realizó. Por segunda vez, México hospedó el Campeonato Mundial de 1986 (para ser el primer país que organiza dos Copas del Mundo, seguido de Italia, Francia, Alemania y Brasil), por consiguiente, cali...

 

2011 European Athletics U23 ChampionshipsTrack events100 mmenwomen200 mmenwomen400 mmenwomen800 mmenwomen1500 mmenwomen5000 mmenwomen10,000 mmenwomen100 m hurdleswomen110 m hurdlesmen400 m hurdlesmenwomen3000 msteeplechasemenwomen4 × 100 m relaymenwomen4 × 400 m relaymenwomenRoad events20 km walkmenwomenField eventsHigh jumpmenwomenPole vaultmenwomenLong jumpmenwomenTriple jumpmenwomenShot putmenwomenDiscus throwmenwomenHammer throwmenwomenJavelin throwmenwomenCombined eventsHeptathlonwome...