Ike Moriz (Eike Moriz) is op 14 Mei 1972 in Friedberg in Hesse, Duitsland gebore en het in Wentorf naby Hamburg grootgeword. Sy ouers was die juweliers Kai and Waltraud Moriz en hy was van 1988 tot 1989 die hoofseun van Hoërskool Wentorf. Gedurende sy skooldae het hy in sy eerste toneelstukke gespeel onder regie van Dr. Hans Bittner, wat ook sy klavieronderwyser was. Nadat hy in 1991 gematrikuleer het, het hy sy basiese militêre diens in die Feldwebel-Lilienthal-kaserne in Delmenhorst en die Bose Bergmann en Bismarck-kaserne in Wentorf naby Hamburg van 1991 tot 1992 gedoen. Daarna is hy van 1992 tot 1993 vir die eerste keer na Suid-Afrika, waar hy o.a. op sy oom se sitrusplaas in Clanwilliam in die Wes-Kaap gewerk het.
Musiekstudies
Nadat sy terugkeer na Hamburg, studeer hy van 1993 tot 1995 besigheidsekonomie aan die Universiteit van Hamburg, waar hy ook sy eerste optredes as sanger in 'n Rockgroep en rolle in toneelstukke in Engels gehad het. Daarna studeer hy Jazz, Rock en Pop aan die Carl Maria von Weber-musiekakademie in Dresden van 1995 tot 1999. Tydens sy musiekstudies neem hy deel aan 'n twaalf maande lange uitruilprogram aan die Suid-Afrikaanse Musiekkollege in Kaapstad en die Rotterdamse Konservatorium van 1997-1998. Hy het twee akademiese grade vir Jazz-, Rock-, Popmusiek asook vir sangonderrig ontvang (B.Mus.Ed.).
In Londen (1999-2005)
Ike Moriz het van einde 1999 tot begin 2005 in Londen gewoon. Aanvanklik verskyn Moriz daar as 'n straatmusikant en as 'n hoof sanger en klawerbordspeler vir die Indie-rockgroep 'Stunt Double' en uiteindelik as solosanger. In 2002 vertolk hy sy eerste hoofrol in die Amerikaanse musiekblyspel "Saving Anne" in die Greenwich-teater.[3][4] Hy stig sy platemaatskappy, Mosquito Records London Pty Ltd., en neem sy eerste trefferliedjie 'Fall Into The Sun' saam met die vervaardiger Steve Kent in 2002 in Tin Pan Alley Studios op.[5]
Dit is gevolg deur sy eerste twee solo-albums wat hy van 2002 tot 2005 saam met Alan van Kleef by Motion Studios opgeneem en vervaardig het.[6] Moriz se liedjies bereik nommer een op radiostasies in die Verenigde Koninkryk, Nederland, Suid-Afrika en Duitsland en is in sewentien lande regoor die wêreld op radio gespeel.
Die Britse sanger David Bowie het verskeie kere Ike Moriz se liedjies as 'Top Song of the Week' op sy webwerf aangewys.[7] In 2004 was Moriz ook verskeie kere op die Ukkasie Kunstefees in Londen saam met verskeie ander Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Dozi, Heinz Winckler, Nianell en Steve Hofmeyr het opgetree.[8]
Moriz het ook kleiner rolle vertolk en verskyn in internasionale films soos 'Alfie' (2004), 'Shanghai Knights' (2003) en 'Love Actually' (2003), asook in Suid-Afrikaanse en Britse TV-reekse soos 'EastEnders', 'Strike Back' (2010), 'Backstage' (2006), 'Family Affairs' en 'The Bill'.
In Suid-Afrika en internasionaal (sedert 2005)
Moriz woon sedert Mei 2005 amptelik in Suid-Afrika, waar hy dadelik groot mediadekking ontvang het met sy tweede album 'Play Me' en die enkelsnitte 'I Feel Real' en 'Play Me'.[9] Hy het via die media en optredes vinnig landswyd bekend geword en is in 2006 as een van die land se top vyf sangers aangewys.[10][11][12]
Dit is gevolg deur nog 'n album in die rock / pop-genre 'All Around The World' (2007), wat hy vir die eerste keer aangebied het met bekendstellingskonserte in Fashion-TV-Cafés in Johannesburg en Kaapstad. Die albumbekendstelling in Kaapstad het gelyktydig plaasgevind as CD-partytjies in Duitsland, Nederland en Groot-Brittanje.[13][14]
Moriz tree gereeld saam met 'n verskeidenheid begeleidende musikante op, soos in die Oude Libertas-amfiteater, die Victoria & Alfred Waterfront, in Kirstenbosch Botaniese Tuin, talle hotelle en verskeie nagklubs, teaters en wynplase.
In 2008 het die kunstenaar, voorheen bekend as 'n Indie-pop- en Rocksanger, begin om 'n verskeidenheid ander musiekstyle aan te bied, soos sy "Stardust Trilogy" (2009, drie albums in die Swing- en Jazz-genre). Die styl, wat vir hom nuut was, het die deur oopgemaak vir 'n nog groter gehoor, veral in die sogenaamde hoofstad van jazz, Kaapstad, waar die vierde grootste jazzfees ter wêreld sedert 2000 jaarliks gehou word. In dieselfde jaar publiseer hy die Kersalbum 'Starry Night', waarvoor hy ook 'n musiekvideo in Duitsland by die Hamburg-Sterrewag in die Bergedorf-distrik opgeneem het, en tree verskeie kere op by die 'Vision Sternwarte'-fees. Sedert hy na Suid-Afrika verhuis het, het Moriz al sy albums en enkelsnitte opgeneem in die Paris Studios opname-ateljee in Vishoek. Tussen 2010 en 2016 het nog sewe Jazz en Swing albums gevolg, sowel as albums in die genres Easy Listening, Latin, Lounge, Blues en Pop-Rock.
Na sy album 'Gold Rush' (2017) het Moriz in 2018 vir die eerste keer 'n trefferalbum 'Millennium Hits 2002-2018' uitgereik. In April van dieselfde jaar word Moriz se eerste enkelsnit in Afrikaans uitgereik, 'n interpretasie van die Louis van Rensburg-lied “Voshaarnooi”. Moriz se jongste album, 'Dragons', is op 14 Mei 2020 tydens die Covid-19 grendeltyd vrygestel op Moriz se verjaardag, saam met die musiekvideo van sy liedjie “Say Your Name”. Moriz het wel laat in 2021 en in die somer van 2022 'n kort 'Dragons Tour' saam met saksofoonspeler Kurt Buschmann in Duitsland aangepak om sy nuwe album te bevorder. Tydens die toer het hy opgetree by die kasteel Vietgest, St. Michaelis-kerk, Hamburg sowel as die kasteel Reinbek waar hy Billy Joel se anti-oorlogslied Leningrad tydens 'n onderhoud op die Duitse TV-kanaal NDR 3 uitgevoer het..[15][16] In 2023 was hy weer op toer in Duitsland, waar hy ook saam met die Suid-Afrikaanse Steinway-kunstenaar Charl Du Plessis opgetree het.[17]
Die veelsydige liedjieskrywer sing in Engels, maar het ook liedjies in Duits, Afrikaans, Spaans, Xhosa en Frans gesing. Hy toer sedert 2010 een keer per jaar saam met o.a. die Hamburgse saxofoonspeler Kurt Buschmann.[18] In Suid-Afrika speel en toer Moriz met bekende ateljeemusikante en musiekgroepe soos die Kaapse Filharmoniese Orkes, die 'Ike Moriz Swing Band', die saxofoonspeler Willie Van Zyl, kitaarspeler Willem Moller, Gregory Schoeman, Gorm Helfjord, David Leadbetter of Jeremy Olivier, tromspelers Kevin Gibson, Paul Tizzard, Ivan Bell, Shaun Michau, Tony Paco, Barry van Zyl en Frank Paco, pianiste Andrew Ford, Charl Du Plessis, Amanda Tiffin, Muriel Marco, Jason Reolon, Andre Petersen en baskitaarspeler Robert Nel, Wesley Rustin, Emilio Gassibe, Dave Ridgeway en Charles Lazar. Ander bekende Suid-Afrikaanse sangers soos Judith Sephuma, Monique Hellenberg, Elana Afrika en Melanie Scholtz het ook saam met hom opgetree of saam met hom liedjies opgeneem.
Gedurende sy loopbaan het Ike Moriz in agtien lande opgetree: Suid-Afrika, Groot-Brittanje, Duitsland, Namibië, Marokko, Spanje, Italië, Griekeland, Frankryk, Portugal, Senegal, Malta, Turkye, Nederland, Luxemburg, Kanariese Eilande,Botswana en België. Al sy musikale werke is vrygestel deur CD Baby en sy eie platemaatskappy Mosquito Records London PTY Ltd, gepubliseer en versprei deur Jassics Music (Jazz-albums) en Select Music Distribution (eerste drie albums en maxi-singles). Sy musiekkatalogus word in Suid-Afrika herpubliseer deur Sheer Publishing.
Sosiale bydrae
Ike Moriz is passievol oor liefdadigheidswerk. Saam met die fotograaf en skrywer Kiara Worth stig hy in 2014 die belangegroep 'Fresh Air For Hout Bay' vir omgewingsbeskerming, waarvoor hy die proteslied 'Lucky Star Ain't What You Are' gepubliseer het. Hy verskyn in talle koerantberigte en betogings as woordvoerder.[19]
In 2015 komponeer en publiseer hy 'n 'anthem' vir die Suid-Afrikaanse 'Volunteer Wildfire Services' (VWS), 'Heroes In Red'.[20]
Hy het ook 'n spesiale bydrae gelewer aan die Kaapstadse dierewelsynsvereniging D.A.R.G. deur gratis konserte aan te bied en by liefdadigheidsgeleenthede gespeel om epilepsie-navorsing in die Rooikruiskinderhospitaal in Kaapstad te ondersteun met die 'Alexi and Me'-veldtog. Hy speel ook gereeld by Rotariërs in Kaapstad om hul gemeenskapsdiens te ondersteun. In 2008 verskyn Ike Moriz as een van die hoofkunstenaars van 'Zimfest' saam met ander bekende groepe soos 'Freshlyground' en 'The Rudimentals' om die werk van die nie-vir-winsorganisasie 'PASSOP' te ondersteun. In 2006 het Ike ook saam met dertien ander Suid-Afrikaanse bekendes aan die enkelsnitopname van 'Greatest Love Of All' deelgeneem om geld in te samel vir die "Differently Abled 24/7/36 Initiative". Moriz, 'n ywerige drawwer, neem gereeld deel aan, en is behulpsaam by sy plaaslike 'Parkrun' in Houtbaai.
In Augustus 2022 het Moriz by Hamburg se hoof landmerk, die St. Michaelis-kerk, gesing ter ondersteuning van die kinderhulporganisasie 'Plan International', nadat die konsert eers in 2020 uitgestel is weens die COVID-19-pandemie in Duitsland.[21]
Persoonlike lewe
Moriz is sedert 2012 getroud met Madri le Roux-Moriz, suster van die bekende Suid-Afrikaanse sanger Nataniël. Hulle woon met hul dogters Sofia en Kateline in Houtbaai in die Wes-Kaap.[22]
Op die beroemde Chapmanspiek-rylaan bokant Houtbaai is 'n rotsformasie in 2012 vernoem na Ike Moriz ('Ike's Thumb').[23][24]
Gepubliseerde musiek
CDs/Albums
Almal vrygestel onder Mosquito Records London-etiket
2004: Mirrors & Shade
2005: Play Me
2007: All Around The World
2009: Stardust
2009: Body and Soul
2009: Starry Night
2009: Angel Eyes
2010: Charade
2010: Blue Moon
2011: Breathing Dreams
2011: C'est Si Bon
2011: Sunday
2012: Siren Terpsichore
2014: Nobody Does It Better
2014: At Last
2015: Love Swings
2016: Debonaire
2017: Gold Rush
2020: Dragons
Samestelling Albums
2002: Centre Stage – A New Music Compilation (CD, Samestelling), Etikette: Matchbox Recordings
2006: MK89-Hoordosis Vol.1 (Dubbel-CD, Samestelling), Etikette: Next Music (No. NextCD063, UPC: 6009694020626)
2018: Millennium Hits 2002-2018 (CD, Samestelling), Etikette: Mosquito Records London (No. MOS0029, UPC: 191924968221)
Enkelsnitte en EP's
Almal vrygestel onder Mosquito Records London-etiket
2002: Fall Into The Sun (CD, Maxi)
2002: You Could (CD, Maxi)
2005: Play Me (CD, Maxi)
2011: Still (CD, Maxi)
2014: To Cape Town
2014: Forevermore (CD, Maxi)
2015: Heroes In Red (CD, Enkelsnit)
2015: Lucky Star Ain't What You Are (Feat. Spike Parker) (CD, Enkelsnit)
2016: On Our Way (CD, Enkelsnit)
2018: Voshaarnooi (CD, Enkelsnit)
2022: Something Stupid (CD, Enkelsnit)
2022: Leningrad (CD, Enkelsnit)
Musiekvideos
2003: Still (Londen, VK)
2004: Mirrors and Shade (Londen, VK)
2005: Play Me (Kaapstad, SA)
2006: I Feel Real (Kaapstad, SA)
2007: All Around The World (Kirstenbosch, Kaapstad, SA)
2008: Peace Dream - Upupha Ngoxolo (Houtbaai, SA)
2009:Starry Night (Hamburg-Bergedorf, Duitsland)
2013: Angie Blue (Kaapstad, SA)
2014: See You In The Night (Kaapstad, SA)
2015: Heroes In Red (Kaapstad, SA)
2015: Lucky Star (Constantia, SA)
2020: Say Your Name (SA)
2020: Dangerous Rhymes (SA)
Publikasies
2020: "Dangerous Rhymes: Lyric collection", Ike Moriz, Mosquito Records London Pty Ltd., sagteband, e-boek en kindle (in Engels), ISBN 979-8689496825[25]
2020: “Darstellung verschiedener stimmbildnerischer Arbeitsmethoden und deren vergleichende Betrachtung”, Eike Moriz, Blurb Books, sagteband, e-boek en pdf (in Duits), ISBN 978-1-715-40557-1[26]