Nominasie vir 'n Radio Artes as regisseur vir die radio drama Drif (1995)
Joey de Koker (1932–2014) was 'n aktrise en drama-regisseur. Sy is bekend vir haar betrokkenheid met radiowerk, verhoogproduksies en vir rolle in films soos Die wit sluier (1973), Back to Freedom (1988), Wie Laaste Lag... (1986) en Nag van die 19de (1991).[1]
De Koker was bekend en geliefd in die Paarl deur haar betrokkenheid met die Paarl Teaterklub wat in die Skuurteater en later in die Ou Meulteater opvoerings gedoen het, soos Kwart voor Dagbreek (1996).[5][6]